Shametu Lodge

   
Johann en Elsie Kritzinger toere - toer deur Botswana en Namibia

21/07/2019

   
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 292km

Na die afgelope week of so wat ons in die DIEP bos gekamp het, is ons nou weer terug in die "beskawing" . 'n Lekker warm stort is nou 'n luxury.

Ons groet vir Starlight en sy mense en vertrek. Ons ry weer met die bospad tot by die aansluiting met die C49, en dan weswaarts met die B8 deur die Zambezi Provinsie (Caprivi) tot by Divundu.  Daar draai ons suidwaarts op die C48 en vind dan ons staanplek by Shametu Lodge. Dit is op die walle van die Kavango rivier, en van die dek van die kroegare kan mens die Poppa Valle hier naby sien. Ons ois ingeboek vir 3 aande hier, sodat ons al die wildreservate in die omtrek kaan besigtig.

Dit is 'n pragtige plek met koelte bome en jou eie ablusie asook 'n aparte kombuise 5-Ster teen wat ons nou gewoond aan was. Wat punte tel is dat die eienaar jou peroonlik by jou staanplek kom groet. Toe ek nog sukkel om die boswa in die smal ingang om die draai te revirse, klim hy sommer agter die stuur in en daar staan ons op die regte plek!

22/07/2019

Na 'n rustige nagrus met die gedreun van die popa valle in die agtergrond, gaan ons vandag twee nasionale parke besoek. Die geluid van die valle klink baie na die geluid van die branders by Stilbaai.

Ons besoek eers Bwabwata, en betaal ons toegangsgeld van N$70. Ons was nogal tteleurgesteld met die Park, want daar was feitlik geen diere of voel lewe nie.

Ons is vroeg daar weg, n ry toe na die oorkantste Park, die Mahango Core Area Park. Weereens toegangsgeld van N$70, en daar ry ons. By ontvangs het hul nie 'n kaart beskikbaar nie, en hul bied aan ons kan 'n foto neem van 'n oiukaart wat reeds op geskryf en gekrap is!

Aan hierdie kant van die rivier is baie meer diere en voel lewe as oorkant die rivier. Ons aanbeveling is om eers die Mahango Area te besoek, en indien jy nog lus is, doen dan Bwabwata

23/07/2019

Vandag besoek ons die oorde in die omgewing van ons Lodge.

Eerste gaan ons na Ngepi waaroor so 'n ophef in tydskrifte gemaak word. Ons is minder be-indruk en sal dit heel onder aan die dag se oorde plaas. Die swembad in die rivier en die "tree houses" is egter 'n pluspunt.

Dan gaan ons na ons buur-oord, Rainbow river lodge. Die oord het 6 gras staanplekke op die rivier, maar nie eie ablusies of braaigeriewe nie. 'n Interessante urinaal is in die toilet, en ek moes daarby poseer vir 'n foto!

Die derde was Popa falls. Hul wil he jy moet toegangsgeld betaal net om rond te kyk. Ons steel met die oog by die kampeerplekke, en plaas dit tweede van onder van wat ons gesien het.

Nee wat, SHAMETU is loshande voor enige van sy oposisie. Die oord met sy vriendelike eienaars en personeel is toe oe die eerste op ons lys van al die oorde wat ons tot duser besoek het. Ons sal dit vir enige persoon aanbeveel. Hoogstaand kwalitiet echalets en baie gerieflike netjiese kamp staanplekke

Die middag besoek ons per boot die Popa valle. Die rivier se vlak is baie laag, en die valle minder indrukwekkend as wat ons dit al gesien het.

 

Uitsig oor Kavango Uitsig oor Kavango Uitsig oor Kavango
Shametu Lodge Shametu Lodge Shametu Lodge
Rivier swembad - Ngepi Moenie !! Mokorros vn "plastic"
"Tree house" - Ngepi uitig van tree house Popa valle
Popa valle Popa valle By Popa valle
By Popa valle saam met Frankie By Popa valle By Rainbow in toilet - FOTO GEPOSE !!!
 
Piekniek langs die pad Ons warmwater donkie werk baie goed  

 

Tuisblad          Volgende