Tuisblad:  Toer 8  
 

Patterson, Addo Olifant Nasionale Park, Port Elizabeth

ADDO

Agtergrond: Die Addo Olifant Park is in 1931 gestig om die Oos-Kaap olifant, wat kleiner is as die Afrika Olifant, van uitwissing te red. Teen daardie tyd was daar nog net 11 van die oorspronklike troppe olifante oor.  Die park is sowat 70 km vanaf Port Elizabeth in die Sondagsriviervallei. Addo het ook uitgebrei om sekere gedeeltes van die seegebiede aan die ooskus in te sluit, en Addo is nou die tuiste van die Groot 7 - Olifant, Leeu, Luiperd, Buffel, Renoster, Walvis en Wit Haai.

Toer Dagboek

Dag 241
26/10/2009

Ons vertrek so teen 08:00 na Addo Olifant park. Ons het net so 'n entjie gery toe stop iemand ons deur sy ligte te flikker. Toe ons stop, kom ons agter dat die stuurwiel ge"lock" is, en die splinternuwe regter voorband is flenters geskuur op die teerpad. Die swart motoris het ons 'n baie groot guns bewys deur ons te stop anders kon die band dalk gebars het en groot skade aangerig of veroorsaak het.

Ons ontsluit die stuurwiel en ry daarvandaan sonder enige probleem verder. By Paterson draai ons links weg van die N10 op pad na Addo en bereik die park so teen 10:30. Ons boek in en teen 11:00 is ons kamp opgeslaan. Dit begin sagweg reen en dit is maar aan die koue kant. Ons staanplek is C16 en lekker groot en gelyk. Op ons staanplek is lekker koeltebome en in een se stam het 'n Kakelaar (Red-billed Woodhoopoo) 'n nes gemaak en kom kort-kort terug om die wyfie en kleintjie te voer. Die kamp is baie netjies en die staanplekke netjies uitgel en genommer.

Toe dit effe opklaar, gaan ry ons deur die park. Sommer gou kom ons op 'n hele aantal dosyn koedoes af, en kort daarna op 6 van die Addo olifante. Net toe ons weer in die kamp is, begin dit reen en die donderweer was nogal erg. Ons verneem later oor die radio dat die winde hier teen 100km /uur gewaai het. Dit was erg.

 
                                                                              Duisende miskruiers in park                                                                                           Meerkat

               Addo Olifant                                                  Addo leeus                                  Koedoebul                                                Rooi Hartbees

           Luiperd skilpad

Dag 242
27/10/2009

Gedurende die nag reen dit sommer lekker hard. So teen dagbreek hou dit op met reen en kon ons deur die park ry. Ons sien weer baie koedoes, duisende miskruiers en duisendpote, en 'n groot hoeveelheid luiperd-skilpaaie. Daar is waarskuwingsborde wat motoriste versoek om nie oor miskruiers en olifantmis te ry nie. Soms is dit moeilik om die miskruiers en duisendpote mis te ry. Hulle is oral - die hele pad vol.

Ons kry weer 'n aantal Addo Olifante asook 4 leeuwyfies. Ons was hoog op 'n uitkykpunt toe ons motors en van die "wildtuintaxis" ver onder ons sien staan. Ons ry toe daarheen en kry die leeus. So 20 minute later kom ons weer daar verby, en daar was niks meer te sien nie. Die voordeel van Addo is dat dit oop is en dat mens ver kan sien en dus kan sien waar staan voertuie. Dis 'n heel ander atmosfeer en omgewing as waaraan ons in Kruger gewoond is.

Dag 243
28/10/2009

Die oggend is dit lekker stil en sonnig. Ons besluit om in die namiddag te gaan rondry. Dit begin toetrek en die wiind raak lastig sterk Suid-Wes. Ons ry op die grondpad van een van die baie "loops". Die grondpaaie is uitsonderlike mooi geskraap en sonder sinkplaat. Ons sien net een olifant, 'n paar koedoes, 'n klompie zebras en hartebeeste. Dit was opmerklik dat ons vandag geen miskrruiers of skilpaaie gesien het nie, in teenstelling met die groot getalle die vorige dag. Dalk het hul aktrief geraak na die baie reen van die vorige nag.

Op een van die groot grasvlaktes sien ons twee blou kraanvols wei.

Dag 244
29/10/2009

Vroeg-oggend gaan ry ons om te kyk watter voels ons kan kry. Na al die wind is dit 'n baie lekker stil sonnige oggend. Ons sien langs die pad twee Black Cuckoo's en 'n Jacobin Cuckoo kort na mekaar, maar effe te ver om 'n mooi foto te neem. Ons neem die Mbalala-sirrkelroete wat meer boomryk is as die ander roetes waar daar meer struike-veld en oop vlaktes is. Ons kom ook af op 'n ou alleenloper buffelbul. Hy moet baie oud wees. Ons soek ook na die leeus wat ons tevore gesien het, maar vandag is hul nie op hul "gewone plek" nie.


         Twee koedoebulle veg                                 Koedoebul                                                 Buffel bul

       Kamp bo van bergpad                                      Addo se vlaktes                                 Addo se chalets

Ons sien ook ou bekendes van Joubertina, Nic en Martha Kritzinger. Hulle is hier saam met die motorhomeklub van die Ooskaap. Hulle verwag +-20 motorwoonwaens vir die naweek. Terwyl ons nog by hul kuier, kom trek Bertus van der Merwe wat ons maande gelede in Punda Maria ontmoet het, langs hulle in.  

In die kamp was ook ou bekendes van Elsie uit Quelleria in Johannesburg. Saam met hulle is vriende uit Wellington wat weer bevriend is met Marius Meyer, 'n ou skoolmaat van Elsie

VOLGENDE