Aliwal noord

 

20 Maart 2014

Die oggend kry ons besoek van 3 ongelooflike vet varke  en 10 bont ponies. Hiulle wei rustig op die grasperke by en om ons rondawel.

Ons roete neem ons vandag via Hobhouse, Wepener, Zastron, en Rouxville tot by Aliwal Noord.

Ons ry by Hobhouse in en die dorpie is regtig oud en afgeleefd.

Ons ry met 'n ongelooflike vrot teerpad tot by Wepener. Die laaste stuk pad is deur vloedwater weggespoel en feitlik onrybaar. Ons doen aan by die Lord Fraser Gastehuis waar ons op ons wittebrood een nag oornag het. Die plek is nog in 'n baie goeie toestand en steeds aan die gang. Ons verneem hul het nog steeds groot getalle besprekings. Ons drink hier tee en eet toebroodjies en aartappelskyfies. Die twee snytjies geroosterde brood en bietjie aartappelskyfies kos toe R45.00 per bord. Maar honger het nie 'n prys nie.

Zastron en Rouxville is twee besige dorpe en daar is baie sake ondernemings wat oop is en kliente het.

Die pad wat ons vandag gery het, sal ons nie aanbeveel nie. Dis BAIE sleg met al die slaggate. Op 'n paar plekke is werkers besig om met 'n graaf en sakkie teer die gate te probeer vul. Hul doen darem moeite, maar die taak is geweldig groot. Dit sal hul lank besig hou.

Ons bereik Aliwal Noord en vind ons oornag plek by die Welgemoed woonstelle reg oorkant die ou Aliwal Noord Warmbron. Ons gaan twee nagte hier oorbly voordat ons na Graaff Reinet gaan.

Lord Fraser gastehuis Lord Frase Gastehuis se tuin Vet varke by Ladybrand Bont ponies by Ladybrand
Zastron N G Kerk Rotse bokant Zastron Rouxville N G Kerk Roomse Kerk Aliwal Noord

Ons besoek die (destydse) bekende warmwaterbron. Die verwaarlosing is skokkend om te aanskou.

Te midde van al die verval is in die middel van die vervalle kompleks 'n moderne kantoorgebou opgerig. Toe ons na ure daar was. het al wat lugreelaar is volstoom gewerk. Enigeen wat daarheen wil gaam om te werk, moet deur die absolute vervalle ander geboue stap. Die swembad waar die warm water uitborrel is vuil, vol groeisels en sommer bloot besoedel. Hiervandaan word die water net so met 'n klein pompie op wieletjies gepomp tot in die oop openbare swembaddens. Enigeen wat hier swem is op risiko !

Hoe op dees aarde het iemand toegelaat dat dit in so 'n toestand verval?

 
Huidige "ingang" Splinternuwe kantoorgebou Glybaan
Gemors in bron swembad Verwaarloosde sitplekke Hiervandaan word dit gepomp na die buite swembaddens

.21 Maart 2014

Lady Grey

Vandag gaan ons na Lady Grey, sowat 50km van Aliwal Noord. Ons wil bietjie daar rondkyk en onder andere die Joubertspas ry. Dit is die 4e hoogste pas in Suid Afrika. Almal met wie ons gesels en in die literatuur wat ons kry, word gese dit is "scary" en baie steil

Suid Afrika se hoogste Bergpasse is almal in die Oos Kaap en onder hulle is die volgende die hoogste:

In Lady Grey aangekom, vul ons die brandstof aan en verminder die banddruk tot 1.8 bar. Ons sit die Tuscan in 4x4 en vat die smal paadjie berg-op. Onder in Lady Grey is die hoogte bo seevlak 1664meter. Ons weet dat in die volgende sowat 9 kilometer, moet ons klim tot by 2244 meter.. Dis steil en baie rotserig. As gevolg van die baie reen is die pad op plekke maar sleg verspoel. Hoe later hoe kwater en ons dink terug aan die keer wat ons Sanie Pas uitgery het. Dis maar stadige vordering teen die berg uit. Die uitsig langs die pad is ongelooflik mooi. Daar ver onder in die verte kan ons later vir Lady Grey sien.

Op pad boontoe kom 'n boer van voor af met sy bakkie. Soos dit betaam beweeg hy effe uit die pad sodat ons kan verby teen die steil opdraande. Daar is nie baie verbykom plekke nie. Ons stop langs hom, en hy vertel dat hy daar bo boer, en dat daar nog 'n aantal boere daar bo oor is. Sommige plase is glo onbewoon.

Op die bo-punt van die pas stop ons by die afdraai na die toring en drink 'n lekker koppie tee. Twee Vrystaatse bakkies kom van agter verby, stop vir 'n foto en gaan vort..

Van bo van die pas daal mens so 'n entjie, en bereik dan die plato waar pragtige plase is. Die wereld daar bo is nat en kort-kort ry ons deur driffies wat lekker sterk vloei. Die driffies het almal oorspronklike name. 'n Paar is hier onder te sien. Ons kruis die Karringmelkspruit en anderkant kry ons die boer se beeswaters wat sy Charolais beeste al met die pad aanjaag. Die beeste is lekker vet en lyk sommer baie gesond.  Ons ry al met die pad bo-op die plato en kom later weer by die R58 (Aliwal Noord - Barkley Oos pad) Ons het gewonder waar ons weer afdaal tot by Lady Grey so hoogte, en kry die antwoord op die R58. Dit daal skerp af tot by die hoogte van Lady Grey.

Ons drink 'n lafenis in een van die kafees, pomp die bande weer tot 2.4 bar, en neem dien teerpad terug na Aliwal Noord. 

Ons wou met die afkom by die dorpsdam aangaan, maar ry toe die sirkelroete. Die dominee se vrou, Anna du Plessis was so gaaf om deur 'n gemeentelid vir ons 'n foto te verskaf van die dam wat na die swaar reen die vorige weke, oorloop.Die dam was tot onlangs dolleeg. Tot vandag ry waterlorries (soos op foto) water vir huishoudings aan.

N G Kerk Lady Grey Lady Grey Dam - Foto met vergunning deur Anna du Plessis Waterlorries Cream Soda float
Ons moet daar bo-oor Halfpad na bo Lekker pad reg vir teer Lady Grey daar ver onder
Lady Grey daar ver onder Smal paadjie na bo Bo op kruin by die Nek Plato bo-op die berg
Baie water en watervalle Vars onbesoedelde bergwater Trop beeste Charolais beeste
Naambordjies Bridge over Ice water Kar wegspoel drif Hemel op Aarde
     
Afdraai vanaf R58      
     
Mooi ou huis in Lady Grey      

Verblyf:   Welgemoed Vakansie Woonstelle   www.welgemoedchalets.co.za Tel 051 633 2692

 

Vervolg            Tuisblad