Home:  Toer 2 Toer 5
 

Malelane, Kaap Muiden, Nelspruit, Waterval Boven, Machadodorp, tot by Badplaas

 

MALELANE

Toer dagboek:

14/05/2007: Ons is vroeg die oggend uit Berg-en Dal weg aangesien ons sowat 250km die dag moes ry tot by Badplaas Die eerste dorpie net buite die Kruger Park is Malelane. Dit lyk na 'n netjiese plekkie, maar ons het nie gestop nie aangesien ons op 'n volgende toer wel weer daar verby gaan. Pasop maar vir die spietkops - hul is orals

------------------------------------------------------------------------------------------

KAAP MUIDEN

Toer dagboek:

14/06/2007: Dit is 'n baie klein plekkie in 'n swart omgewing, en nie die moeite werd om te besoek nie. Na 'n lang gewag virr petrol is ons maar vort na Nelspruit sonder om vol te maak. Ons het darem Nelspruit sonder probleme gehaal

---------------------------------------------------------------------------------------------

NELSPRUIT (270)

Agtergrond: 

Die dorp lÍ aan die Krokodilrivier. Die dorp het sy ontstaan gehad toe die spoorlyn na Mosambiek die area bereik het.

Besienswaardighede sluit in die sonwyser in die vorm van 'n wawiel buite die stadsaal, die Botaniese tuin van die Laeveld wat 'n reŽnwoud insluit.

Toer dagboek:

14/05/2007: Ons het net hier ontbyt in die Mugg n Bean ge-eet, en nie verder die dorp besigtig nie. Ons sal die Botaniese tuine behoorlik bekyk op 'n volgende besoek

------------------------------------------------------------------

KAAPSCHE HOOP

Agtergrond: 

is geleŽ in die heuwels bo Nelspruit bo die manjifieke "Vallei van die Dood". Die dorp het 'n glorietydperk beleef teen die einde van die 19de eeu toe die dorp die middelpunt van die goudstormloop was. Teen 1910 was daar 2000 gesinne in die dorp. Vandag is die dorpie bekend vir die seldsame blouswaels en rotsformasies en vir die 130 - 170 wilde perde wat in die heuwels hou.  Met die ontdekking van goud het Kaapsche hoop floreer. Tydens die Anglo Boere oorlog het die Engelse hier 'n vesting gehad. Die ruines van die kamp en grafte van soldate is steeds te sien. Die dorpie is aanvanklik "Duiwelskantoor" genoem, maar die naam is later verander na Kaapsche Hoop.  Die dorpie is nou weer "herontdek" en vele kunstenaars het hul daar gevestig.

 

Toer dagboek:

14/05/2007: Vanaf Nelspruit het ons afgewyk van die hoofpad en die berg ingevaar na Kaapsche Hoop. Dit is 'n pragtige plekkie hoog bo-op die berg en kan net bereik word deur 'n baie steil bergpas. Die pad daarheen is gelukkig geteer. Die dorpie is skilderagtig mooi en is 5,296 voet bo seevlak. Dit lÍ op die kruin van die pas, en van daar daal mens weer diep af tot onder by die Ngodwane houtfabriek.. Op pad na die kruin ry mens deur kilometers van denne en bloekombosse. Die roete tot bo is baie mooi

Die dorpie is bekend vir sy wilde perde wat oral in die dorp in omgewing vry rondloop. Ons het heelwat van hul daar gesien, en het verneem dat daar sowat 200 van hul is.

Die meeste mense wat daar woon is ook kunstenaars en afgetrede mense, en as Clarens mooi is, is hierdie plekkie MOOI. 'n Tipiese Switserse dorpie bo in die Alpe! Daar is sowat 200 mense wat hier woon. Die nuwe huise is almal in 'n mooi boustyl met die soldervenstertjies baie prominent

---------------------------------------------------------------------------------------------------

WATERVAL ONDER- (p286).

Agtergrond: 

Die dorpie was die laaste woonplek van Pres Paul kruger voordat hy in ballingskap in Switserland gaan woon het. Die woonhuis is tot Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar.

Toer dagboek:

15/07/2007: Ons het net verbygery en nie gestop nie.

----------------------------------------------------------------------------------------------

WATERVAL BOVEN (p285).

Agtergrond: Pres Kruger wou nie toelaat dat enige spoorlyn deur Transvaal gebou word voordat die spoorlyn na Maputo nie klaar was nie. Hy wou 'n hawe hÍ wat nie onder Britse beheer was nie. Dit het 7 jaar geneem om die lyn te voltooi, en soveel werkers is as gevolg van koors dood, dat dit beweer word dat een werker dood is vir elke dwarslÍer wat gelÍ is. Die eerste spoor was 7.5 km lank en het teen 'n helling van 1:20 teen die berg uitgeloop en het van 'n tandratstelsel gebruik gemaak en deur 'n geboŽ tonnel geloop. 'n Tweede spoorlyn is later gebou wat 14 km lank was en deur twee tonnels geloop het. Die eerste tonnel is toe vir padvervoer gebruik totdat die nuwe padtonnel gebou is

Toer dagboek:

15/07/2007: Ons het net verbygery en nie gestop nie.

---------------------------------------------------------

MACHADODORP (p285)

Agtergrond: Die dorp is venoem na Joachim Machado, 'n Portugese ingenieur wat die treinroete uitgemeet het. Hy het later Goewerneur-Generaal van Mosambiek geword. Die dorp was eers net 'n spoorwegstasie, maar is in 1904 tot dorp geproklameer.

'n Swawelwarmwaterbron (27į) is in 'n gesondheidsoord ontwikkel.

Toer dagboek:

15/07/2007: Ons het net deur die dorpie gery, en net gestop vir brandstof.

-------------------------------------------------------------

Tuisblad      Volgende