Tuisblad:  Toer 8  
 

Badplaas, Chrissiesmeer

Dag  9
08/03/2009

Van Middelburg vat ons die pad ooswaarts via Belfast na Machadodorp. Ons arriveer so teen 13:00 by Belfast en besluit om by die Wimpy te gaan eet.

By Machadodorp draai ons suidwaarts weg op pad na Badplaas. Dit is 'n redelik lang opdraende tot bo-op die Skurweberg-pas. Dan is dit steil afdraende tot naby Badplaas. Ons boek in vir twee weke. Die ontvangsdame is so oulik om te sÍ dat as ons twee weke staan, kos dit R1700, maar as ons vir 'n maand inboek, kos dit net R1200. Dis 'n bargain want ons kan nou so lank bly as ons wil en selfs vroeer as 'n maand vertrek, en nog R500 spaar. Ons moet erens tyd opmaak om eers op die 8e April in Hoedspruit by Swadini te wees.

Ons kry 'n lekker gelyk staanplek en kort voor lank is alles opgeslaan en kan ons ontspan


            Ingang tot oord                                     By ontvangs                                                Sekuriteits hekke                            Vir die golfspelers

Dag 10
09/03/2009

Elsie het die oggend in die warm baddens deurgebring. Daar was maar min mense in die baddens. Hul sal seker die naweke weer die plek toesak.

Sonder teenspoed is geen toer seker moontlik nie. Johann was besig om die huurders van hul eiendom se rekenings op datum te bring. Die lÍers is by die huis van die tafelrekenaar (desktop) oorgelaai na 'n draagbare hardeskyf. Toe hy die een lÍer wou oopmaak, is die ontstellende boodskap gekry dat die lÍer korrup is. Gelukkig kon dit herstel word maar sonder al die formaterings. Ander leers wat daarna oopgemaak is, was heeltemal korrup of heeltemal weg. So is al ons fotos van al ons vorige toere net WEG!. Ons voŽlkyk rekords is totaal korrup en kan nie oopgemaak of herstel word nie. So is een na die ander lÍer bekyk, en feitlik alles op die draagbare hardeskyf is moerland toe.

Sonder al die rekords sal ons maandelange toer een groot frustrasie wees.

Die aand begin dit reen en koel die wereld bietjie af

Dag 11
10/03/2009

Ons gaan vroegoggend stap om te kyk of ons voŽls kan sien. Waar dit gisteroggend gewemel het van die voŽls, is dit vanoggend doodstil en sien ons byna niks.

Johann probeer heel oggend om van die lÍers te herroep, maar alles is tevergeefs. Al raad is om moreoggend vroeg terug te ry huistoe en dan die volledige hardeskyf van die tafelrekenaar weer oor te laai op die draagbare hardeskyf sowel as op die Ipod wat ook as rugsteun kan dien.  Van Badplaas is dit sowat 315 km huistoe.  Dit was 'n duur ongelukkie, maar totaal onverstaanbaar. Sondagaand was alles nog in orde toe die web en voŽllyste opdateer is.

Buite dreun die weer weer en verwag ons weer 'n bui reen soos op die TV voorspel is


            Hotel by oord                                          Buite swembad                                      Buite swembad                               Rivier deur die oord

Dag 12
11/03/2009

Teen drie uur die oggend was Johann wakker en besluit om die pad te vat Johannesburg toe. Die pad neem jou deur Carolina, Hendrina, Bethal, Leandra, Kinross en Trichardt. Die pad was stil maar digte mis was 'n probleem.

By die huis aangekom is al die files weer oorgeplaas na die draagbare hardeskyf. In totaal is net sowat 10 fotos wat by Loskop geneem is, verlore, aangesien dit slegs op die draagbare hardeskyf was. Die skade is dus nie te groot nie. Al die fotos gaan nou op CD's gebrand word om 'n soortgelyke ongeluk te verhoed.

Tydens ons laaste besoek het ons vir George en Susan Lochner ontmoet. Hul boer sowat 20 km buite Badplaas.  Terwyl Johann weg is word Elsie deur George en Susan genooi om te gaan rolbal speel. Hul maak haar gou touwys en toe Johann terugkom, speel sy soos 'n ou gesoute speler. Die Lochners kom na die rolbal na die motorwoonwa kyk, en Johann en George het die vlakke van 'n bottel "100 Pipers" bietjie laat sak. Saterdag gaan ons almal weer rolbal speel en daarna vleisbraai en verder kuier.

Dag  13
12/03/2009

Vroeg oggend was hier baie voŽls in die bome en kon ons weer 'n paar afmerk

Johann het al die leers wat oorgelaai is weer op datum gebring en nou word alles drie keer gestoor. Ons vriend Neil Ebedes stuur toe hierdie grappie wat baie tersaaklik was:

"I was having trouble with my computer. So I called Richard, the 11 year old next door whose bedroom looks like Mission Control, and asked him to come over. Richard clicked a couple of buttons and solved the problem.
 
As he was walking away, I called after him, 'So, what was wrong?

He replied, 'It was an ID ten T error.'
 
I didn't want to appear stupid, but nonetheless inquired, 'An, ID ten T error? What's that? In case I need to fix it again.'
 
Richard grinned. 'Haven't you ever heard of an ID ten T error before?''
 
No,' I replied.
 
'Write it down,' he said, 'and I think you'll figure it out.'
 
So I wrote down: I D 1 0 T
 
I used to like the little shit"

Elsie het die oggend by die koue swembad deurgebring. Hier was 'n skool met hul kinders in die swembaddens en dit was maar baie raserig by die swembad area

Dag  14
13/03/2009

Elsie ontmoet vir Dries en Petro Engelbrecht van Nigel wat naby ons staanplek kamp. Hul is ook ou toerders/kampeerders en staan ook hier vir 'n maand. Hulle het ook al die hele land en buurstate deurgereis. Ons het lekker stories uitgeruil en elkeen het kans gekry om bietjie te "brag" oor waar hul al was en wat hul beleef het. Ons olifant en krokodil storie van die Okavango kon nie oortref word nie!  Dis 'n ou siekte van toerders/kampeerders om so te brag.

Toe ons verlede Sondag inboek kry ons groen armbandjies wat jy heeltyd om jou arm moet vasmaak en dra. Met die groen bandjies het mens toegang tot alle geriewe behalwe die Hydro. Elsie sien dat die Engelbrechts oranje armbandjies dra, en vind toe by hul uit dat hul hiermee gratis toegang tot die Hydro het.  Elsie moes elke keer R10 opdok om by die Hydro in te gaan.

Johann besoek hierna die kantoor en na bietjie redekawel kry ons ook oranje bandjies. Eers moes ons daarvoor betaal, maar na 'n bietjie mooi gesels, kry ons dit toe gratis en verniet. Nou kan ons die hydro enige tyd en elke dag gratis besoek en spaar R10 per besoek.

Petro maak baie mooi armbande en krale, en Elsie gaan bietjie klasloop by haar.

Dag 15
14/03/2009

Terwyl Elsie in die water is, stap Johann deur die oord om fotos te neem en val byna sy jis af op die gladde paadjies. Sy regterhand is baie seer en sou hom die middag baie pla by die rolbal, en veral as almal hom 'n handdruk wil gee

Die middag speel ons rolbal saam met die Lochners en van die ander klub lede. Dit was nogal lekker en as beginners het ons nie juis slegter balle gerol as van die ou gesoute spelers nie. (kyk die een foto hieronder). Van ons balle het selfs naaste aan die "kat"gelÍ en vir ons spanne punte beteken.

Na die rolbal het die Lochners by ons kom braai en het ons 'n baie gesellige aand saam met hul deurgebring. Ons bure het so 'n lawaai gemaak dat George hul moes gaan stilmaak. teen daardie tyd was die manne "nie meer alleen" nie. en was die onderonsie op die punt om lelik te raak toe hul maar bes gee en die musiek liewers heeltemal afsit.  


             Elsie op die mat                            Kyk hoe verspreid lÍ die balle                          Ons balle lÍ

   George maak nog een oop                   Lekker kuier met die Lochners

Dag 16
15/03/2009

Ons woon die oggend die kerkdiens in die oord se kerkie by. Die dienste word gelei deur besoekende predikante. As betaling vir preek kry hul 'n naweek / week gratis verblyf in die pastorie in die oord. Die dominees staan glo tou vir uitnodigings.

Na die kerkdiens arriveer 'n ou vriend van Middelburg, Dries Terblanche, om die dag saam met ons te spandeer. Dries en Elsie spandeer die oggend in die Hydro terwyl die Cobb by die staanplek die heel hoender gaarmaak. Ons vang op met al die stories en laat middag ry Dries weer terug Middelburg toe. Later die middag loop die oord byna leeg toe al die naweek besoekers weer terugleer huistoe


        Kerkie in die oord                               Kinderpret by swembad                             Dries en Elsie in Hydro                      Dries Terblanche

            Traveling light

Dag 17
16/03/2009

Vandag was skoonmaakdag. Elsie het vroeg oggend begin om die motorwoonwa uit en reg te pak, te stofsuig, vloere te was en alles af te stof en af te was. 'n Hengse gedoente. Stokflou en moeg was alles darem later na haar sin. Ek moes net uit die pad bly, maar kon darem die toilet gaan leeg en skoonmaak.

Later die middag het Susan by ons kom kuier en ons het al haar staaltjies en stories baie geniet. Sy hou van gesels!

Dag 18
17/03/2009

CHRISSIESMEER


           Vleie by Chrissiesmeer                      Vleie by Chrissiesmeer                              Tronk B&B                                            Tronk B&B

           Duvet winkeltjie

Vroeg oggend is ons by Badplaas weg op pad na Chrissiesmeer. Ons was op 'n vorige toer ook vlugtig daar aan, maar daar was net tyd om destyds die heerlike warm donskomberse te koop. Ons kon toe darem by Ben, die inligtingsman, 'n voorsmaak kry van alles wat hier te doen is

Ons eerste stop is toe ook weer by Ben by sy koffiewinkel/inligtingskantoor (tel 073 194 6801) Hier kom jy nie maklik weg nie. Die man is soos 'n ensikopedie!.

Ons neem toe die voŽlroete, maar word vooraf gewaarsku dat die pad baie verspoel het. Hul het glo die seisoen reeds 1000 mm reen gehad. Die pad was toe ook baie sleg verspoel. Ons het eers so 4km in die rigting van mbabane gery en toe op die grondpad afgedraai na Lothair. Na 13 km grondpad kom ons toe by die Liefgekoze afdraai en kry die eerste van vele panne. Net anderkant Lake Branagan is daar 'n kleintjie aan die regterkant wat stink soos 'n rioolplaas, maar kry ons wraggies die meeste watervoels. Ons moes maar neus toedruk om die beste van die spesies te maak. Ons ry verder tot by die teerpad na Ermelo en draai wee regs af op die Koolbank grondpad. Dit loop ook verby baie panne, maar dis ver van die pad en die oes was maar skraal. Kort voor die dorp is die pad so vespoel dat ons bang was dat ons nie sou kon deur nie. Ons kon darem 21 voels byvoeg op ons toerlys

Ons sou ook graag die "rotsbrug" wou sien wat oor die Vaalrivier is, maar volgens Ben is die pad daarheen onbegaanbaar tensy jy 'n hoŽ 4x4 voertuig het. Ons moes dus dit maar oorslaan.

Op pad terug doen ons inkopies by die OK Value winkel in Carolina en eet middagete by die Wimpy. Van Carolina styg mens tot op die rand van die plato en daal dan ongeveer 700 meter tot onder in Badplaas.


    Carolina se hoofstraat

Ons was skaars tuis toe 'n geweldige donderstorm die gebied tref. Ons kon toe darem minstens sien dat die motorwoona en tent waterdig was.

Vandag was ook Nanette se verjaarsdag. Aangesien sy tans in London werk, het ons maar hier 'n heildronk op haar verjaarsdag gedrink

Dag 19
18/03/2009

Dit reŽn reg deur die nag en vanoggend is alles nat. Van die staanplekke naby ons lyk soos damme. Ons was gelukkig en het darem 'n staanplek waar die water wegloop. Van die kampeerders in tentjies het maar besluit om op te pak en huis toe te gaan.

Die middag klaar die weer effe op, en kon ons toe weer gaan rolbal speel.

Dag 20
19/03/2009

Na die reen het die stroompies verander in sterk riviere

Elsie en Petro het hul self besig gehou met die maak van hangertjies en oorbelle.


           Petro Engelbrecht                                  Dries Engelbrecht

Ons het ook die slegte nuus gekry dat klein Kayla, die dogtertjie van ons vriende Sarel en Melanie van der Westhuizen van Nibela Lodge, daar by St Lucia se wereld, 'n week of twee gelede verdrink het. Sy was so 'n grootoog, vriendelike mensie en skaars twee jaar oud.

Kayla v d Westhuizen

Dag  21
20/03/2009

Dit het byna die hele dag gereen. Elsie en Petro het krale gemaak en Johann en Dries het eers Rugby gekyk, en later na die Krieketwedstryd tussen SA en Australie gekyk. Teen laat middag het die naweek kampeerders begin inkom. Hul sal seker 'n baie nat naweek hier he.

Uit ons gesels met Dries blyk dit dat hy ons Swaer, Hannes Kotze, goed ken en dat hul vroeer jare saam gewerk en saam gekuier het. Petro se suster is juis op pad om by Hannes hulle op Heroldsbaai te kuier. Die wereld is maar klein.

Ons het vanaand op ons spyskaart byna gebraaide paddaboudjies gehad. Dit het so gebeur:
Ons het die afgelope paar dae besoek gehad van 'n padda wat af en toe sulke diep kwaak geluide maak. Johann het onder die seile en grondseil gesoek maar kon hom nie kry nie. Johann sou wors braai op die Cobb buite die tent en Elsie sou braaibroodjies maak op die George Forman. Die kole is aangesteek en terwyl ons wag vir die kole om warm te raak, ruik ons 'n baie slegte reuk. Eers dink ons die bure brand iets, maar die reuk was te naby. Toe Elsie die George Forman se deksel oplig om die broodjies te braai, was die padda reeds gaar. Hy het mooi netjies onder die deksel 'n beskutte rusplekkie gevind om "nes" te maak. Ongelukkig was dit sy laaste rusplek!

Dag 22
21/03/2009

Dit was 'n lekker sonskyndag en daar was baie besoekers by die vermaaklikheids gedeelte. Naweke maak hul die waterglybane oop en baie mense het van die glybaan, die "rinkals", gebruik gemaak.

Ons het die middag weer saam met die plaaslike klublede gaan rolbal speel


                                                                                                                      Die "rinkals"

            Glybaan                                               Onderwater venster                   Klein Kaylie (2) geniet roomys   

Dag 23
22/03/200

'n Pragtige sonskyndag. Ons het saam met Dries en Petro Engelbrecht 'n Springbok-potjie gemaak en die dag rustig saam met hul deurgebring

Dag 24
23/03/2009

Elsie is vroeg oggend weg om by Susan Lochner op hul plaas te gaan kuier. Hul sou deur ry na Carolina om te gaan inkopies doen. Ons soek steeds 'n klein ysterpotjie, sonder pote, wat kleiner as 'n no 1 potjie is. Dit moet in die Cobb pas sodat ons potjiekos daarin kan maak en brood daarin kan bak. Ons ou een is saam met die vorige motorwoonwa gesteel. Hul kon egter nie so iets raakloop nie. Ons sal maar in Nelspruit vir een soek as ons volgende week daar aankom

Dag 25
24/03/2009

Nog 'n pragtige sonskyndag. Die karavaanpark is feitlik leeg. Hier reg langs ons kamp mense in tente terwyl die hele kamp leeg is. Hul wasgoed word gehang op 'n nylon tou wat tussen twee bome, wat op ons kampplek staan, gespan is. Die wasgoed hang tussen hulle tent en ons en skaars drie meter voor ons "voordeur". Baie bedagsaam. Hul het darem later die oggend, nadat dit drie dae so gehang het, die wasgoedlyn na "hul kant" van hul tent verskuif.

Dag 26
25/03/2009

Omdat die skole die volgende dag sluit, begin die vakansiekampeerders in te kom. Hier is tente en karavane van alle soorte en groottes. Baie kom slaan kamp op net om dan weer terug te ry huis toe. Dit alles om 'n uitsoekplekkie te kan kry voor die menigtes op die oord toesak. Dit sal seker woelig gaan as dit naweek se kant toe gaan. Al die pompe by die slides word versien, en alles word in gereedheid gebring vir die toeloop van vakansiegangers.

Dit was vandag baie warm en ons moes maar by die swembad koelte opsoek. Johann het die middag gaan rolbal speel en gelukkig teen die middag het daar bietjie wolke voor die son ingeskuif.

Die aand het ons saam met die Engelbrechts vleis gebraai en tot laat gekuier.

Dag 27
26/03/2009

Nog 'n heerlike maar warm dag. Ons vriende die Engelbrechts vertrek terug huis toe om te gaan gras sny. Hul kom weer volgende week saam met hul twee kleinkinders, maar dan is ons reeds weg.

Ons besoek die Chinese winkel skuins oorkant die oord en Johann koop twee pare "Crocks" vir R120-00 (vir die twee), sowel as 'n paar "Nikes" vir R135-00. Die een paar "Crocks" het 'n hak en maak oor die brug toe met Velcro, terwyl die ander een die soort met 'n oop hak is.  Die ou egte Crocks is al glad geloop en gly te maklik. Die "Nikes" gaan gebruik word om mee te stap en om mee vis te vang.

Dan na die slaghuis so 5 km wes van die oord. Ons koop 7.5 kg vleis vir R340-00. Dit sluit in Rump, Prime ribs, wors, skaap chops en maalvleis. Hul beesfilets kos R75-00 per kg. Mens koop hier soveel as wat jou vrieskassie kan vat.

Die oord begin vol word en die vakansie is op hande.

Dag 28
27/03/2009

'n Stil dag, maar bedrywig soos die vakansie kampeerders aankom. Hulle druk op elke moontlike plekkie in. Sommige se karavane staan in die son, terwyl ons buurman 'n piepklein tentjie het en die hele groot skaduryke staanplek opneem

Dag 29
28/03/2009


           Die kamp was vol                                    Die kamp was vol                                         Waterpret

            Susan en Elsie: uiteet                                Likkewaan

Dit is ons laaste dag by Badplaas. Vroeg-oggend slaan ons die tent af en ruim die kamp op sodat ons Sondag na kerk net die nodigste goed kan pak en dan vertrek. Elsie kuier heeldag in die swembad en Hydro.

Johann speel die middag rolbal saam met die gereelde spelers en 'n aantal besoekers. Elsie kom later kuier om totsiens te se aan almal, en ons nooi vir Susan om sama met ons in die Badplaas restaurant te gaan eet. Die kos was baie goed en heeltemal te veel. Die pryse is baie redelik en ons het 'n lekker aandjie daar deurgebring.

Dag 30
29/03/2009

Ons pak die laaste paar items wat nog buite gestaan het en gaan teen 09:00 kerk toe. Dis 'n jong dominee van Krugersdorp wat met 'n groep jongmense daar is om "stranddiens" werk te doen, wat preek. Ons drink tee en groet al die bekendes.

VOLGENDE