Tuisblad:  Toer 8  
 

Olifants kamp, Balule

 

 

Dag 79
17/05/2009

Op pad na Balule ry ons weer deur die Mopanie struikveld en daar is nie juis wild te sien nie. Net voor die afdraai na Olifantskamp, is 'n groot trop olifane besig om die pad te kruis, en ons moes maar agter al die ander motors inval en wag dat hulle rustig oor die pad stap.

Ons gaan direk na Balule en kry nie 'n koelteplekkie nie. Die temperatuur styg later na 36 en dis maar warm. Ons staan langs die omheining, en het darem 'n braaiplek en tafle en stoele.

Later die middag ry ons na Olifantskamp om in te boek en sien toe darem 'n klompie kameelperde en zebras, en sowat 50 olifante. Gister was hier niks te sien nie.

Die aand maak ons 'n potjie en teen skemer kom twee groot hienas verby ons gestap. Deur die nag kon ons hul kort-kort hier vlak by die kamp hoor roep.

Dag 80
18/05/2009


      Ingang na Olifantskamp                                                                                        Olifantsrivier


Vroego
ggend is almal by die kamp uit en ons hoor naby die kamp 'n leeu brul. Ons vertrek ook, en ry in die rigting van waar ons die leeu gehoor het. Ons kry egter niks en draai later om. Ons sien twee pragtige gompoue wat rustig loop en wei, en kon hul mooi bekyk.

Die middag ry ons na die uitkykpunt hoog bokant die Olifantsrivier. Ons geniet 'n whiskey op ys en wag dat die son ondergaan. Ons ry met 'n sirkelpad terug en bereik die kamp teen sterk skemer. Ander mense wat die sirkelroete in die teenoorgestelde rigting gery het, sien twee groot luiperds nie ver van die kamp af nie. As ons andersom gery het, sou ons hul ook gesien het. Luck of the draw.

Ons braai vleis en sit tot laat aand buite en kyk na die sterre wat vanaand baie helder skyn

Vandag was heelwat koeler en die temperatuur het net so by 27 gedraai.

Balule in 'n baie meer "boskamp" as Tsendze. Hier is geen krag nie. Saans steek Titus parafienlanterns op - twee in elke ablusie en een by die veldkombuis. Hier is gas-vrieskaste waar jy jou kos kan in sit, maar hul is nie so heeltemal koud soos die by Tsendze nie. Ons sak ys het darem kliphard gevries gebly.

VOLGENDE