Tuisblad:  Toer 8  
 

Barberton, Piggs Peak

 

BARBERTON. (p282)

Agtergrond: Die vroegste Europeers het hier aangekom teen die 1830's. James Murray het in 1882 goud ontdek waar die Noordkaaprivier en Jamestown Creek ontmoet. Op 21 Junie 1884 het die Barber broers goud ontdek in die strome by Rimers Creek aan die voet van die Makhonjwa Berge. Hierna was daar 'n goudstormloop. Die omgewing is hierna tot Barberton vernoem. As gevolg van malaria het die gebied bekend geword as die "Vallei van die dood".

Die eerste goud kon nie ekonomies ontgin word nie. Toe goud egter by Pioniersdrif ontdek word, het die mynkamphuisies soos paddastoele opgeskiet. In Mei 1885 is die Sheba-rif, die rykste tot dusver, ontdek. Toe was die stormloop op sy ergste. In 1886 was daar reeds op 4,000 kleims gewerk. Op 4 April 1886 is die eerste koerant, die "Barberton Herald" uitgegee. In 1886 was Barberton die grootste dorp in die ou Transvaalse Republiek.

Daar was 1 kroeg of kantien vir elke 15 myners. Dit was 'n wilde, losbandige en sedelose plek met baie kroegmeisies, oa Cockney Liz en Florrie wat die gewildste was. Hul het op die snoekertafels gedans en die manne met die hoogste bod kon hul vir die aand kry.

Op 13 April 1887 is Suid Afrika se eerste aandelebeurs te Barberton ge-open. Kort daarna was daar 'n tweede aandelebeurs.  As gevolg van aandele in skim maatskappye en waardelose kleims, is etlike fortuine op die beurs verloor. Ontnugterde delwers en beleggers het die gebied begin verlaat en een vir een het die hotelle, dobbelhole, kantiens en aandeelbeurse gesluit Met die uitbreek van die Anglo Boere oorlog in 1899 het Barberton byna 'n spookdorp geword.

Vandag word steeds 'n paar klein goudmyne bedryf, maar die ekonomie berus vandag meestal op hout, sisalplantasies en gewasse soos tee, koffie, katoen, sitrus en sub-tropiese vrugte en groente.

Besienswaardighede sluit in 'n aantal museums en 'n 1km lange tonnel waardeur mens kan stap. Dit is vroeer gebruik om goud vanaf die myn te vervoer tot by die klipbrekers. Die voorgewel van die Kaap Gold Fields Stock Exchange aandelebeurs is gerestoureer en is te sien in Pelgrimsstraat. Die Globe Tavern wat in 1887 met sinkplate gebou is, is ten volle gerestoureer en vandag 'n restaurant.

 Toer dagboek:

Dag 30
29/03/2009


            Bo van Bothasnek                          Bo van Bothasnek                                  Hierdie swamme groei glo net in baie skoon lug

               Phumula afdraai                                        Chaletes                                         Karavaanpark                                            Karavaanpark

                  Big Five versiering                             Lapa swembad

           OppiTafel                                   OppiTafel                                                    Jocks tavern                                             Phoenix Hotel

                    Pappas                                     Pappas teen die berg                                          Gebou in 1887                                    Liz is verewig

Na kerk groet ons die nuwe en ou vriende van Badplaas en maak reg om te ry. Terwyl ons in die kerk was, het ons die grondseil teen die wal in die son gesit om droog te word. Toe ons terugkom was dit weg. Ons vra by die bure of hul weet wat daarvan geword het, maar niemand weet iets nie. Iemand merk later 'n grondseil op een van die sleepwaens en hul kom toe agter een van hulle het gedink dis hulle grondseil, en dit netjies opgevou en ingepak. Gelukkig was ons betyds om die "diefstal" te keer.

Ons weet die pad na Barberton gaan oor twee steil bergpasse, Nelshoogte en Bothasnek. Ons besluit dat Elsie agter die motorwoonwa sal aanry tot by Barberton. Die passe is steil en die motorwoonwa kon dit darem in derde rat teen 45 km/h uitry. Die uitsig bo van die pas is baie mooi, maar was effe deinserig.

Ons boek in by Phumula Holiday Rresort en karavaanpark  (Phumula = Rus) wat so ongeveer 3 kilometers voor Barberton is. Dis mooi en netjies maar ons is die enigste kampeerders. Oor die naweek was hier 'n groot groep kinders vir spanbou, maar hul was reeds weg toe ons arriveer.

Ons ry laat middag na die dorp om bietjie rond te kyk. Ons kon in die "ou dorp" rondry en na die interessante plekke kyk. Die dorp lÍ hoog teen die berg en is baie boomryk en netjies. By Pappas het iemand op die stoep die vermetelheid om vir Johann te skree dat hy moet toestemming vra om fotos van die ou gebou te neem.

Dag 31
30/03/2009

Teen 09:00 was ons by die "i" om brosjures ens te kry. Dit reen so liggies, maar dit is meer 'n misreen as werklike reen. Ons besluit om die motor onder die digte skaduwee bome te parkeer en vat die pad op die "Heritage Walk" wat jou deur die "ou dorp" neem en al die geskiedkundige geboue en plekke wys.

Ons doen eers aan by die plaalike Geskiedkundige Museum in Pelgrimstraat. Dit beeld die ou vervloe dae uit toe dit 'n myndorp was. Toegang is gratis, maar jy mag nerens fotos neem nie. (ons het die gebod 'n paar maal oortree!)

Hierna soek ons die ou Impala Hotel waar daar na bewering pragtige friese te sien is. Die ou gebou is toegesluit en nie meer in gebruik nie. Oorkant die straat is die Cockney Liz Hotel wat nou in proses van restourasie is. Binne hang 'n mooi skildery van die beroemde Liz.

Daarvandaan neem die roete jou na die Vrymesselaarslosie, en skuins oorkant dit die ou blokhuis. Die blokhuis is maar vervalle en in 'n baie swak toestand. Dit kort bietjie aandag. Dan kom ons uit by die mooiste van die museums, die Belhaven-huis. Die huis is voorafvervaardig in Brittanje, en toe per skip en wa hierheen vervoer en aanmekaar gesit. Die plafonne en muurpanele is van persstaal (pressed steel) en is besonders mooi. Die gids, Mandla, is baie goed ingelig en kon die hele geskiedenis van die huis en sy mense aan ons vertel. Hy was besonder knap en ingelig. Buite wys hy vir ons die kruietuine en al die kruie wat so lekker ruik, en verduidelik waarvoor dit gebruik is.

Ons stap teen die steil straat uit na die Stopforth huis, maar dit is nie so indrukwekkend as die Belhaven huis nie. Laer af in die straat kom ons by die ou Anglikaanse kerkie, en die fasade van die eerste Aandelebeurs in Suid Afrika. Dit is aanvanklik genoem "The Transvaal Share and Claims Exchange, Trust and Agency Company Limited.". Nadat dit afgebrand het, is 'n nuwe beurs in 1887 gebou en dit is genoem "De Kaap Gold Exchange". Sy lewe was in 1899 verby en later het dit 'n biblioteek geword. Nadat die toestand van die gebou sodanig versleg het, moes dit gesloop word. Net die indrukwekkende fasase is vandag nog te sien.

Ons stap verby die "Gentlemens' Club" waar die oorspronklike "hitching posts" (perde vasmaakplekke) vandag nog teenaan die sypaadjie staan. Oorkant die straat is die OppieTafel restaurant, maar die kelners ken nie die storie van die plek nie. Laer af in die straat is die Phoenix Hotel, waar pres Kruger eenmaal 'n vergadering met die myners gehad het.

Nadat ons 'n vroee middagete genuttig het en gerus het op die Market Square, ry ons na die Fernlea huis wat aan die oewer van die Rimers Creek gelee is.

Ons doen inkopies by die Pick-'n' Pay winkel in die Jock of the Bushveld sentrum, en keer terug na die karavaanpark.

Op ons staptoer het ons die volgende besienswaardighede teengekom:

      Historiese Museum                              ou Impala Hotel                                                                         Cockney Liz Hotel

Liz in Hotel ingang                  Liz in Museum                                   Vrymesselaarslosie                                    Blokhuis

           Belhaven Huis                                      Belhaven Huis                                 Muurpanele Belhaven Huis                          Belhaven Huis     

            Stopfoth Huis                                        Aandelebeurs                                         Gentlemens Club                               Perde parkeerplekke
  
           Fernlea Huis                                      Rimers Creek                                      Die Blou Bul embleem                             Ou sweefspoor oor berge

Dag 32
31/03/2009

Op vandag se program was 'n besoek aan Swaziland se Pigs Peak Casino. Ons pak die motor met genoeg water en koeldrank en toe ons die aansitter draai, was daar niks. Die battery was pap. Gelukkig het ons 'n nuwe laaier by Midas in Johannesburg gekoop, en na so 10 minute was die battery effe gelaai en vat die engin gou. Ons besluit om 'n nuwe battery te gaan koop en kry na 'n bietjie navrae die plaaslike Midas. Hier skop die plattelandse vriendelikheid weer in en die eienaar, Frans Marx, sÍ voor hy 'n battery aan ons verkoop, moet ons net seker maak dit is die battery wat lol en nie die alternator nie. Hy stuur ons na een van sy ander ondernemings wat auto electical werk doen, en Pierre Claasens stel gou vas dat dit die koelkassie in die motor was wat oornag die battery doodgetrek het. Hy stel ook in die proses vas dat die diodes op die alternator nie reg is nie, en dus die liggie op die paneelbord laat brand. Ongelukkig is daar toe in Barberton nie 'n onderdeel nie, en na bietjie rondbel bring iemand uiteindelik die onderdeel vir ons uit Nelspruit. Wel, 5 uut later is ons weer reisvaardig, maar Swaziland moet maar wag tot more.

Uiteindelik is die herstelwerk toe goedkoper as 'n nuwe battery se prys, wat in elk geval nie die probleem sou oplos nie.


                      Barberton bo van die Saddleback pas                                                    Jock of the Bushveld                                Ou lokomotief

Dag 33
01/04/2009

PIGGS PEAK (Swaziland)


                                                                                  Asemrowende mooi berge en plantasies

                                                                                                        Die ou koekepan kabelspoor

            Padbou in die bergpas                                                       Josefsdal grenspos  (SA kant)                                   Bulembu grenspos (Swazi kant)     

                                                                                                Asbesreste binne Bulembu dorpie

                                                                           Piggs Peak Hotel en Casino

                                                     Piggs Peak Hotel en Casino                                                                                 Swazi klere

                                                                                                   Batik binne Piggs Peak Hotel

                                                                         Piggs Peak Hotel en Casino

                Werkskepping                                         Pigg se Peak                                "Snelweg" binne Swaziland

Vandag is 'n lekker koel dag met 'n 30% kans vir reen. Gelukkig kry ons gedurende die mini-toer geen reen nie, maar die grondpaaie is nat en glad.

Ons verlaat Barberton met die Fordjie en is onmiddelik teen die Saddleback pas uit. Dis 'n helse steil pas en dit eindig 65 km later in die Swazi dorpie Piggs Peak. Gelukkig hoef ons die roete nie met die motorwoonwa te ry nie. Die roete neem ons deur pragtige bergtonele, bosse en asemrowende uitsigte. Ons ry 'n paar keer onderdeur die ou koekepan kabelspoor wat van Barberton strek tot by die ou Havelock myn in Swaziland. Dit het gestrek oor 'n afstand van 19.5 km. Dit eindig tans in die dorpie Bulembu. Die ou asbeshope en reste lÍ sommer so in die dorp, en is seker 'n groot gesondheids gevaar. Myn bedrywighede is reeds lank terug gestaak en die kabelspoor is in onbruik. Die pas neem ons van 'n hoogte van 700m by die karavaanpark tot by 1600m . Dis steil!

 Tot by die SA / Swazi grenspos is die pad, behalwe so 2 km, pragtig nuut geteer. Net voor die SA grenspos is die padbouers besig en is dit 'n gewoel en gewerskaf (Sien die foto links van die Josefsdal foto hierbo). Ons is die enigste mense deur die grens. Die Swazi grenspos is 'n hele ent weg. Vir die eerste keer op ons toere sien ons 'n SA grenspos wat beter lyk as die van die ander land. Almal in beide grensposte is baie gaaf en vriendelik. Hul laat ons vinnig deur, maar soek tog aan SA kant die motor deur vir vuurwapens, vleis en drugs. Aan die Swazi kant moet ons R50 padbelasting betaal.

Ons ry deur die dorpie Piggs Peak en Garmin moet ons na die hotel neem. Soos voorheen neem dit ons op 'n dwaalspoor en wil ons dan terugneem hotel toe deur bosbou paaie. Ons draai om toe ons sien Garmin is die kluts kwyt. Dus moet ons maar op eie gevoel en na ons beste inligting ry, en kry die Hotel maklik. Die hotel / casino is so 10 km buite die dorpie Piggs Peak. Dis mooi en netjies, maar daar was net 1 of 2 mense in die kompleks. Net een het sit en dobbel.

Volgens die inligtingsboekies is Piggs Peak vernoem na William Pigg wat goud hier ontdek het. Goud is hier gedelf van 1882 tot 1954. Dit was nooit 'n groot sukses nie. Dit word vertel dat toe Pigg Suid Afrika toe trek, was sy bure 'n familie Hogg. Pigg se seun het later met Hogg se dogter getrou ! (wonder wat die eerste klein Pigg/Hogg se naam was?)

Ons eet 'n bar lunch en vat daarna die pad terug "huis" toe. Ons kelnerin se naam is Zanele. Sy is die jongste kind en dogter uit 'n familie van 8 broers en 6 susters. Haar pa noem haar toe Zanele, wat glo beteken "The last one".

Erens moes ons 'n klip op die slegste van sleg paaie aan die Swazi kant getref het, want die Fordjie brul al harder. Terug in Barberton moes ons toe 'n nuwe knaldemper laat aansit. Dit was 'n baie mooi uitstappie, en behalwe vir die werklik slegte pad aan die Swazi kant, is die roete aan te beveel.

Ons het die besoek aan Barberton en omgewing baie geniet.

Die aand hoor ons die goeie nuus dat ons weer oupa en ouma gaan word. Bea se twee kleintjies, Ine en Kyla, is baie opgewonde oor die nuwe boetie of sussie wat hul gaan kry

VOLGENDE