baviaanskloof

 

29 Maart 2014 tot 31 Maart 2014

Van Blouwaterbaai ry ons vandag via Hankie, en Patensie om uiteindelik in Baviaanskloof aan te land.

Ons stop net voor ons Hankie bereik, en besoek die Sonhorlosie wat glo die grootste in Suid Afrika is. Dit is 08:00 en die skaduwee val presies op die syfer 8 op die grond.

Hiervandaan teen die heuweltjie loop die steil paadjie tot by Saartjie Baartman se graf. Ons vind dit vreemd dat daar langs die pad en by die Sonwyser geen bordjie is wat aandui dat Saartjie se graf daar bo op die koppie is nie. Daar is so 'n ophef van haar gemaak, maar nou le sy daar vegete en verlate bo-op die koppie wat oor Hankie uitkyk.

Sonwyster Saartjie Baartman se graf

Patensie is nie ver daarvandaan nie, en ons stop by die winkel in die hoofstraat en koop daar konfytflesse sodat ons later in Baviaanskloof heuning by Boplaas kan koop,

Ons bereik die toegangshek na die Baviaanskloof Natuurreservaat, en betaal ons R20 per persoon vir ons permitte. Hiervandaan loop die pad teen die steil bergpas uit. Combrink-pas is steil en neem jou tot op 'n hoogte van ongeveer 630 meter bo seevlak. Dit voel of die pas nooit ophou nie - as jy dink jy is bo, en jy kom om die draai, dan sien jy die pas nog tot doer bo klim.

Bo-op die pas by Bergplaas is die laaste selfoon opvangs totdat jy weer naby Willowmore kom. Vir party in ons geselskap is dit 'n groot straf om so afgesny te wees van die buitewereld ! Ons stop by die parkeerplek bo-op die pas en gaan kyk na die Winston le Roux kabelspoor wat oor die kloof gebou is. Dit is nie meer in gebruik nie, maar dit moes skrikwekkend gewees het om daar oor te gaan. Die eertydse boer het sy produkte met die kabelspoor van een kant van die kloof na die anderkant vervoer. Die werkers moes saam oor die duiselingwekkende afgrond van die kloof.

Anderkant af daal jy met 'n baie steil paadjie af met die Holgat Pas. Die pas se twee spore is met sement uitgele anders sou dit moeilik wees om in nat toestande daar uit te ry. 

Nie baie verder nie, is daar twee kampplekker. Doodsklip en Rooihoek. Ons draai daar in. By Doodsklip is daar niemand nie. Ons vind wel kampeerders by Rooihoek. Die kampplek is op die wal van die bo-lope van die Kougadam. Die sand langs die rivier is spierwit "see" sand en steek mooi af teen die donker bruin kleur van die rivierwater en die rooi kranse.

Ons bereik die Baviaanskloof rivier wat ons moet kruis. Die water is diep en le vir 'n ver ent voor ons. Ons ondervind darem geen moeite om daar stadig deur te ry nie, en stop by die Smitskraal Piekniekplek op die oewer van die rivier.

Verder aan moet ons oor die Grasnek pas en bereik ons na 'n hele aantal ure die uitgangshek van die Natuur Reservaat. Die pad binne die Natuur Reservaat is erg verspoel na die reenseisoen en spoelslote maak dit moeilik om teen die steiltes op en af te ry. Oral le groot poele water in die pad, en moet ons maar om die poele ry want jy weet nie wat in die poel is nie

Hiervandaan is dit 'n goed geboude pad en bereik ons sonder enige probleem Babe se Winkel. Ons groet en kuier 'n rukkie voor ons die verdere 30 Km aanpak voor ons by die Makedaat Grotte.kom.

Ingang na Baviaans Combrink se Pas Combrink se Pas Holgat Pas
Rooihoek kampering Rooihoek Smitskraal Rivier kruising
Rivier kruising V2 Makadaat grotte Mej Baviaanskloof
Baviaanskloof Relief kaart 50,000 liter per uur Sewe dwergies Raaskrans
Boomhuis Boomhuis Boomhuis Boomhuis
 
Baviaans sleutel Winston le Roux se kabelspoor Wildevye woud  

 

Makedaat Grotte

Van Terebert Grot. Die grot is die eerste wat jy teenkom as jy van die ontvangskantoor berg-in ry. Dis die enigste wat elektriese krag het, is 'n dubbelverdieping houtgebou met drie slaapkamers bo en die kombuis en 'n oopplan slaapgedeelte onder. Daar is 'n koelkas/vrieskas en ander elektriese geriewe. Die eenheid het slaapplek vir 10 mense. Buite is 'n dammetjie wat as "swemplek" kan diens doen. Johann, Engela en Erika het hier tuisgegaan. Dit is die "weelderigste" van die grotte in die kloof.

       
 
       

Makedaat grot

Die grot is 'n bakkrans wat aan die voorkant toegebou is, en die slaapplek is hoofsaaklik "oopplan" Dit is die tweede grot wat jy teekom

       

Dawid se Bak

Hierdie grot was ons grot vir die drie nagte. Dis 'n bakkrans wat aan die voorkant toegebou is, Daar is sonpanele wat lig verskaf, maar geen koelgeriewe nie. Binne die grot was 'n "Splash Pool" maar die water was bietjie koud. Ons het dit maar gebruik om van die drankies koud te hou. Die grot het twee "kamers", maar die afskortings was los houtpanele  wat aan 'n gordynstok hang. Die grot was 'n regte rowwe ervaring om naby die natuur te kom. Ons het die een baie geniet. Dis regtig "grot".

       
     
Splash Pool binne grot      

Dasssie Bak

Hierdie is die "wittebrood grot" Ons kon daar gaan slaap, maar die 38 steil trappies tot bo was te veel van 'n werk om ons bagasie tot bo te dra, Die stort en toilet area is by die agterdeur uit wat amper teen die rotswand is en is 'n opelug area. Die grot het aan die voorkant 'n sonstoep van waar jy ver oor die vallei kan sien. Dit is die mooiste van die grotte in die reeks.

 
       
       

Terwyl ons in die kloof was, het ons die wildevye bos, die boorgat wat teen 50,000 liter per uur uitborrel, die boomhuis en die bonzai versameling gaan kyk, Langs die pad daarheen het ons verby die "Vensterrots". en die ":Sewe Dwergies"  gery. By Bo Plaas het ons die 6 konfytvlesse laat volmaak van die heuning wat hul daar produseer. R350-00 vir ses konfytflesse vol vars heuning.

Dinsdag oggend het ons opgepak, ons rekening gaan betaal, en die pad gevat Willowmore toe. Dit is sowat 50 kilometer van die grotte. Ons het gestop by die "Baviaanskloof sleutel" vir fotos, en daarvandaan via De Rust en Meiringspoort na Pris Albert waar ons oornag het voordat ons na Gamkaskloof (Die Hel) sou gaan

 

Vensterklip

Verblyf:    Makkedaat grotte   www.makkedaat.co.za   Tel 044 923 1921

Tuisblad        Volgende