Baviaanskloof

4 Februarie 2015

Ons kuier van amper 'n maand op Stilbaai kom tot n einde en die terugtog huis se kant toe begin. Vandag ry ons sowat 490 kilometer tot in die Baviaanskloof waar ons vir twee nagte in 'n boomhuis sal oorbly.

Die eerste deel van ons roete neem ons verby Albertinia, Mosselbaai, Groot Brak Rivier tot in George. Ons ry byna die hele pad in so 'n fyn misreentjie. In George moet ons eers by die Dischem aandoen, want ons mediese fonds betaal nie chroniese medisyne ten volle uit as dit nie deur 'n "Designated Service Provider" voorsien is nie. Op Stilbaai was nie so 'n apteek nie. Ons eet terselfdetyd, terwyl ons wag dat Dischem eers om 09:00 oopmaak, ontbyt by die Wimpy.

Nadat ons die Dieseltenks gevul het, gaan ons oor die Outeniqua pas en met die N9 en later R62 deur die Langkloof tot by Joubertina. In die Outeniqua pas is daar padwerke en ons moes sowat 10 minute wag dat die verkeer van voor af, eers kon verby kom.

Ons nuttig middag-ete by my broer en sy vrou, Andre en Mariaan Kritzinger. Mariaan het heerlike Springbok wildsvleis voorberei en ons het lekker weggele daaraan.

Van Joubertina moet ons weer terugry tot by Uniondale waar ons afdraai van die R62 om via die Uniondale Poort pas weer op die N9 te kom. In die omgewing van Haarlem reen dit sommer sterk. Van Uniondale is dit so 55 km om by die afdraai na Baviaanskloof te kom. Ons ry egter eers Willowmore toe om die brandstof aan te vul en die bande te laat afblaas voor ons die kloof binnegaan. Binne die kloof is geen brandstof te kry nie. Toe ons die dorp binne ry, sien ons groot plasse water. Dit moes kort voor ons daar aangekom het, lekker gereen het.

Van die afdraai na Baviaanskloof is die pad baie nat met groot en diep plasse water. Ons motor is omtrent besmeer toe ons uiteindelik by die Boomhuis aankom. Ons verneem by Jan da Leša, die bestuurder, dat dit vanmiddag so 15mm gereen het. Al die laagwater bruggies loop lekker sterk. Terwyl ek nou hier skryf, dreun die donderweer buite en verwag ons vannag nog reen. Gelukkig is die boomhuis waterdig en sal ons snoesig slaap.

Ons motor is so vol modder soos ons deur die waterplasse moes ry dat ons nie uit die ruite kon sien nie. Dieagterste nommerplaat was ook onleeesbaar.

5 Februarie 2015

n Rustige nagrus terwyl die reen af en toe saggies op die dak val. Ons ry 'n draai om voels te soek, maar in die deel waar ons tans is, is hul maar skaars. Ons sien egter dosyne Muisvoels.

Die Boomhuis het 'n groot oopplan sitkamer/ kombuis met 'n enkelbed teen die een muur. Die "hoofslaapkamer het 'n dubbelbed met twee enkelbeddens. Uit die hoofslaapkamer stap jy uit op 'n stoep met 'n lekker groot houttafel met palmtakke as sonbedekking. As jy op die dubbelbed le, kan jy 'n hefboom trek en die hele dak bo jou skuif oop. Op 'n mooi somersaand kan jy dan onder die sterretjies le en slaap. In diekombuis is 'n mikrogolf oondjie, 'n klein elektriese koelkassie met 'n piepklein vrieshokkie, 'n twee-plaat gasbrander en 'n opwasbak met warm en koue water. Die boomhuis het Eskom krag. (En toe sommer ook beurtkrag van 20:00 tot 22:00 !)

Uit die sitkamer stap jy uit oor 'n houtbruggie tot by die opelug badkamer. Daar is 'n stort en wasbak met warm en koue water, asook 'n spoeltoeilet.

By die hoofhuis waar Jan woon is 'n sterk Wi-Fi sein en kon ek die web opdateer.

Boomhuis

Speekhout ingang Boomhuis Boomhuis Boomhuis
Boomhuis Net dakkie steek uit Ingang na Boomhuis Ingang na Boomhuis
Ingang na Boomhuis Ingang na Boomhuis Ingang na Boomhuis Ingang na Boomhuis
Ingang na Boomhuis Sit/eetkamer/kombuis Opelug hoofslaapkamer Stoepie
Kombuis Opelug Badkamer Opelug Badkamer Braai area
Deur modderplasse gery Rots Bonzai Jan en Elsie Krokodil Berg

Ons besoek Peter Hattingh by sy huisie waar hy Bonzai boompies maak. Hy het n groot verskeidenheid, maar die meeste is klein Spekboompies. Van die Bonzai's moet baie oud wees.

Peter en sy Bonzai Peter se Bonzai Peter se Bonzai Peter se Bonzai

Duiwekloof

Ons besoek Duiwekloof waar daar baie netjiese chalets is asook kampplekke met groen gras-staanplekke is. Die plek kan ook aanbeveel word

Ingang na Duiwekloof Honeymoon suite Familie chalet Swemgat
     
Kroegreels      

Op pad uit die kloof in die rigting van Patensie, ry ons verby Bokloof van Quintus en Anina Bezuidenhout en gaan kyk na die hout chalet wat onder pragtige koeltebome langs 'n groot dam gebou is. Dis 'n pragtige en netjiese plekkie. Hierdie is nog 'n plek waar ons weer op 'n volgende besoek sal aandoen en oorslaap. Hulle is ook groot bye boere en verkoop die heerlikste vars heuning

'n Ent verder staan die ou Kerkie en kerksaal. Die hoeksteen is al gele in 1918.

Ons ry oor die 3 passe en die pad is baie erg verspoel. Twee dae tevore was daar 'n wolkbreuk, en groot haelkorrels het baie skade aangerig. Die pad is baie sleg verspoel en plek-plek moet jy mooi beplan waarlangs jy moet ry. Die laebestek-rat (low range) het 'n paar maal baie handig te pas gekom om oor en om die versperrings te kom.

Bo-kloof hut N G Kerkie Hoeksteen Nou nie juis die N1 nie !!

Hier is 'n video-opname van die deurtog deur die rivier by Smitskraal. Gelukkig het ons dit effe makliker gevind om hier deur te ry. https://www.youtube.com/watch?v=ZFEemzGDt4I. Op hierdie stadium is die kloof baie droog. Min van die driffies het lopende water

Verblyf:   Tree House,   http://www.baviaans.co.za/speekhout/    Tel   087 7004 494

 

Tuisblad        Weskaap toerplan    Volgende