Tuisblad:  Toer 8  
 

  Karoo Nasionale Park, Beaufort Wes

 

KAROO NASIONALE PARK

Agtergrond: Die nasionale park is in 1979 naby Beaufort Wes aangelÍ. Aanvanklik was die park 7209 ha groot, maar is later uitgebrei met 32 292 ha toe die plase Stolshoek en Puttervlei daarby gevoeg is. Tans is die park net minder as 90,000 ha groot. Die park is die tuiste van 60 spesies soogdiere en 180 voelspesies.

BEAUFORT WES

Agtergrond: Die eerste trekboere het die gebied in die tweede helfte van die 18e eeu bereik. Die dorp is in 1820 uitgele, en is vernoem na die hertog van Beaufort, die vader van Lord Charles Somerset, destyds goewerneur aan die Kaap. Die dorp was die eerste dorp in die Kaapkolonie (selfs voor Kaapstad) wat 'n 1837 'n munisipaliteit geword het. In 1875 het die telefoonlyne die dorp bereik, en die spoorlyn 5 jaar later

Besienswaardighede is die Stadsaal, die NG Sendingkerk waar dr Christiaan Barnard se pa predikant was, en verskeie Victoriaanse geboue

Toer dagboek:

Dag 483
25
/06/2010
(oorblywend: 36)

Van Laingsburg is dit sowat 200 km tot by die Karoo Nassionale Park. Die park is net suid van Beaufort Wes. Ons vertrek so teen 09:00 en ry rustig tot by die Park. Net voor Beaufort Wes word ons deur Verkeersmense gestop vir 'n roetine ondersoek. Geen probleem nie, en hierdie keer nie 'n woord oor die gebrek aan 'n PdP op Johann se EC lisensie nie. 'n Baie hoflike verkeersman laat ons sonder enige probleem verder ry, en wens ons 'n veilge rit toe.

Ons bereik die Karoo Nasionale Park, en boek in by die karavaan park vir 6 nagte. Die hoofkamp en die karavaanpark is werklik netjies. Ons staan op staanplek no 2, wat effe koelte en darem lekker son vir die moontlike koue het. Hier is heelwat ander kampeerders, meestal met tente en Off-Road karavane.

Nadat ons ons kamp ingerig het, maak ons gereed vir die groot sokker wedstryd tussen Brazil en Portugal. Elsie het nou ook 'n groot sokker aanhanger geword, en mis nie 'n wedstryd nie.

Dag 484
26
/06/2010
(oorblywend: 35)

In die park is twee roetes wat ons kan ry. Die Klipspringer pas, en die Lammertjiesleegte pad. Die res is 4x4 roetes, en ons sal dit nie kan ry nie. Vanoggend ry ons tot bo op die Klipspringer pas tot by die Rooivalle uitkykpunt. Die pad is geteer, behalwe die laaste 2 km, en die grondpad is maar sleg en vol klippe. Die pas is steil en pragtig gebou met baie hoŽ klipwalle as versterking. Ons soek die Witkruis Arend nes by Rooivalle, maar 'n ander voŽlkyker vertel vir ons die nes is leeg. Ons kon nie eens die nes sien nie, en ook geen Witkruis Arende nie. Langs die pad sien ons darem 'n groep koedoes en volstruise. By die kamp soek ons maar verder na voels, en sien o.a  'n Pririt Batis en Southern Tjagra, wat ons kon afneem.

Die middag kyk ons na die rugby toets tussen SA en Italie asook die uitklop sokker wedstryd tussen Uruguay en Korea.

Dag 485
27
/06/2010
(oorblywend: 34)

Dit begin as 'n dag met digte mis, en ons voorneme om vroegoggend te gaan piekniek hou, word op die lange baan geskuif. Ons ry wel later met die Lammertjiesleegte pad tot by die Bulhoek piekniekplek. Langs die pad kry ons geleentheid om die Rooioorlangstertjie (Rufous Eared Warbler)  af te neem. By die baie mooi en netjiese piekniekplek is heelwat voŽls, en ons besluit om gedurende die volgende paar dae vroeg oggend hierheen te kom, piekniek kos saam te bring en dan voŽls te soek met die PDA.

Ons maak 'n draai in Beaufort Wes. Mens kan nie dink hoeveel groot vragmotors hier deur die dorp ry nie. Dit is een groot optog en dit gaan skynbaar dwars deur die dag en nag so aan. Die hoofpad loop deur die dorp, en die pad sal seker nie lank hou nie.

Elke aand oor die naweek was die kamp vol, maar vanaand is ons net 'n paar kampeerders wat hier kamp.

Dag 486
28
/06/2010
(oorblywend: 33)

Omdat ons sterk wind volgens die weerdiens verwag, (http://golfweather.co.za/)  sonder ons die dag af om die dorp Beaufort Wes te gaan besigtig. Ons doen aan by die "i" en kry daar 'n kaart van die dorp en aanwysings van besienswaardighede. Ons gaan eers na die Christiaan Barnard Museum. Die uitstalling weerspieel die hele lewe van dr Chris Barnard en is baie indrukwekkend. Vir 'n arm Boswerker se seun het hy werklik uitgestyg en wereld beroemd as hartchirurg geword.

Langsaan is die kerk waar sy pa in sy later jare, nadat hy as sendeling in Wellington afstudeer het, sendingpredikant was. Net langs die kerk is die pastorie waar die sendeling Barnard gewoon en die kinders Chris en Marius gebore is.

Dan stap ons al langs Bird Straat en sien al die ou Victoriaanse huise uit die vorige eeu. Van die huise is pragtig netjies gerestoureer. Baie van die huise se stoepe loop uit op die sypaadjie sonder enige voortuin.


            Huisies in  Karoo N P                         Vlae by ontvangs                                      

                Hoofstraat                                                       N G Kerk                                       Ou Sending Kerk                         Ou Sending Pastorie (Barnards)

           Hart operasie uitstalling                          Mooi ou huise                                  Appirklaas Gastehuis

                                                                              Bird Straat se ou huise

Dag 487
29
/06/2010
(oorblywend: 32)

Ons het 'n sak vol kos vir TuinvoŽls wat ons saamry. Vannag het ons kuiergas, die Kleingrysmuishond (Small Grey Mongoose) die sak kos in die water emmer ontdek, daarrmee weggestap, en oral op pad na sy nes, die kos laat mors. Toe ons vanoggend opstaan, was die voeltjies asof in VoŽlparadys soos hulle op die kos toegesak het.


          Klein grysmuishond

Ons ry weer na Bulkraal, maar met die sterk wind wat weer vandag waai, sien ons nie juis voŽls nie. By die Injterpretation Centre sien ons heelwat voŽls, en besluit om liewers more, wanneer die wind gaan lÍ,  hierheen te kom. Ons sien darem langs die pad 'n aantal bokke.


                    Gemsbok                                    Rooi Hartbees                                                  Berg Kwagga                                               Rooi Jakkals

Dag 488
30
/06/2010
(oorblywend: 31)

'n Kouefront trek oor die Karroo, en aanvanklik is dit maar 'n trietserige dag. Na ete trek dit oop, maar bly nog koud. Ons begin regmaak om op te pak om na Victoria-Wes te vertrek

VOLGENDE