Home:  Toer 2  
 

Berg-en Dal

BERG-en DAL

Agtergrond: 

Die kamp is in die Suid-Westelike hoek van die Kruger Nasionale Wildtuin, naby die ingang by Malelane hek.  Dit het baie mooi chalettes, an 'n redelike groot, boomryke karavaanpark

Toer dagboek:

13/05/2007: Ons kon aanvanklik nie hier plek kry nie, en is ingeboek in die Malelane Kamp, sowat 9 km hiervandaan. Ons het 'n vinnige draai gemaak in die Malelane Kamp, en besluit om  liewers die kans te waag en na Berg-en Dal te ry. Ons het maklik plek gekry. Die park was byne leeg! Hoe die besprekingskantore in die Kruger Wildtuin werk, weet seker net hulle.

Ons wou in die Restaurant gaan eet om Moedersdag, ons ontmoetingsdag en verlowingsdag te vier, maar die ete kos R129-00 per kop. Dit is nie vir plaaslike mense nie, maar dalk bekostigbaar vir Elschen, Johan en Jacomine - (net £8 per kop). Vir pensionarisse kan ons 4 aande in die wildtuin oornag vir dieselfde bedrag

Langs die pad het ons bitter diere en geen voŽls gesien nie. Ons het darem 'n renoster, en teen die einde groot troppe olifante gesien

Oor die algemeen was daar bitter min voŽls in die park. Nie eens spreeus of neushoringvoŽls by die piekniekplekke nie.

 

Tuisblad      Volgende