Tuisblad:  Toer 8  
 

Berg-en-dal

Dag 95
02/06/2009

Omdat die grondpad vanaf Pretoriuskop via Afsaal na Berg-en-Dal maar baie sinkplaat is, ry ons met 'n draai met die teerpad om na Berg-en-Dal. Dit is maar 'n stil pad tot ons skielik baie voertuie en minibussies sien staan. LEEUS! Ons ry nader en toe ons uiteindelik deur die verkeer is en kan sien wat aangaan, is daar minstens 7 leeus wat ons kan sien wat luilekker op 'n rots lÍ en braai. Daar was heelwat kleintjies in die trop. Hul is rustig en hou die verkeer dop. Daar kon meer gewees het, maar ons kon 7 tel. Party het in die gras gelÍ en ander op die rots. Ons totaal skuif op na minstens 29 leeus. Tot by #26 het ons nog name vir elke leeu gehad, volgens die alfabet, maar nou het ons uit name geraak. Ons sal nou maar double-barrel name, soos ons vroulike ministers, moet toeken . Iets soos Anna-Sophia, Bettie-Louise ens.

Ons bereik Berg-en Dal sonder enige verdere opwinding, en gaan soek 'n lekker staanplek. Toe ons rondstap op soek na 'n staanplek, roep iemand ons, en dit is sowaar weer Mike en Helen. Ons was bly om mekaar weer te sien, en slaan kamp op sommer reg langs hulle in 'n redelike koelte staanplek.

Iemand kom later nader gestap en groet vriendelik. Dit is toe Attie Nigrini, die vorige eienaar van die motorwoonwa wat ook met sy "nuwe" motorwoonwa in Berg-en Dal staan. Hulle was baie "aangedaan" om weer hul ou motorwoonwa te sien.


                                                 Leeus # 23 - 29                                                            Rooikophoutkapper                               Swartkopwielewaal

                                                                       Monkeyballs (bobbejaan ?)

Hier is baie ape en bobbejane en as jy inboek word jy gewaarsku teen die gediertes. Hoekom maak hul dit nie minder nie?

Dag 96
03/06/2009

Tot dusver ontwyk die jagluiperd en wildehonde ons steeds. Ons het by Mike Mac Naught 'n paar mooi fotos gekry om met sy vergunning op ons webblad te plaas. Hulle het baie mooi luiperde en die jagluiperd onder oŽ gehad. Hulle was werklik in hierdie opsig baie gelukkig.  


  Jagluiperd © Mike Mac Naught           Luiperd © Mike Mac Naught        Maanhaar Leeu © Mike Mac Naught  Basterhartbees © Mike Mac Naught

Ons spandeer die oggend in die kamp en soek voeltjies, maar dit is maar dun gesaai. Die middag gaan soek ons 'n watergat om te sien wat daar opdaag. Ons sit daar vir twee ure maar al wat ons sien is 'n kameelperd wat teen laat middag water drink by die suiping, 'n paar olifante en drie renosters.

Dag 97
04/06/2009

Teen 06:00 vat ons die pad. Ons plan was om via Malelane (dorp), met die buite teerpad via Komatipoort, Krokodilbrug kamp tot by Onder Sabie te ry. Die grondpad binne die wildtuin is glo baie sleg. Op pad terug wil ons voorrade aanvul vir die tydperk wat ons in Swaziland gaan deurbring.

Ons was net uit by die hek by Berg-en Dal toe ons op 7 leeus afkom wat al met die pad langs aangestap kom. Dit was nog baie donker en ons kon nie juis duidelike fotos daar neem nie. Daar was so baie voertuie, sommige wat omdraai en terugry om die leeus te volg, dat ons maar aanstoot Malelane hek toe. 'n Behoorlike verkeersopeenhoping soos net Johannesburg dit ken.

Van Malelane is dit so 42 km tot by Komatipoort en ons klok teen 07:00 in by Krokodilbrug . Ons ry al met die teerpad tot by die Mativihlungu ompad (S82). Langs die pad staan 'n voertuig en hul sÍ dat hulle op die pad net buffels gesien het. Ons ry verder en kom af op 6 leeus langs die pad - drie jong maanhare en drie wyfies. Hulle is by 'n groot trop buffels, en lÍ die mobiele spens en beloer. Die buffels stap al nader aan die leeus en bekyk die leeus aandagtig. Later draai hul om en stap weg. Die leeus maak 'n aanval op die buffels, maar is die eerste keer onsuksesvol. Ons het maar later verder gery, want die lot was nie van plan om gou weer aan te val nie.

Ons nuttig 'n KNP ontbyt by Onder Sabie, en hoor dat daar net buite Onder Sabie op die teerpad (S79) 4 wyfies met 5 welpies langs die pad is. Ons ry later daarheen en kry die leeus. Die welpies het egter plat in die gras gelÍ , en ons kon net die 4 wyfies sien wat daar rond stap. Ons sou graag die welpies wou afneem, maar hulle was te klein om in die gras raak te sien.

Na 6 weke in die wildtuin het ons 29 leeus gesien, en toe op een dag sommer 22 ! Ons totaal van die Groot 5 is nou:    

Leeus           51
Luiperds        2
Renosters    18
Olifante      '000
Buffels       '000
   

Die jagluiperd en wildehonde bly ons ontduik, maar is hier rond want mense sien hulle elke dag.

 
              Dors Impala                                              Groen krokodil                         Die rede vir die greon krokodille                    Krokodilbrug

           Leeu # 48                                                  Leeu # 48 & 49                                  leeu # 50 & 51                                        Aasvoels wag vir kos

                                    Nuuskierige buffels hou leeus dop                                          Groot koedoe bul                                      Mooi horings

Dag 98
05/06/2009

Ons besoek vroeg oggend die watergat digby die kamp, maar sien net twee hienas langs die pad. Hulle hardloop so vinnig dat daar nie tyd was vir 'n foto nie.

Laat die middag gaan ons weer na die watergat, en sien 8 Witrenosters en 16 kameelperde. Daar was 3 groepe renoster ma's elk met hul kleintjie. Dit is die grootste getal witrenosters wat ons op een dag gesien het.


                                                  Drie Renoster ma's met hul babas                                                                                  Waterskilpaaie

Dag 99
06/06/2009

Vandag gaan ons dit rustig vat, want more is ons laaste dag in die wildtuin. Ons wil dan ver ry om vir oulaas te kyk of ons nie die jagluiperd en wildehonde sien nie. Ons ry net weer tot by die dammetjie, en sien 5 witrenosters, (die keer bulle), groot troppe olifante en buffels, en 'n baie groot koedoebul. 

     Leeus           51
     Luiperds        2
     Renosters    36
     Olifante      '000
     Buffels       '000

Dag 100
07/06/2009

Dit is ons laaste dag in die wildtuin, en ons vertrek teen 06:00 op pad na Afsaal. Net buite Berg-en Dal se hek, terwyl dit nog sterk skemer is, hardloop twee wildehonde al in die pad voor ons. Ons is die voorste motor en volg hul vir 8 km soos hul al in die pad af hardloop in die rigting van Malelane kamp. Johann moes maar die fotos so in die ry deur die voorruit neem terwyl Elsie die stuurwiel vashou. Die fotos verskyn hier onder alhoewel die kwalitiet nie te goed is nie.

Ons ry verder vir 100 km op grondpaaie vir 6 ure lank om die ontwykende jagluiperd te soek, maar pure verniet. Terug op die teerpad sien ons honderde rooibokke, zebras, blouwildebeeste, renosters, varke, ens. terwyl op 100 km van grondpaaie sien ons NIKS. Moral of the story - Bly op teerpad !

More gaan ons na Swazziland, en is ons vir 4 dae van die lug af.


                                                                       Uiteindelik Wildehonde

VOLGENDE