Home:  Toer 1  
 

Bloedrivier, Dundee

BLOEDRIVIER

Agtergrond: is geleŽ sowat 30 km suid van Paulpietersburg op pad na Dundee

Die slag van BLOEDRIVIER (p249) het plaasgevind op 16 Desember 1838 om die Zoeloes te straf na die moord op Piet Retief en sy manne deur die Zoeloe koning Dingane. Die Voortrekkers het onder leiding van Andries Pretorius laer getrek op die walle van die Bloedrivier, 'n sytak van die Buffelsrivier, sodat die laer aan drie kante deur die rivier begrens was. Daar was geskat dat tussen 12,000 en 15,000 Zoeloes die laer aangeval het. Na die slag is ongeveer 3,000 Zoeloe lyke getel.

Op die terrein is drie monumente wat die slag van Bloedrivier gedenk

 

Toer dagboek:

20/01/2006:

Na 'n rit op die 20 km grondpad (nie die beste nie) het ons by Bloedrivier Monument uitgekom. Ons was eers na die eNkhomo museum wat deur die ANC regering in 1999 opgerig is. Die museum gee die weergawe van die Bloedrivier slagting vanaf die Zoeloe perspektief. Dit was 'n openbaring om te sien en hoor hoe hul die geskiedenis weergee. Retief was die "skurk". Hulle bevraagteken byvoorbeeld die getal Zoeloes wat dood is, en die wyse waarop die lyke getel is. Ook meld hul dat die Zoeloes nie armoede geken het voordat die Voortrekkers nie opdaag het nie. Daar is ook 'n bewering dat baie valse bewerings deur die boere gemaak is. Piet Retief en sy mense is doodgemaak omdat hul in die nag tussen die hutte "rondgesluip" het, en dit gesien is as die gewoontes van towenaars.

Daarna is ons na die "wit" weergawe van die gebeure by die Bloedrivier monument. Die terrein word baie mooi onderhou en was 'n belewenis om die geskiedenis weer te beleef (van die blanke oogpunt gesien). Die video wat vertoon word gee 'n heeltemal ander weergawe van die gebeure as wat oorkant die rivier gesien is. Die sameloop van gebeure soos die digte mis, die bygelowigheid van die Zoeloes, hul vrees vir spoke en die optrede van die "kopformasie" wat gestraf is om in die "linkerhoring' diens te doen het duidelik die hand van die Here daarin gewys.  Dit was ondenkbaar om te dink hoe die Voortrekkers in daardie klein waentjies die berge kon oor, en alles wat hul het, kon saamneem.

-------------------------------------------------------------------------

DUNDEE (p249)

Agtergrond: is geleŽ aan die noordelike hange van die Biggarsberg en is waar die steenkool nywerheid van Natal begin het. Die dorp is in 1882 deur Peter Smith op sy plaas Dundee gestig.

Besienswaardighede sluit die Talana Museum, net buite die dorp, en die Landdroshof, wat die enigste gebou in die land is wat die koninklike seŽl van Koning Edward VII dra

 

Toer dagboek:

20/01/2007: Op pad na Dundee is oral aanduidings van waar die veldslae plaasgevind het. (Boer en Brit)  Net voor jy Dundee binne ry is die Talana Museum. Talana beteken die "rak waar kosbaarhede bewaar word".

Dit is 'n besondere museum om te besoek en dit is die enigste museum in die land wat in sy oorspronklike vorm bewaar gebly het. Die veldslag tussen Boer en Brit het hier plaasgevind.

Daar is onder andere 'n uitstalling van hoe dit onder in 'n steenkoolmyn lyk, klere uit die ou Voortrekker tyd, 'n glas versameling, en kralewerk uitstalling.

Op die perseel is ook die ou huise van Thom Smith, die stigter van die steenkoolmaatskappye in die omgewing. Daar is 'n versameling van ou kapkarre, ossewaens, melktoerusting, perdestalle en landboutoerusting. Die oorspronklike huis is gerestoureer en bevat 'n replika van die woonhuis in daardie tyd.

In die dorp het die ou landdroskantoor  skynbaar die wapen van Eduard VII gehad, maar dit is dood geverf. Binne die gebou glo is nog die galg wat gereeld gebruik was, te sien. Tans is dit 'n kerk en Sanlamkantoor. Ons kon nie in gaan nie en kon dus nie die galg sien nie.

Ons het tot by die Chelmsford-dam natuurreservaat gery en daar vir 3 nagte oorgebly saam met Reuben en Stephani wat van voor af by ons aangesluit het.

 

Tuisblad       Volgende