bloemfontein

 

17 April 2014

Ons bereik Cathcart na heelwat drama wat ons in die Mitchellspas beleef het. Hiervandaan is dit 'n pragtige N6 teerpad wat ons via Queenstown, en Jamestown, tot by Aliwal Noord neem. Ons bereik die dorp teen etenstyd, en eet in die plaaslike Wimpy op die oewer van die rivier.  Daarna weer vort via Rouxville waar ons nou ons een sirkelroete voltooi. Dan verder via Smithfield ('n pragtige netjiese dorp) en Reddersburg tot by Bloemfontein.

Ons het plek bespreek deur www.SafariNow.com by A La Fin Country Lodge. Dit is so 18 km suid van Bloemfontein, en gelee 1km van die N1 hoofweg en naby die Casino. Die stil plaasatmosfeer was lekker, maar die hoenderhane se wekker gaan baie vroeg die oggend af en dan is slaaptyd verby. Die eienaar, Johan Lombaard, het ons vriendelik ontvang , en die geriewe was baie goed.

18 April 2014

Ons is vroeg uit die vere as gevolg van die geveerde diere se lawaai, en pak op en vertrek. Dit is nog 400 kilometer huis toe en ons vorder fluks. Ons is deur 'n paar padblokkades en is darem elke keer daar deur sonder probleme Die verkeersmense was baie vriendelik

Ons bereik ons huis teen 12:30 en was baie bly om na 4 weke weer tuis te wees

 

Verblyf: A La Fin Country Lodge  Tel 082 951 5762  www.alafin.co.za

Tuisblad