Home:  Toer 1  
 

 Westminster, Tweespruit Bloemfontein, Maselspoort

 

WESTMINSTER (p364)

Agtergrond: Die dorp is deur die Hertog van Westminster gestig as landbou-nedersetting vir Britse oudgediendes na die Anglo-Boere-oorlog. Die eerste huise is deur sir Herbert Baker ontwerp

Toer dagboek:

30/01/2007: Ons het hier ingery, maar vandag is dit vervalle en kon ons net 'n winkeltjie sien wat nog besigheid doen.

 

-------------------------------------------------------------------------------

TWEESPRUIT (p364)

Agtergrond:  is, soos Westminster, gestig as 'n landbounedersetting vit Britse oudgediendes

Toer dagboek:

30/01/2007: Die plekkie is oud en daar is nie veel te sÍ oor die dorpie nie. Daar is 'n groot landbouskool net buite die dorpie.

 

-----------------------------------------------------------------------------

BLOEMFONTEIN (p386)

Agtergrond: Die stad het teen ongeveer 1840 sy ontstaan gehad toe Rudolph Brits daar gevestig het naby 'n sterk fontein. Die fontein se water is gebruik vir suiping vir sy vee en om sy vrou se blomtuin nat te lei. Reisigers het al meer hier aangedoen en die plek toe Bloemfontein genoem (skynbaar na aanleiding van Rudolph se vrou se blomtuin)

Besienswaardighede is die Nasionale Vrouemonument, Queens Fort, Die ou Raadsaal, die Tweetoringkerk, Naval Hill,  Die Presidensie, Ondergrondse Museum wat eers 'n ondergrondse water reservoir was, die ou Regeringsgeboue, Botaniese tuine, Maselspoort ontspanningsoord

 

Agtergrond en fotos:

 Toer dagboek:

31/01/2007: Nou volg ons die pad verder suid, en wou Hobhouse en Wepener besoek, maar ons besluit toe om direk oor Tweespruit en ThabaNchu na Bloemfontein te ry.

Ons het net buite die stad oornag by die Reyneke karavaanpark. Die boeke beskryf die park as 3-ster, maar daar is baie min koeltebome. Die staanplekke het darem elk sy eie privaat ablusie en kombuisgeriewe

By Bloemfontein het ons die nodige inligting by die Inligtigtingskantoor gekry. Gewapen met kaarte het ons die strate aangedurf. Ons het verneem dat dit gevaarlik is om sommer enige plek te parkeer. Op aanbeveling van die inligtingskantoor het ons by die brandweer gaan aanklop. Hul was so vriendelik om ons toe te laat om op hul perseel voor die gebou te parkeer.

In die bloedige hitte het ons in Pres Brand Straat, waar meeste van die geskiedkundige geboue is, op en af gestap. Ons het ook afgestap tot by die Tweetoringkerk waar die grens van die "veilige gebied" is. Ons was baie be-indruk met die Ou Raadsaal met sy misvloere en ou rytuie. Ons was baie be-indruk met die skoon en netjiese, boomryke strate in die middestad. Al die historiese geboue en standbeelde word baie goed instand gehou.

Na 'n gesoek na die regte pad (straatname is 'n probleem) het ons Naval Hill besoek. Van bo het 'n mens 'n mooi uitsig oor die stad. Die ou sterrewag is nou omskep in 'n private teater. Op pad af was ons na die orgidee-huis, maar was baie teleurgesteld omdat daar geen blomme in die plek was nie.

Op pad na die vrouemonument het ons verby die ou Onderwys College gery. Elsie het teruggedink aan haar studente dae daar. Dit is nou 'n technicon.

Die vrouemonument bly maar altyd 'n belewenis. Dit ruk aan 'n mens se hart as jy op die fotos sien hoe die vroue en kinders in die konsentrasiekampe gely het. Hulle is regtig baie onmenslik behandel.

Ons het 'n radiostasie, Radio Rosestad (100.6) "ontdek". Hul speel heeldag die mooiste Afrikaanse musiek - byna alles net Afrikaans

Ons het twee aande in die Reyneke Park karavaanpark gestaan, maar was nie baie be-indruk nie. Ons is toe Donderdag na Maselspoort, 'n pragtige groot skoon park. Ons is vooraf afgeraai om hierheen te kom, maar kan glad nie die vooraf advies en die werklikheid bymekaar uitbring nie. 'n Juweel!

 

 

Tuisblad       Volgende