Bloemfontein

 

18/03/2016

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand:   513 kilometers

Tankwa Karoo Nasionale Park tot by Victoria Wes 

Na die rustige week in die Tankwa Karoo is dit nou huiswaarts. Ons oornag vanaand in Victoria Wes, om dan Saterdag verder te ry tot in Bloemfontein

Van die Tankwa gastehuis ry ons die eerste ongeveer 120 kilometer op 'n grondpad. Tot by die afdraai na Sutherland is die pad baie swak, maar daarna is dit 'n goeie grondpad, en ons vorder gemaklik. Ons ry oor die Amandelnek-Pas en bereik sonder teenspoed die R354 teerpad wat Matjiesfontein met Sutherland verbind.

Ons ry teen die Verlatenkloof pas uit, en dan oor die Rooikloof-Pas tot in Sutherland. Ons bereik Sutherland teen ongeveer 08:45 en wou graag hier 'n koppie koffie drink voor ons afskeid neem van Johann en Engela Knoesen. Alles is egter nog toe, en ons loop 'n bloutjie. Ons vul toe maar ons brandstof aan vir die rit huis toe.

Ons neem afskeid van Johann en Engela, en ry sowat 9 kilometer terug in die rigting van Matjiesfontein waar ons links weg afdraai na Merweville. Dit is 'n redelike goeie grondpad. Na sowat 33 kliometer is daar 'n "snaakse" afdraai deur 'n hek skerp na links. Dit lyk of die pad wat reguit aangaan, die aangewese pad sou wees, maar die Garmin roete loop wel deur die hek en met 'n smal paadjie, wat geleidelik breer word, na Merweville. Hiervandaan kom ons BAIE hekke teen wat elke keer oop en toegemaak moet word. Eers later waar meer plase is, kom ons af op motorhekke.

By Vinkfontein, 'n verlate plaasopstal, stop ons by 'n Korbeelhuisie, en nuttig ontbyt. Tot op hierdie stadium ry ons nog bo op die bergplato, en dan kom ons af op die Rammelkop-pas. Hierdie pas is sommer lekker steil, en teen die steil plekke is die pad geteer. Gelukkig gaan ons teen die pas af en pla die steiltes ons nie. Bo van die pas sien mens die Karoo vlaktes daar ver onder uitgestrek le.

Dan kruis ons die Dwyka en Tuinsrivier en bereik Merweville

Dit is 'n klein "Karoo dorpie" met pragtige ou boustyl huise. Van hulle lyk of dit spesiaal oorgedoen en opgeknap kon wees vir die maak van die film "Die Boekklub".

Aangesien dit begin laat word, neem ons die teerpad tot by Prins Albert-weg waar ons aansluit by die N1. By Drie-Susters draai ons weg op die N12 en oornag in Victoria Wes.

Teen laat middag vlieg daar honderde Kleinrooivalkies oor die dorp en oornag in die hoe bloekombome oorkant die Ford Garage. Hulle maak gereed om te emigreer. 

Vinkfontein se opstal met geboude soldertrap Vinkfontein se Korbeelhuisie Vinkfontein se Klipkrale
Pad oor Rammelkop-pas Pad oor Rammelkop-pas Pad oor Rammelkop-pas
N G Kerk Merweville Dorpshuise Merweville Dorpshuise Merweville
 
Dorpshuise Merweville Vulstasie Merweville  

19/03/2016

Teen sonop gaan kyk ons of ons weer die kleinrooivalkies kan sien, maar die petroljoggie se "hul het reeds 'n lyn gesny".

Dan vertrek ons om via Britstown, Strydenburg, en Hopetown tot by Kimberley te ry. Dit is Saterdag oggend en in die strate en besighede is dit 'n vertrapping van voetgangers. Dan maar vort via Petrusburg na Bloemfontein.

Elsie het gereel met 'n kweker van vetplante, Henry,  om 'n klompie spesies te koop, en ons besoek sy kwekery by sy huis. Daar is honderde spesies wat hy kweek van steggies, saad en knipsels. Ons laai dit in sakkies en kartondose en verpak dit netjies in die motor.

Die nag slaap ons by familie, Willem en Ena Bosch. 

Henry en Elsie by sommige vetplante Henry se Vetplant versameling Henry se Vetplant versameling
Henry se Vetplant versameling Henry se Vetplant versameling Henry se Vetplant versameling
Henry se Vetplant versameling Henry se Vetplant versameling Henry se Vetplant versameling

20/03/2016

Ons vertrek na Randburg en ry via Brandfort, Theunissen, Welkom en Kroonstad tot by die huis

6241 kilometer agter die blad en na 'n baie interessante 2.5 maande is ons weer veilig by die huis.

Tuisblad              Tankwa toerskedule