Tuisblad:  Toer 8  
 

 Bloubergstrand, Table View Cabanas, Melkbosstrand, Robben Eiland,
Kaapse Skiereiland,

MELKBOSSTRAND

Dag 451 
24/05/2010
(oorblywend: 68)

Alhoewel die weervoorspelling reen voorspel het, is dit weereens 'n heerlike sonskyndag in die Kaap. Ons pak op en teen 11:00 groet ons vir Jacques en vat die pad suidwaarts na Melkbosstrand. Dit is ons verste punt weg van die huis, en as ons hiervandaan vertrek, is dit op die been huiswaarts. Ons ry heel voorspoedig, bereik Ou Skip karavaanpark  en soek 'n lekker staan plek uit wat teen die wind uit alle windrigtings bestand sal wees. Ons is die enigste kampeerders, maar hier is heelwat ander mense wat permanent in chalets en karavane bly.

Ons betaal R100-00 per dag vir ons staanplek. Van die 1e Junie gaan die daaglikse tarief op na R350-00 per dag!!. Dis glo met die oog op die sokker en omdat dit op die 9e Junie skoolvakansie is. Dis uitermate duur vir die kamp en die geriewe wat hier is.

Dag 452
25/05/2010
(oorblywend: 67)

'n Heerlike dag in die Kaap. Ons slaan die tent op sodat dit kan droog word na die oornag nattigheid by Leentjiesklip. Ons stap deur die Ou Skip karavaanpark. Dit is 'n baie groot park en van die staanplekke veral in Blok W is baie mooi en beskut.

Dag 453
26/05/2010
(oorblywend: 66)

Dit is nou ons 13e mooi sonskyn, windstil dag hier in die Kaap.

Ons gaan kyk hoe lyk die Tableview Cabanas waar ons van volgende week vir twee weke sal tuisgaan. Daar is nie juis parkkering vir die motorwoonwa nie, en ons sal moet ander reelings tref. Ons ry daarna na die groot winkelkompleks wat hier naby moet wees, en eindig op met Garmin in Plattekloof!. Ons besluit toe maar om na die Tygervallei kompleks te gaan en daar ons inkopies te doen. Daarna kuier ons by Sune wat daar naby woon.

Laat middag begin dit kouerig raak, en word daar vir die volgende twee dae reen voorspel


                   Tafelberg                                       Koeberg kragsentrale

Dag 454
27/05/2010
(oorblywend: 65)

Die kouefront tref die Kaap en dis die einde van 13 dae se heerlike sonskynweer in die Kaap. Ons gaan vroeg na die winkels om wintersklere te koop vir die koue wat glo voorl, en is net betyds terug voor dit begin reen. Dis sommer baie koud met 'n sterk wind. Ons staanplek is gelukkig lekker beskut teen die wind. Later steek 'n storm op en sterk rukwinde teister ons "veilige" staanplek. Dit noop ons om die tent af te slaan, maar nou reen alles waternat.

Johann beplan ons roete terug huis toe, en doen navrae oor kampplekke en doen besprekings by die Karoo Nasionale Park by Beaufort Wes. Ons verneem van oulike kampplekke by Victoria Wes en Britstown wat die moeite werd is om te besoek.

Dag 455
28/05/2010
(oorblywend: 64)

Ons rol die tent se seile uit by die plaveisel by die wasplek en hoop dat dit sal droog word voor ons dit moet oppak.

Die begrafnis gedenkdiens vir Elba se pa is vandag op Moorreesburg. Ons ry daarheen, en kort-kort reen dit lekker hard. Op Moorreesburg is die weer reeds verby en skyn die son lekker. Dit is egter steeds ysig koud.

Op pad terug ry ons via Darling, en gaan bring 'n besoek aan Evita se Peron. Pieter Dirk verskyn daar vir 'n kort rukkie, maar voor ons hom kon vra vir 'n foto, was hy weer iewers agter in die kombuis weg. Hulle het 'n baie interessante restaurant / museum kompleks daar opgebou, en die restauranr is baie gewild. In die museum is etlike uitstallings uit die era van die ou Suid Afrika, asook verskeie briewe van oud Pres Nelson Mandela gerig aan Pieter Dirk. Pieter Dirk doen baie vir die gemeenskap deur sy Darling Stigting,  


                                                        Evita se Peron                                                                             "Elsita"

Dag 456
29/05/2010
(oorblywend: 63)

Ons skoonseun Piet se Ma vier haar 70e verjaarsdag, en ons ry deur na Durbanville na Piet en Sune se huis. Daarvandaan ry ons via Somerset-Wes na Hermanus. Ons laai vir Elsie in Somerset Wes af om die naweek by San-Marie in haar nuwe woonstel te kuier, en Johann gaan saam met die kinders na Hermanus om die verjaarsdag saam met die Jouberts te vier. Die Bulls wen die Super 14, en dit word die aand saam met die verjaarsdag behoorlik gevier. Net na mMidderrnag is ons weer terug in Durbanville.

Dag 457
30/05/2010
(oorblywend: 62)

Dit is weereens 'n pragtige sonskyndag. Behalwe vir die reen en stormwind laat op Donderdagnag, was die afgelope 17 dae heerlike sonskynweer in die Kaap. Teen 15:00 keer ons terug na Melkbosstrand. Ons tent se seile is nou lekker droog, en ons vou dit op en pak dit weg om weer oor twee weke te gebruik as ons by Ceres aankom. Die volgende twee weke kuier ons met ons vakansieklub punte by die Table View Cabanas in Table View

Dag 458
31/05/2010
(oorblywend: 61)

TABLE VIEW

Nog 'n sonskyn / windstil dag (raak nou vervelig?!). Ons pak op ons tyd op en teen 12:30 ry ons na Durbanville waar ons die motorwoonwa vir die volgende twee weke op een van Sune se vriendinne se plaas gaan laat staan terwyl ons in Table View in die tyddeel is.

Teen 15:00 kan ons by die Table View Cabanas inboek en ons kry eenheid 17, 'n dubbelkamer eenheid met 'n mooi see-uitsig. Ongelukkig het van die nuwer toring-geboue die uitsig effe belemmer, maar ons kan darem nog 'n deel van Tafelberg en Leeukop van ons balkon af sien. Op die strandfront by ons Cabanas is 'n Toeriste Inligtingskantoor en die baie vriendelike mense daar boek vir ons 'n trip na Robbeneiland vir Dinsdag. Ons hoop dien weer hou soos dit nou is. Die kaartjie is egter geldig vir 7 dae vir ingeval die weer sleg is. Johann laai al die batterye sodat ons genoeg fotos kan neem.


           Tafelberg van Blouberg                          Uitsig uit ons eenheid                   Skeepswrak reg voor ons

Dag 459
01/06/2010
(oorblywend: 60)


ROBBEN EILAND

Agtergrond: Sedert die Hollanders hul in die mid 1600's aan die Kaap gevestig het, is Robben Eiland hoofsaaklik as tronk gebruik. Afrika leiers, Moslem leiers uit die Oos Indies, Hollandse en Britse soldate en anti-Apartheids leiers soos Pres Mandela en PAC leiers soos Robert Sobukwe is hier aangehou. Gedurende die Tweede Wereldoorlog is die eiland gebruik as opleidingssentrum, later ook as heenkome vir melaatses, en mense met geestesversteurings en chroniese siekte (1846 - 1931). Gedurende die tyd is ook politieke gevangenes hierheen gestuur. Alle politieke gevangenis is na 1994 vrygelaat

Sedert 1997 is die gebied as Nasionale Museum verklaar en in 1999 as Wereld Erfenisgebied

'n Paar feite:
Die eiland is 11 km vanaf Kaapstad Hawe
Die eiland is 7 km vanaf Blouberg strand
Die eiland se oppervlakte is 574 Ha
Die eiland is 2.5 km wyd
Die eiland is 5.4 km lank
Die kuslyn is ongeveer 10 km
Die hoogste punt op die eiland is 30 meter bo seevlak
Daar is 9 boorgate op die eiland wat die inwoners van water voorsien

Toer dagboek:


    Robben Eiland (argief foto)                  Robben Eiland (Google Earth)              Hawe en Tronk (Google Earth)

Toere na die eiland vertrek om 09:00, 11:00, 13:00 en 15:00. Ons vertrek op die 11:00 toer na Robben Eiland op die Sikhululekile, 'n groot dubbelromp boot wat seker 300 passasiers kan vat. Kaartjies kos R200 elk en die boot was sowat   vol. Die rit was heel lekker op 'n seepgladde see. 30 Minute later arriveer ons op die Eiland, en ons word in busse vervoer op 'n besigtigingstoer oor 'n gedeelte van die eiland. Die gids vertel onderhoudend stories oor die geskiedenis van die geboue en eiland. Sommige punte word oorbeklemtoon, maar dit gee jou tog 'n ander blik op wat werklik hier gebeur het, en waarvan ons in die "ou dae" nooit vertel is nie. Sommige stories is nogal skokkend om te hoor.

Ons ry verby die steengroef waar die gevangenes klippe moes kap en sien die "grot" wat bekend staan as die "Mandela Universiteit". Op die terrein is ook 'n klipstapel wat tydens 'n ruinie gepak is.

Ons besoek ook Robert Sebukwe se huis. Hy is afsonderlik in 'n huis aangehou, en was nie deel van die gevangenes in die maksimum gevangenis waar Pres Mandela en die ander politieke gevangenes aangehou is nie. Hy was glo "te gevaarlik" vir die owerhede? Die hondehokke op die terrein was groter as Pres Mandela se sel!

Dan na die maksimum gevanagenis waar ons vir 'n uur deur 'n oud gevangene besig gehou is met vertellings van hoe hul behandel was. Dit was interessant, soms skokkend, maar heeltemal te lank, en dit het beteken dat ons nie kon rondloop en na die terrein kyk nie. Ons moes na die lang vertelling haastig verby Pres Mandela se sel beweeg. Johann kon darem so in die verbygaan 'n paar fotos neem en toe moes ons vinnig aanbeweeg na die skip. Dit was op die punt om te vertrek toe ons daar aankom. Dis jammer dat hul in hul tydaanwending van die kort tydjie tot jou beskikking, meer klem op die stories van swaarkry plaas, wat wel nodig is, en mens nie behoorlik kan rondkyk nie. ( 'n Goeie plan (hoop dis wettig) sou wees om bv. met die 09:00 toer na die eiland te gaan en in plaas van om met dieselfde groep om 12:00 terug te keer Kaapstad toe, daar agter te bly en eers om 14:00 saam met die volgende groep terug te keer. Dit sou meer tyd laat vir rondkyk.). Hul adverteer die toer as 'n 3 uur lange toer, maar dit sluit die 60 minute van die heen en weer vaarte in.

Teen 14:00 vertrek die boot en die see was die keer vol deinings en die boot het lekker oor die deinings galop.  

Ons wou baie graag die Asiatiese Patrys (Chukar Partidge) sien, maar nadat ons navrae gedoen het, was die antwoord dat die vols op die westekant van die eiland is, en dat die paaie te sleg is om daar te ry. Dis jammer, want die ingevoerde spesie kom net op Robben Eiland voor.


                   Kloktoring                                       Groenpunt Sokker Stadion                Tafelberg met skuimstreep                Ons nader Robben Eiland

          Robben Eiland Hawe                                   Sikhululekile                                                   Welkom                                               Kramat

                Ingang na Eiland                                    Sobukwe Huis                                 Sobukwe Kamer                                       Honde hokke

Pres Mandela se sel (argief foto)                                                          Pres Mandela se sel                                     Sel is 2e venster van regs (links van wit pyp)

               Sekuriteits drade                              Tronk geboue                                         Tafelberg vanaf eiland                                          Skool

       Mandela se "universiteit"                             Steengroef                                             Gedenk klipstapel                                    Melaatses se Grafte

 

Dag 460
02/06/2010
(oorblywend: 59)

Nog steeds mooi weer. Nou reeds 20 dae van heerlike sonskyn weer. Na al die aktiwiteite van die vorige dag, is vandag 'n rustiger dag. Elsie gaan stap kilometers ver langs die kus af, en die res vandie dag spandeer ons hier in die omgewing van die Cabanas. Dit is interessant om die buitelandse toeriste te sien as hul uit die "overlanders" klim. Hier van voor die Cabanas is 'n baie mooi uitsig oor die see tot by Tafelberg. Hulle hardloop oor die pad en vertrap mekaar om DIE foto van Tafelberg te neem. Daar word gekniel, kniee gebuig, amper gebukkend gestaan en allerhande aksies uitgevoer. Dieselfde foto kan jy neem deur bloot regop te staan! Party hardloop 20 meter links, ander na 20 meter regs van die groep, maar op die end is al die fotos van die verskillende plekke af geneem, dieselfde.

Dag 461
03/06/2010
(oorblywend: 58)  

Ons gaan kyk na die skreeusnaakse rolprent "Schucks Tsabalala" van Leon Schuster,

Toe ons terugkom sien ons dat die boot ELI 1, wat hier reg voor ons gestrand het, aan die brand is. Dit veroorsaak heelwat opwinding, maar ook groot verkeers chaos. Drie geweldige ontploffings laat al die toeskouers wip van die skrik. maar dit veroorsaak gelukkig nie skade nie. Hier daag dosyne brandweer, polisie en verkeerspolisie voertuie op, maar almal staan maar net en toekyk


                                                                                                                  Skip aan die brand

           Van die toeskouers                      Koerant foto (Die Burger)

Dag 462
04/06/2010
(oorblywend: 57)  

Dit is baie mistig, en ons kanselleer die trippie om Kaap Punt. In plaas daarvan spandeer ons die oggend by die Canal Walk winkelsentrum.

Dag 463
05/06/2010
(oorblywend: 56)

Dit is nog 'n heerlike sonskyndag. Ons roete vandag neem ons verby die Sokker stadion, Kampsbaai, Houtbaai, Kommetjie, Kaap Punt, Simonstad, Muizenberg en terug na Table View.

By die sokkerstadion wou hul ons nie inlaat nie, en ons moes maar van ver buite die terrein die stadion beskou. Dis 'n groot gewerskaf daar, want dit lyk nie of alles daar gereed is vir volgende Vrydag se wedstryd nie.

Dan al langs die kus af na Kampsbaai. Die water is spieelglad en die dag sonder enige wind. Dan met die Chapmans Peak pad verder. Dit is 'n tolpad, met 'n R28-88 tolfooi. Halfpad deur die pas, word jy gestop en moet jy jou tolgeld kaartjie wys. Daar word nie vooraf vir jou gese dat jy die kaartjie moet hou om te toon nie. Gelukkig het ons nog ons kaartjie gehad om te wys. Ons ry dan kuslangs met die pragtige pad deur Kommetjie tot by die Kaap Punt Reservaat

Die toegangsgeld by Kaap Punt is R75-00 per persoon, maar ons kon gratis ingaan met ons Wildcard. By die punt is daar veronderstel om 'n Funicular (ratspoor treintjie) te wees, maar die is buite werking. Met een week oor voor die Sokker, is dit fataal. Hul het egter AVIS bussies wat jou teen R43-00 per persoon sal opry tot by die bo-punt. Baie min mense gebruik egter die fasiliteit. Johann stap tot bo om fotos te neem, maar Elsie besluit om onder te bly.

Daarvandaan ry ons via Simonstad aan die anderkant van die berg terug. Ons ry met Boy's Drive hoog bokant Muizenberg, en kan afkyk op die pragtige see tonele onderkant ons.

'n Heerliek sonskyndag kom tot 'n einde met dei Springbokek wat deurskuur teen Wallis 34 - 31


          Tafelberg en Kabelkar                                  Kampsbaai                                                   Houtbaai                                        Beeld by Houtbaai
 
   "Tonnel" by Chapmans Peak                 Noordhoek Strand                                        Ingang na Kaap Punt                                          Kaap Punt                                    

               Skaide's Barn                                Kaap die Goeie Hoop                                 Strand by Vishoek                                 Kalkbaai Hawe    

Dag 464
06/06/2010
(oorblywend: 55)   

Dis maar aan die koue kant. San-Marie kom kuier vir die middag en slaap die aand by ons oor.

Dag 465
07/06/2010
(oorblywend: 54)

Nog 'n koue bewolkte dag. Ons is maar meestal binneshuis want dit is bitter koud en nat

Dag 466
08/06/2010
(oorblywend: 53)

Dit word algaande beter weer, en later toe die son deurbreek, ry ons na Bloubergstrand. Ons gaan drink tee by die "Ons Huisie" restaurant. Dit is 'n Nasionale Monument en is een van die oudste geboue hier wat dateer van voor 1853. Mens het 'n mooi uitsig oor die see na Robben Eiland, sowat 7 km weg.


                                                  Tafelberg se kleed                                                                                   Robben Eiland van Blouberg Strand

                                          Ons Huisie Restaurant

Dag 467
09/06/2010
(oorblywend: 52)

Dis weer 'n lekker sonskyndag, en ons ry tot op Sein Heuwel om af te kyk op Kaapstad, die hawe-gebied en die sokker stadion. Daarvandaan gaan ons na Houtbaai en besoek die "World of Birds" Dit is glo die grootste volpark in Afrika. Daar is werklik baie volsoorte in die instap hokke.

Dan ry ons met die kuspad terug Kaapstad toe en dan via die Waterfront na Table View

Dag 468
10/06/2010
(oorblywend: 51)

'n Absolute perfekte dag - geen wind en geen wolke nie. Ons ry al langs die see tot by Blouberg, en sit langs die see op die bankies en lees tot na die middag uur. Dan gaan eet ons by die Petit Four delicatessen naby die strandfront. Ons kyk uit oor die see en kan al die skepe se bewegings sien en in die verte is Robben Eiland. Net na 14:00 sien ons die Eiland se veerboot wat terugkeer na die Kaapstad se hawe. 'n Heerlike laaste dag by die see. More gaan ons op die eerste been van ons tog terug huis se kant toe. Ons was werklik gelukkig om sulke ongelooflike lekker dae hier aan die Weskus en by die Kaap te kon h.


           Groenpunt stadion                               Robben Eiland boot

                                                                                                 'n Verskeidenheid  fotos van Tafelberg sonder kleed

                                                                                                    'n Verskeidenheid  fotos van Tafelberg met kleed

Die Jouberts kom kuier vir die aand, en ons tref ons finale reelings vir die week wat die twee seuns by ons in Ceres gaan kom kamp.

VOLGENDE