Blouwaterbaai

 

25 Maart 2014

Vandag se roete neem ons via Jansenville, Mount Steward, Steytlerville, Uitenhage na Blouwaterbaai.

Tot by Jansenville is dit teerpad, Dan draai ons af op die teerpad na Klipplaat vir so 12 km, en daarna is dit vir sowat 40 km 'n goeie grondpad verby Mount Steward tot op Steytlerville. Net buite die dorp is daar verskeie kleurvolle vlae teen die rotse geverf wat die geskiedenis van ons land uitbeeld.

Dit is baie warm en ons gaan eers na Leeukloof waar my suster Engela en swaer Johann gebly het. Dan weer dorp toe om tee te drink in die Royal Hotel wat mooi opgeknap is. In die dorp se hoofstraat hang van die families se familiewapens en maak 'n kleurvolle prentjie

Hoe nader ons aan Port Elizabeth kom, word die wind al sterker, en die temperatuur val van 35 na 25. Die wind bereik later amper stormsterkte.

Kerkie by Mount Steward Royal Hotel Steytlerville Draai Krans Familiewapens Steytlerville
 
Vlae by ingang na Steytlerville      

 

 

Tuisblad       Volgende