Home:  Toer2  
 

Blyde Canyon Kampterrein

KAMPTERREIN

Agtergrond: 

 

TUFA WATERVAL

   

Toer dagboek:

08/05/2007 - 10/05/2007: Ons het vir drie nagte hier gekamp. Die natuurskoon is baie spesiaal. Ons het nuwe vriende ontmoet, Erich en Susan Holm van Newcastle. Susan beweer die omgewing is soos feetjieland - so mooi is dit

Hier is ook heelwat wandelpaadjies en Elsie het saam met die Holms van die paadjies aangedurf

Langs die kamp loop 'n waterstoom wat laer af in die rivier TUFA watervalle veroorsaak. In teenstelling met gewone watervalle wat die rotse mettertyd verweer, bou die TUFA uit die kalk in die water die "rotse" op. Die groot TUFA is onder by die dam, maar dit kan mens net sien as jy per boot op die dam ry.

Die kamp is baie netjies en luuks en die kampterrein het groot bome wat bo inmekaar gevleg is en heerlik skaduwee gee.

Net jammer van die lastige ape, maar 'n paar goed gemikte skote met 'n geleende kettie het hul gou verjaag

Tuisblad      Volgende