Tuisblad:  Toer 8  
 

Durbanville, Atlantis, Stellenbosch, Paarl, Gordonsbaai, Strand,
Somerset-Wes, Franschhoek, Villiersdorp, Grabouw

Dag 355
17/02/2010

Dit is 'n heerlike dag in die Kaap. Ons gaan na die Tygervallei winkelsentrum en koop 'n paar nodige goed. Die winkels is nogal besig en mens sukkel om parkering te kry. Johann haal die trappie van die motorwoonwa af en hy en Piet besoek 'n ingenieurswerke sodat die trappie versterk kan word. Die seelug het ook sy merk op die staaltrappie gelaat. Baie van ons kampartikels soos die opvou wasgoeddraad, tafeltjies ens het ook onder die roes deurgeloop.

Klein Johann gaan na 'n skoolkamp naby Jonkershoek en is baie opgewonde oor die vooruitsig om weer te kamp. Hy  moet ongelukkig vrooer terugkom as die ander kinders, want hy moet aan atletiek deelneem

Dag 356
18/02/2010

Ons ry na Atlantis sodat hulle by Bobo Campers die nuwe Fiamma afdak en tent kan aansit. Ons is ingelig dat dit sowat 2 uur sou duur, maar uiteindelik neem dit byna 5 uur. Die beplanning en meet en bespreek neem lank, maat uiteindelik werp dit vrugte af want alles werk mooi en presies uit. Ons laat terselfdertyd 'n sekuriteits handvatsel by die deur se slot aansit sodat die voertuig beter beskerm is as ons dit vir 'n dag of wat alleen laat en rondry. Die werkers was baie bekwaam en vriendelik.


Nuwe afdak en tent word aangesit

Nadat ons weer in Durbanville terug is, besoek ons vir Rita Schreuder, een van Elsie se ou skoolvriende se vrou. Ons kuier lekker in haar mooi huis in 'n baie netjiese sekuriteits-oord


       Johann, Rita en Elsie                                  Elsie en Marius

Dag 357
19/02/2010

Nog 'n ou skoolvriend van Elsie, Marius Meyer, nooi ons vir 'n drankie by Mugg & Bean in Tyger Vallei Winkelsentrum. Hulle het mekaat 46 jaar laas gesien. Ons ontmoet vir Marius en sy vrou, Kinna, en baie ou stories word weer in herinnering geroep. Na soveel jare wat elkeen in sy eie rigting gegaan het, is daar nie veel om oor te gesels nie, behalwe "onthou jy nog" stories van skooltyd. Re-unies is nie juis maklik nie.

Die aand, soos elke Vrydag-aand, hou Piet en Sune 'n formele aansit ete. Klein Johann salf en sen met 'n baie mooi gebed vir Oupa Johann en Ouma Elsie. Dis 'n baie mooi, aandoenlike en gewyde oomblik. Piet doen dieselfde vir die kinders en Sune, en Sune op haar beurt vir Piet. Sune hou 'n kort boodskappie uit die Bybel en na 'n tafelgebed eet ons aan die lekker kos wat voorberei is.

Dag 358
20/02/2010
 

Ons gaan saam met die Joubert gesin na die streeks-atletiek byeenkoms in Parow. Dis baie warm en die kinders moet in die kwaai hitte deelneem. Gelukkig hardloop klein Johann vroeg en is ons voor die ergste hitte weer tuis


Johann hardloop die 1200 meter

STELLENBOSCH

Agtergrond: 

Toer Program:

Elsie gaan kuier saam met Sanmarie by 'n ander skoolvriend (Barney Nolte) se weduwee, Linda, in Stellenbosch, terwyl Johann solank met die motorwoonwa na die Mountain Breeze Karavaanpark tussen Stellenbosch en die Strand ry. Die karavaanpark is redelik vol van naweek besoekers en al die beste koelte staanplekke is reeds geneem. Ons sal maar tydelik 'n staanplek neem en oorskuif na 'n beter koelte staanplek as die naweek besoekers vertrek. Die karavaanpark is in 'n dennebos met baie ho bome. Ongelukkig gooi die ho dennebome nie baie skaduwee nie, en mens moet 'n plekkie uitsoek waar daar baie bome naby mekaar staan om sodoende die son af te keer. Dit is 'n bloedig warm dag en teen laat middag is dit by die 40 C.

Dag 359
21/02/2010

Ons ry na die Paarl om by een van ons vele webblad vriende te gaan kuier. Hugo en Laura Hauman het ons lank gelede raak "geGoogle" en ons korrrespondeeer reeds 'n geruime tyd met hulle. Hulle beplan ook om in die toekoms 'n motorwoonwa te koop en die land te deurkruis. Ons kon lekker gesels oor ons ondervindinge, en uit die gesprekke was dit duidelik dat hulle gereeld en met aandag ons webblad besoek en op hoogte is van waar ons was, wat ons gedoen het en plekke waar ons gekamp het. Hugo maak 'n baie lekker braaihoender speserymengsel, en ons sal dit verseker in die toekoms uitprobeer.

Ons besoek ook die Afrikaanse Taalmonument bo-op Paarl Berg. Die wind waai sterk en die Du Toitskloof Berge is toe van die wolke en mis, sodat ons nie juis mooi fotos van die pragtige berge kon neem nie.


         Hugo, Laura en Elsie                                Paarl Berg                                            Afrikaanse Taal Monument           Wingerd en Berg naby Stellenbosch

Afrikaanse Taal Monument 

Dag 360
22/02/2010

Die vorige paar dae het ons die kampterrein mooi bekyk en 'n kampplek uitgesoek wat heeldag in 'n meerdere of mindere mate skaduwee het. Toe ons terugkom van die Paarl, het 'n paartjie met 'n klein tentjie "ons" plek ingeneem. Ons gesels met hul, en verneem dat hulle die volgende oggend vroeg sou vertrek. Die "vroeg" word toe 09:30. Johann dra al ons kampgoed oor na die nuwe kampplek, en toe die paartjie vertrek, ry ons die motorwoonwa oor en parkeer dit in die skaduwee kol. Ons doen 'n toets om te kyk hoe lank dit neem om die kamp volledig op te slaan, en binne 60 minute was alles klaar en reg.

Dis weer bloedig warm en ons is bly ons kon 'n beter staanplek kry


                                                                              Nuwe afdak en tent

Die middag ry ons na
Somerset-Wes, Die Strand en Gordonsbaai. Daar waai 'n stormsterk Suid-Ooste wind en ons hoor oor die radio dat dit later nog sterker gaan waai. Ons besluit net daar om nie meer in Gordonsbaai te gaan kamp nie. Toe ons by die Gordonsbaai kampplek verbyry, sien ons dat daar in elk geval geen ander mense daar kamp nie. Ons sal dit dus maar blaai.

Ons stop in die hawe-gebied van Gordonsbaai, en moet R2.30 toegangsgeld betaal. Nou waarom so 'n odd bedraggie? Johann probeer fotos neem maar die wind waai hom byna in die see in. Oor die Hottentots Holland berge rol die wolke soos die Suid-Ooster dit aanjaag. Dit maak 'n baie mooi agtergrond prentjie


      Bikini Strand Gordonsbaai                     Hawe-muur en strand                                                                             Seiljag-hawe

                        Wind                                                  Wind                                                       Wind                                                         Wind

Dit is steed baie warm op pad terug Stellenbosch toe en ons was pootuit toe ons by die motorwoonwa kom

Dag 361
23/02/2010

Dit is 'n bewolkte dag, en die voginhoud is baie hoog. Ons stap bietjie deur Stellenbosch se strate, en kry daarna inligting oor Stellenbosch by die "i". Hulle het net 'n gratis pamflet van die wynroetes en 'n R5-00 pamflet van 'n staptoer deur die strate van Stellenbosch. Verder niks. Ons ry toe maar 'n deel van die wynroete naby die karavaanpark, en besoek Ernie Els wyne teen die hange van die Helderberg. Die wynproe kos R30 per persoon, maar jy kry dit weer af as jy wyn koop. Die rooiwyn is egter baie duur - van R+- 500 per bottel ondertoe. Ons besluit om maar net rond te kyk en nie van die duur wyne te proe of te koop nie. Ons sal maar later van die meer bekostigbare kelders besoek.

Die uitsig van die Engelbrecht/Els kelder is baie mooi. Ongelukkig is dit bewolk oor Tafelberg sodat dit nie mooi duidelik te sien is nie


        Stellenbosch Stadsaal                                         Burger Huis                                         Kruithuis

             Ernie Els Wyne                           Ingang na Ernie Els Wyne                                                         Uitsig vanaf Ernie Els Wyne

Dag 362
24/02/2010

San-Marie ontmoet ons by die Stellenbosch Square winkelkompleks naby die karavaanpark. Ons los ons Fordjie in die ondergrondse parkeergarage, en ry verder saam met haar na Val de Vie, 'n baie mooi Polo Estate naby die Paarl en langs die Bergrivier. Ons kyk na al die mooi huise wat reeds in die kompleks gebou is, en besoek ook haar erf waarop sy later 'n woonhuis wil bou. Van haar erf kyk mens uit op die Paarlberg aan die een kant en die ho berge tussen Stellenbosch en Franschhoek aan die ander kant. Die uitsig is regtig baie mooi. Die ontwikkeling is baie ver gevorder, en daar is reeds pragtige en groot woonhuise opgerig. Ons besoek ook die Sportkompleks waar daar 'n binnenshuise swembad is waar Ryk Neethling swemlesse gee.


       Val de Vie Sportkompleks                                                            San-Marie se uitsig                                                                Polo Klubhuis

                      Stalle                                             Polo Veld                                         Perde word ge-oefen

Ons eet by die Polo Klub se Sabrage Restaurant. Die klubhuis kyk uit oor die lowergroen grasveld waarop polo gespeel word. Aan die een kant is die perde stalle, en anderkant is die Hottentots Holland Berge. Daarna besoek ons die Val de Vie wynkelder vir 'n wynproe, en proe van die landgoed se wyne in die proe-kamer. Ons hou van die smaak en koop 'n bottel wit- en 'n bottel rooiwyn. Die pryse is heel bekostigbaar.


                            Ete                                                                              Wynproe by Val de Vie Wynkelder

Ons ry daarna na Franschhoek om die dorp te besigtig. Langs die hoofstraat is daar winkeltjies, eetplekke, restaurante en koffiewinkels van die een kant tot die ander kant. Daar is baie buitelandse besoekers  wat oral in die strate en in die winkels ens. loop en rondsnuffel. Ons koop sjokolade by die sjokolade "fabriek" en soek 'n paar uit wat ons wil proe. Dit kos sowat R4-00 per klein sjokolade, maar die meisie s ons moet onthou dis Belgiese sjokolade!  By die N G Kerksaal sit 'n Kaapse Ooruil in die boom en loer baie versigtig vir die fotograaf

 

                                                               Hugenote Monument en standbeeld

                                                            N G Kerk                                                                    Kerksaal                                                 Kaapse Ooruil

Op pad terug stop ons by die Tokara Wynkelder bo-op die berg op die Helshoogte pad. Die uitsig daarvandaan is uniek. Ons kyk uit oor die wingerde wat in netjiese en skoon rye aangeplant is. Van die wynkelder sien mens Tafelberg in die verte. Dit is bietjie deinserig omdat dit reeds laat middag is, maar dit is steeds baie mooi. Ons proe ook van die wyne, en besluit om een bottel Cabernet Sauvignon rooiwyn te koop. Die personeel daar is baie vriendelik en behulpsaam. Dit is 'n besonderse mooi plek.


                                               Tokara Wynkelder                                                                                                 Netjiese wingerde by Tokara

           Uitsig tot by Tafelberg

Ons wynroete en besoek aan Val de Vie en Tokara Wynkelders vandag was baie interessant en ons het die mooiste plekke in die proses gesien.

Dag 363
25/02/2010
    

Ons ry na die Somerset Mall in Somerset Wes. Dis 'n baie groot winkelsentrum en hulle het 'n shuttle diens om jou van die een kant van die sentrum na die anderkant te ry. Elsie maak dan ook gebruik van die diens om weer by "ons" ingang te kom. Die mall is baie besig en mense gee lekker geld uit.

Dag 364
26/02/2010
  

San-Marie nooi ons om by die Stellekaya wynkelder waar sy konsultasiewerk doen, te kom inloer. Ons sien hoe hulle die druiwe ontvang, dit van die takkies afstroop, en dan sorteer om al die los takkies wat agtergebly het, uit te haal. Dit is 'n baie mens intensiewe proses en alles is blink netjies skoon. Ons ontmoet ook vir Ntsiki, skynbaar die enigste swart dames wynmaker in die land. Sy het 'n jaar of so gelede die Landbouweekblad se "Wynmaker van die Jaar" trofee gewen met haar Cabernet Sauvignon. Ons proe van die wyne, en koop daarna 'n bottel van die wen-wyn asook 'n ligte "braaivleis" drinkwyn. Ons was beindruk met die wyne, soos ook by Val de Vie en Tokara. Volgens ons smaak was dit almal bo-baas wyne 


          Wynproe by Stellekaya                San-marie en Elsie by Ntsiki                     Mooi hoed van een werker                    Druiwe word sorteer

    Die nuwe wynmaker verduidelik              Sorteertafel                                                                                   Franschhoek vallei

Ons ry toe weer oor Helshoogte, deur
Franschhoek en uit met die Franschhoek-pas. Die uitsig vanaf die pas is prentjie-mooi. Van bo van die pas kan mens die hele Franschhoek-vallei onder jou sien l.  Anderkant af ry ons die Overberg binne. Daar is kilometers van boorde wat al langs die pad in die vallei is. In die vallei is ook die baie groot Theewaterskloof-dam wat vir etlike kilometers opdam. Dis 'n baie vrugbare stuk aarde.

Ons bereik Villiersdorp en gaan soek na "Paula" van 7de Laan se restaurant.  Nadat ons aanwysings gevra het, vind ons die restaurant, maar die bordie op die hek s dis "toe"


 Paula se Restaurant : "Dagbreek"                   Hollandse winkel                          Theewaterskloof dam en berge              Vallei op pad na Grabouw

Van Villiersdorp ry ons oor die brug van die Theewaterskloof-dam, en gaan die pas uit na Grabouw. Die uitsig oor die Villiersdorp vallei is ekstra mooi - net boorde waar jy kyk. Aan die anderkant van die pas het 'n groot vragmotor op 'n draai omgeslaan en l net langs die pad. Die verkeersmense wou nie dat ons fotos neem nie en jaag ons met groot handgebare weg! Wonder hoekom? In Grabouw was nie veel te sien nie, en ons doen aan by die padstalletjies langs die N2.

Verder aan is ons oor Sir Lowry's pas op pad na Die Strand. Van bo van Sir Lowry's pas is 'n baie mooi uitsig oor byna die hele Kaapse Skiereiland. Die Suid-Oos waai ons daar bo byna van ons voete af.


                                                                          Skiereiland van Sir Lowry's pas

Dag 365
27/02/2010

Op hierdie dag presies 1 jaar gelede het ons van die huis weggetrek op ons toer deur die land.

Vandag het ons weer na die Somerset Mall gery om te gaan fliek. Dit was verskriklik besig en daar was bykans geen parkering beskikbaar nie. Ons gaan kyk na Merryl Streep en Alec Baldwin in "It's complicated" Dit was skreeusnaaks en die gehoor het kort-kort kliphard gelag vir die twee se manewales.

By die kamp draai daar sowat 8 Geelbek Woue (Yellow Billed Kites) in die lug en Johann neem 'n paar mooi duidelike vliegfotos. 'n Onbekende een sit op die draag by die kamp


               Geelbek Wou                                    Pale Chanting Goshawk

Ons gaan eet die aand saam met Linda Nolte, ou vriende van Elsie en kuier die aand tog te lekker saam met haar.


           Linda saam met Elsie

VOLGENDE