Brandberg

 29 September 2014

Spitskoppe

Voor ons groet en vertrek, spuit ons eers al die soutmodder van die motor af. Dit l later sommer in sulke dik modderkoeke op Martyn se oprit. Die pad van Swakopmund in die rigting van Usakos is 'n lekker geteerde pad. Van die kus tot by die afdraai na Spitskoppe klim die pad geleidelik aaneen tot 'n hoogte van meer as 1100 meter bo seevlak. By die afrit is daar stalletjies waar klippe en edelgesteentes verkoop word. Die mooi geslypte stene koop hulle "in die dorp" en verkoop dit hier teen 'n redelike groot wins. Ons besluit om dan maar nie te koop nie, en later langs die pad weer te probeer om iets te koop.

Van die afdraai is dit nog sowat 30 kilometer op 'n redelike goeie grondpad. Ons eet met toestemming van die bestuurder in die skadu van die restaurant se afdakke. Hul is maar redelike duur vir enigiets wat jy daar in die restaurant / kafeetjie wil koop.

Ons betaal toe ons toegangsgeld van N$30 per persoon en N$50 per voertuig en gaan die park binne om te kyk of ons die Herero  Chat te siene kan kry. Hy kom glo hier op twee plekke voor, maar ons sien hom net so skrams, maar kon hom op die roep identifiseer.hier

Op pad na Uis, net buite die park, sien ons toe die Herero Chat en kon ons fotos van hom neem. Nog 'n "lifer" wat ons kan byvoeg.

Op pad na Spitskoppe Spitskoppe Spitskoppe

Uis

Van Spitskoppe ry ons op die mees horibale stuk grondpad wat ons al gery het van sowat 90 kilometer tot by Uis. Dis sinkplaat, dis rotse wat net-net bo die grond uitsteek, dis sand slote onder in die droe driffies en die motor en kampwa ontgeld dit behoorlik. Gelukkig kom ons heelhuids anderkant uit.. As jy vinnig ry, sit jy meetal teen die dak vas, en as jy stadig ry, skud die sinkplaat jou dat jou tande klap.

Ons bereik uiteindelik vir Uis, 'n ou myndorpie waar daar vroeer jare tin gemyn is. Die myn is egter al jare lank nie meer aktief nie. Ons gaan groet een van Elsie se ou skoolmaats, Dina, en geniet iets koels by haar. Van Uis in alle rigtings tot die naaste dorp is meer as 100 kilometer grondpaaie. Ons verneem dat as hul "dorp toe" gaan, ry hul na Swakopmund of Walvisbaai. Via Hentiesbaai is dit 200 kilometer waarva 130 kilometer grondpad is.

Brandberg

Van Uis ry ons die laaste 40 kilometer tot by die Brandberg White Lady Lodge en kampeerplek. Die laaste stuk pad van die afdraai tot by die lodge is ook minder goed. Die Lodge self is 'n pragtige plek met twee swembaddens en 'n baie mooi droe tuin. By die kampplekke is daar skaduwee bome, maar die kampeas pas nie oral onder die bome in nie. Ons kry darem 'n redelike staanplek met laat middag skaduwee. Die ablusies is oral verspreid en redelik basies van uitleg. Warm water word net soggens en saans gemaak deur 'n "donkie" op te steek. Daar is geen krag nie, maar ons sonpanele doen hul werk baie doeltreffend. Die water is brakerig, maar lekker om te drink. Die "overlanders" met hulle klein bruin tentjies het natuurlik weer die beste koelteplekke geneem.

30 September 2014

Ons ry al langs die droe Ugab rivier tot by die Olifant drinkgate. Die sand is los en dik, maar osn kom sonder veel moeite daar uit. Oral le groot, vars oliofantspore, maar ons sien nie die Woestyn Olifante nie. Iemand het hul wel die vorige dag daar rond gesien. Ons kry as bonus darem 'n aantal Herero Chats te sien.

Brandberg Kampplek by Brandberg White Lady Kampplek by Brandberg White Lady Op pad na olifant drinkplek
Olifant Drinkplek Brandberg White Lady lodge Pragtige tuine - White Lady lodge
Pragtige tuine - White Lady lodge Pragtige tuine - White Lady lodge
 
Ingang White Lady Lodge  

 In Egipte was daar 10 plae. Die 11e een is hier. VLIEE. Duisende van die goed wat oral inkruip - ore neusgate, mond. Al wat help is slaan dood

30 September 2014 - 19:00

Ons was nog besig met aandete toe Johann diere hoor wat naby ons kampplek pie. Ons het eers gedink dis die beeste. Toe hy opkyk, staan die groot trop Woestyn olifante so 20 tree van ons af. Hulle ruk al die waterpype uit die grond en een groot bul kies koers na ons kampplek. Ons los alles net so en spring in die kar en jaag weg. Elke keer as ons gaam kyk of hulle nog daar is, sien ons die groot bul steeds by ons kampwa. Hy vreet al ons kos op, breek die linkerkantste laaie oop en buig die raam vam die kampwa. Ons ry na die lodge en gaan vra hulp. Hulle stuur een van die personeel en hy en 'n helper jaag die ou bul, steeds by ons kampwa, weg. Hy was so gaaf om te help om die laai tot 'n mate weer reg te buig en die beskadigde deel los te maak van die raam. Die raam is so gebuig dat daar 'n groot opening is waar die woestynstof deur 'n groot opening sal inkom as ons ry.

Ons pak alles weg wat ons kan, en gaan vra by die lodge vir 'n kamer, aangesien die personeellid s dat die olifante weer deur die nag daarlangs moet verbykom. Die fotos is almal geneem uit die motor toe ons al 'n hele ent weg was. Geen flitlig is gebruik nie, en die olifante is nie ontstel nie.

Ons planne is nou deurmekaar gekrap en ons sal direk terug na Windhoek moet ry om te kyk of hul die kampwa tydelik kan herstel.

Die ironie van die saak is dat toeriste van oor die wereld hierheen kom om die skaars Woestyn Olifante te sien. Baie kry hul nie eens te siene nie. Ons ou bul besluit toe maar om homself aan ons te kom voorstel. Ons was besig met my verjaarsdag-ete en waaroor ek die kwaadste is, is dat die olifant my lekker koue vonkelwyn uitgedrink het  Hy het ook die laaie oopgebreek en al my blikkies bier, sodawater en coke opgedrink. Dan nog die vermetelheid om die leeggedrinkte blikkies net daar op die grond neer te gooi vir my om dit op te tel !!!. Gelukkig kon hy nie die bierbottels oopkry nie.

Woestyn Olifant bul kom maak skade aan ons kampwa
Woestyn Olifante - kwaaddoeners Woestyn Olifante - kwaaddoeners Woestyn Olifante - kwaaddoeners

1 Oktober 2014

By die lodge help die personeel ons om die openinge waar die staal gebuig en gebreek is toe te stop met plastiek sodat dit darem sal help om die stof uit te hou. Andersinds sal alles binne die kampwa onder 'n dik stoflaag wees - klere, kos, alles. Ons ry weer die slegte pad vanaf Uis terug Spitskoppe toe. Almal raai ons af om die pad van Uis na Omaruru te ry aangesien dit vol slaggate (in 'n grondpad?) is en nog slegter is . Ons kon na 140 km se pyniging darem weer die teerpad bereik en ry daarvandaan op teer tot in Windhoek.

In Windhoek is ook niemand wat kan help om die wa te herstel nie, so dis maar terug huis toe en beplan van voor af. Die agente van Conqueror in Windhoek doen glo net verkope en nie herstelwerk nei. Ons wa benodig volledige sy-panele en dalk laaie en dit sal spesiaal van die fabriek in Heidelberg (Gauteng) bestel moet word.

Gelukkig kon ons by goeie vriende in Windhoek oorbly want dis nog 1300 km huis toe.

 

 Tuisblad   :  Namibia Reisplan   Vervolg