Home:  Toer 2  
 

Babsfontein, Bronkhorstspruit dam

 

Ons het op 2 Mei 2007 so teen 14:00 vertrek op ons tweede toer ('n kort een) na Mpumulanga. Die beplande stop was by Bronkhorstspruit dam, waar ons oornag het in 'n baie goed toegeruste oord met die naam Kia Manzi, teenaan die Bronkhorstspruit dam

BRONKHORSTSPRUIT (p296).

Agtergrond: Die dorp is vernoem na die waterplant bronkors wat die vroe setlaars in groot getalle in die nabygele spruit gevind het. Die dorp het ontstaan in 1894 toe die Maputo spoorlyn daar verby gebou is. Toe die dorp geproklameer is, is dit Erasmus genoem na die eienaar van die plaas Hondsrivier, C J G Erasmus. In 1935 is die naam weer na Bronkhorstspruit verander.

BESIENSWAARDIGHEDE is die groot Buddhistetempel, die grootste in die Suidelike Halfrond, wat daar naby gebou is.

 Toer dagboek:

03/05/2007:

Die volgende oggend het ons die Nan Hua Buddhiste tempel, in die Cultura Park,  net buite  die dorp besoek. Ons het gewonder waarom die reuse tempels (twee)  juis daar gebou is. Volgens die gids by ontvangs, het die munisipaliteit onder die ou bedeling die grond aan die Taiwanese geskenk met die doel dat hul daar besighede sou vestig en inkomste vir die dorp sou genereer. Die tempels is toe gebou, maar na die "demokratiese regering" aan die bewind gekom het, was die regering meer bevriend met China i.p.v Taiwan. Die Taiwanese het toe besluit om liefs nie daar te vestig nie. Die oortollige grond is toe deur die Budhiste aan die munisipaliteit teruggegee, en erwe word nou deur die munisipaliteit te koop aangebied aan enigeen wat belangstel.

Die tempels is baie indrukwekkend en kleurvol ( sien die fotos wat ons daar geneem het)

 

 Tuisblad      Volgende