Buffelspoort

Johann en Elsie Kritzinger toere - Buffelspoort

28/08/2016

Buffelspoort

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 100 km

28/08/2016

Die ATKV vakansie-oord Buffelspoort is net sowat 100 km van Johannesburg in Noordwes provinsie.

Ons het ons Conqueror Boswa gepak vir 'n twee weke kuier, en vertrek Sondagmiddag na die oord. Gelukkig was daar 'n helper byderhand, en is ons kamp gou en vinnig ingerig. Ons staanplek is langs die rivier waar dit opdam by die bruggie, en saans van so 17:00 se kant tot net so voor 22:00 word ons vermaak deur 'n goed afgerigte paddakoor. Dan skielik is die konsert verby en kan ons rustig in stilte slaap.

Al Elsie se kinders en kleinkinders kuier saam vir die week, maar hulle bly in een van die rondawels en in een van die luukse gastehuise.

Bedags word daar geswem in die buitelug warm swembad , gespring op die wipmatte, en mini-golf gespeel. Saans word daar saam gebraai en gekuier.

Vroeg oggend koffrie Ons staanplek onder die koelteboom Elri hou haar lyf Luiperd in die boom
Buffelspoort vermaak Buffelspoort vermaak Buffelspoort vermaak
Buffelspoort vermaak "Padda dammetjie Íns boswa langs "paddadam"
Luukse Magalies huise Nuwe opgegradeerde Rondawels Tenthuise
Rondawels Laagwater bruggie Karavaanpark

Gedurende die week was die kamp maar leeg en net 'n paar ou toppies in die kamp. Teen Vrydagmiddag daag daar 'n groot aantal kampeerders op en pak hulle die A-blok byna vol. Ons is in die B-blok en redelik afgesonder van die res van die kampeerders. Oor die  naweek is daar dosyne kinders op fietse en kan mens verseker wees die groei in die blanke bevolking is vir die huidige nog veilig.

Vrydag vertrek Elsie en die kinders om weer terug te vlieg na London en Kaapstad, en Nanette en Marelize kom kuier vir die naweek.

Ek het baie ou rooi wyne wat ek oor die jare bymekaar gemaak het, en ek het 4 bottels saamgebring. Ons probeer Vrydag-aand 'n Meerlus Rubicon van 1983, Wat 'n wonderlike bewaarde bottel wyn na 33 jaar. Die wyn is nog in prima kondisie en word met groot waardering stadig gedrink.

Saterdag was dit weer die beurt van 'n bottel rooiwyn wat ek in Spanje gekoop het. Ons geniet 'n bottel Torres Gran Sangre de Torro van 1978. Regte Osbloed van die stier wat moes sneuwel in die stiergeveg. Wat 'n smaakvolle bottel wyn wat goed bewaar gebly het na 38 jaar ! Ongelukkig was die Zonnebloem Pinotage van 1990 nie meer van die beste nie.

Gran Sangre de Torro 1978

Terug by die huis word die Boswa van bo tot onder skoongeskrop en weer onderdak parkeer


Verblyf :     ATKV Buffelspoort oord      Tel: 011-9199092      e-pos:  buffelspoort@atkv.org.za   Web: www buffelspoort.co.za
Wi Fi :        Beskikbaar vir 20 minute op 'n keer, dan wprd jy afgesny, en later weer aangeskakel
Kaarte :      Aanvaar alle kaarte
Brandstof  :  Naaste brandstof - Caltex net buite die oord
Wenk:         Winkel met groot verskeidenheid so 3 km van oord
 

 

Tuisblad