caprivi vleilande

 

28/08/2015

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand: 310 kilometers

Ons nuwe toer vriende raai ons af om na die Linyati en Wupara bewaringsgebied te gaan aangesien die vleilande kurkdroog is en net 'n klein stroompie water in die rivier is. Hulle is ook voelkykers en het geen voels daar gesien nie. Gedurende die afgelope maand is daar 'n buitelander aangerand by een van die gemeenskapskampe.

Hulle beveel aan dat ons na Nunda Lodge langs die Okavango Rivier gaan aangesien hulle hier baie voels gesien het.

Ons pak op en vertrek op pad na Divundu, die naaste "dorp" aan Nunda. Ons staanplek is op die oewer van die Okavango rivier, maar van 14:00 in die middag is dit in die bloedige warm son. Ons sal maar die middae in die lodge se sitkamer / kroeg gedeelte deurbring. Teen laaat middag daag daar buitelanders met daktente op, en hulle is baie ongelukkig met die staanplek wat aan hulle toegeken is. Hulle kan nie die rivier sien nie. Hulle vra by ontvang of hulle nie met iemand kan ruil nie. Ontvangs weet van ons wat weer koelte en gras soek, en vra of ons bereid sal wees om te ruil. WHAT A PLEASURE. Nou staan ons op staanple # 6 met die hele middag skaduwee en die hele staanplek is grasgroen kukoeju gras.  Hulle is ook nie bewus van die feit dat die seeloeie skynbaar gedurende die nag uit die rivier klim nie !

Die kampering en Lodge is 5-ster teen wat ons sover op die toer beleef het

Langs die roete ry ons vir 200 kilometer deur die Bwapwata Natuurreservaat. Ons sien wragtig net 3 bromvoels - geen ander diere of voels langs hierdie roete nie.

29/08/2015

Ons het 'n bootrit bespreek vir 07:00 die oggend. Ons gids se naam is "Professor" Bassi. Hy is 'n voelkenner, en het baie interressante vertellings oor die voels en hul gewoontes.

Ons gaan eers so 3 kilometer stroom-op tot by die Poppa Valle ( Dis meer stroomversnellings as valle). Ons klim uit op twee van die eilande en hy wys vir ons die Rock Pratincole, 'n nuwe voël vir ons Lifelist.

Dan gaan ons vir 8 kilometer verby die Lodge stroom-af tot by 'n groot sand eiland in die middel van die rivier, Langs die roete wys hy vir ons die Swartkop Nagreier, sowel as die Witrug Nagreier. Die Witrug is ook vir ons 'n Lifer. Sommer twee lifers op een oggend.

Op die eiland sien ons die Water Ploeer (African Skimmer), en in hul nes in die sand lê twee piepklein kuikens van seker 'n dag oud, en nog twee eiers wat nog moet uitbroei. Daar is ook Common Pratincoles op die eiland, maar ons het hul al by Nata gesien.

   
Popa Falls se "Brulsand"    

Die sand op die eilande by Popa Falls is spierwit, maar dan lyk dit of daar bruin suiker korrels daarop gestrooi is. As jy darop loop, maak dit die geluid soos tekkies op 'n gladde teel vloer. Die gids noem dit "Sqeekie sand".

Elsie en " Professor" Popa Falls Rock Pratincole
White Backed Night Heron African Skimmer African Skimmer kuikens in nes

30/08/2015

Ons gaan ry vanoggend die Buffalo gedeelte van die Bwapwata Nasionale Park. Die park is langs die noordelike oewer van die Kavango Rivier. Toegangsgeld is $30 per persoon en $10 vir die voertuig.

Sommer met die inry sien ons die ruines van die ou Bataljon 32 wat tydens die grensoorlog as basis gebruik is. Alles is nou vervalle en verlate. Hulle was genoem  Buffalo Battalion of in Portugeus Os Terríveis vir The Terrible Ones. Die Battaljon is in 1993 ontbind

'n Trop olifante stap voor ons oor die pad op pad water toe.Op die vloedvlakte sien on honderde buffels wat in die water en op die eiland wei. Daar is ook baie Koedoes en baie watervoels. Ons sien in die verte op die eiland 'n broeipaar van die bedreigde en skaars Wattled Cranes (Lel Kraanvoels) Ons soek ook al baie lank vir hulle, en het hul amper langs die Drakensberg te siene gekry. Ons sou weer Desember daarlangs ry om die ontwykende voels te sien. Nou is hulle ge-tick.

Wagtoring by 32 bataljon Waghuis by 32 Bataljon Ingangshek ?? Breytenbach
Wattled Crane - Lel kraanvoel Swart Witpens Hordes Nonnetjies-eende

Die beste skadu staanplekke by Nunda Lodge is no 9 en dan no 1

Wi Fi :       Wi-fi by Nunda Lodge teen reelike spoed.
Kaarte :     Aanvaar kredietkaarte by die Lodge.  Aanvaar nie kredietkaarte vir brandstof in die dorp Divundu nie
Brandstof Prys : N$11.22    (Ou soort diesel)
Verblyf :     Nunda River Lodge.   Tel 0264 66 259 093  www. nundaonline.com          

 

Tuisblad              Botswana toerskedule       Volgende