Chobe

   
Johann en Elsie Kritzinger toere - toer deur Botswana en Namibia

09/07/2019

Chobe Nasionale park
Klik op kaart en fotos Totale afstand : nvt      

Wildrit

Ons moet om 04:30 opstaan om dorp toe te ry. Ons ontmoet ons toergids om 05:30 by die "kantoor" van Kalrose Tours. Ons laai nog 4 Amerikaanse toeriste op by die Mawane Safari Resort en Spa. (Hul vra US$530 per dag per kamer om hier te bly)

Ons toer begin amptelik om 06:00, maar met die oponthoud van parkfooi betaal ens, sit ons gids uit sy eie 30 minute by die 3 uur lange beplande toer.

Dis ongelooflik droog, en ons sien maar min diere. Ons kry darem later 'n versameling toerwaentjies bymekaaar, en by hul le daar 3 leeus so 100 meter vanaf die pad. Dis behoorlik 'n vertrapping soos hul probeer om voor die ander in te wikkel om vir hul gaste 'n beter uitsig op die leeus te gee. Die paaie is baie sanderig en sag en plek-plek moet die gids maar na baie lae ratte verwissel.

Die Amerikaners wil net Zebras en Kameelperde sien! Ongelukkig kon ons nie vir hul Zebras wys nie, maar byna by die uitgang kry ons toe darem twee kameelperde. Die een ou het iets aan die verkeerde kant van die boom / bos ge-eet en die ou raak behoorlik naar en kots die wereld vol.

'n teleurstellende uitstappie, was dit nie vir die leeus nie.

Sunset Cruise

Die bussie van Kalrose Tours tel ons en 5 ander gaste op by Senyati, en ons bootrit begin om 15:00. Ons was seker so 16 toeriste op die boot. Kleiner bote is verkieslik gee jou meer geleentheid om diere en voels te sien.

Ons gids, BT, is baie skerp met voels, en hy kon vir ons groepie heelwat voels uitwys en alles oor hul gewoontes vertel. 'n Baie goed ingeligte man.

Daar was honderde toeriste op die water. Ons kon nie raai hoeveel bote daar was nie, maar dit het soms gevoel soos om op die Gran Canal in Venisie te vaar.

Ons uitstappie eindig met 'n pragtige sonsondergang op die Chobe. Ons sit voet aan wal, en ontmoet weer ons Bussie se bestuurder om ons terug te neem na Senyati.

     
Trafic jam by leeus  3 Leeus  Kameelperd het iets verkeerd ge-eet 
     
Chobe rivier is droog  Bote by olifante  Sononder op Chobe 
     
Olifante swem deur rivier  Visarend  Lel Kiewiet 
     
Vlag op eiland onder dispuut     

Tuisblad           Volgende