Citrusdal

 

 

26 Augustus 2013

Na meer as 'n week in die blomme wereld, groet ons ons gasheer en gasvrou in Clanwilliam. Ons het baie lekker gekuier by Patrick en Valerie van Vrede Gasteplaas. Ons beveel hierdie gasteplaas met vrymoedigheid aan. Hul gasvryheid het ons sommer laat tuis voel en het ons soos ou vriende gekuier.

Daarna gaan soek ons die Protea Seedeater (Witvlerk Kanarie) op 'n grondpaadjie buite Clanwilliam en ons was opgewonde om hom wel te siene te kry. Toe ons die punt bereik waar die boek Southern African Birdfinder sê dit behoort te wees, sien ons hom sommer hier langs ons in die gras langs die pad. 'n Besoeker van Johannesburg stop ook daar by ons en ons kon hom ook die voëltjie wys. Hy ry toe al vir byna twee ure op en af met die apd op soek na die voëltjie.

Dan weer terug na Clanwilliam aangesien ons eers teen 15:00 by Piekenierskloof kan inboek.Ons gaan koop leerskoene by Tolla se Sentrum (Wupperthal skoene ) en Strasssberger se fabriek. Ons eet voor die Blommesaal op die grasperk waar die APK Kerk 'n kosstalletjie het.

Dan ry ons suidwaarts op die N7 in die rigting van Kaapstad tot bo op die Piekenierskloof pas. Daar is ons bespreek vir die week tot Vrydag by die Piekenierskloof Lodge. Dis baie netjies en gerieflik en ons maak ons gou tuis. Dis bitterlik koud en ons is bly dat ons die koue weer kry nadat ons weg is in die blommewereld.

 

Uitsig van Piekenierskloof                        Ons chalet by Piekenierskloof                Berge by Marcuskraal

27 Augustus 2013

Dis YSIG koud vandag - die son het moed opgegee om agter die digte wolkmassa uit te kom. Ons gaan ry aanvanklik 10km op die Paleisheuwel pad om vir voëlltjies te soek, en die goeie grondpad neem ons later oor die hoë berge, deur pragtige klowe verby Diepkloof en Marcuskraal en eindig 65 km later weer by die Piekenierskloof lodge.

Ons spandeer die tyd meestal binnenshuis met die groot verwarmer op full blast aan. Brrrrrrrrrrr

28 Augustus 2013

Dit is ‘n koue renerige dag. Ons besoek “The Barths”, die warmbron  naby Citrusdal en Elsie en San-Marie swem in die opelug swembad.

The Baths - Citrusdal

Nadat ons deur die dorp Citrusdal gery het, gaan eet ons pannekoek en drink tee by Kardoesie, 'n restaurant bo-op die berg naby ons tyddeel kompleks. Die sonskyn vooruitsigte vir die res van die week lyk maar sleg..

29 Augustus 2013

Vannaand is die opening van die Blommeskou,in Clanwilliam en ons hoor  by die Inligtingskantoor dat ons al gedurende die dag kan kom  inloer. Dit reen….en ,reen…. en reen tot volgende week. Dis ook bibberend koud. In Clanwilliam is selfs van die bome toegedraai in ‘n wolkombersie omdat hul so koud kry!. (sien foto). Gelukkig was die weer tydens ons blomme kyk dae meestal baie mooi. Arme toeriste wat nou daar is sal niks sien nie, en hul sal maar meer in die bed in plaas van die voertuie moet deurbring.

Ons ry weer van Citrusdal terug na Clanwilliam. Ons besoek die ou Kerk waar die blomskou aangebied word en teen 'n geringe fooi word ons toegelaat om in te gaan. Die mense is steeds besig om die finale afrondings te doen en dit is 'n bedrywigheid van 'n ander wereld. Ons moet maar koes en keer as hul wil verbykom om te werk. Die blommeskou in die ou kerk is egter 'n skouspel van kleure en beslis die moeite werd om te gaan bekyk. Die baie toerbusse veroorsaak ietwat van ‘n bietjie verkeersopeenhoping in die dorp en die baie mense ietwat van ‘n vertrapping.

     

Clanwilliam Blommeskou

        

          Blom-kerk                            Bome kry ook koud !

           Sneeu op berge                           Uitsig Vanaf Piekenierskloof

Verblyf:

 

Vervolg             Tuisblad