Home:  Toer 1  
 

Clarens, Fouriesburg

CLARENS (p360)

Agtergrond: Die dorp is in 1912 in die voorheuwels van die Rooiberge uitgelÍ, en vernoem na die Switserse dorpie waar President Kruger in ballingskap gesterf het. Paul Kruger het in 1866 sy kommando gelei ter ondersteuning van die Vrystaters in hul oorlog teen die Basoeto's. Die dorpie het die afgelope aantal jare verander in 'n dorpie wat spesialiseer in naweek vakansies en baie kunstenaars het daar 'n heenkome gevind.

Toer dagboek:

27/01/2007: Vandag het ons twee Clarens vir die dag besoek. Ons het oorgery vanaf Golden Gate wat sowat 20 km vanaf Clarens is. Ons het 'n lekker ontbyt ge-eet by die Post House wat vroeŽr die ou poskantoor was. Elsie het Johann sovÍr gekry om saam deur al die winkeltjies met hul kaggelkakkies te stap. Daar is hordes winkeltjies van tapyte tot skilderye tot klip- en half-edelgesteentes tot kaggelkakkies (baie hiervan). Dit was Saterdag en die strate en winkeltjies was baie bedrywig. Ons het gevind dat die pryse van die goetertjies nogal aan die duur kant was. Die kerkie is 'n replika van die kerk in Clarens, Switserland.

Ons is die aand weer terug na Golden Gate waar 'n lekker reŽnstorm by ons terugkoms alles vol modder en nat gemaak het.

 

--------------------------------------------------------------------------

FOURIESBURG (p361)

Agtergrond: is in 1892 op die plaas Groenfontein van Christoffel Fourie gestig. Die dorp is sowat 10 km vanaf die Lesotho grens.

Besienswaardighede is Oorgeekoppie waar die boere oorgegee het, die huis van Pres M T Steyn, die Fouriesburg-hotel is gebou op die oorspronklike Fourie plaas, en die Meiringskloof natuurreservaat

Toer dagboek:

28 Januarie 2007: Ons vertrek vanaf Golden Gate via Clarens na Fouriesburg. Fouriesburg is 'n baie ou dorp wat op die oog af baie verwaarloos lyk. nadat ons op en af in swak grond/gras-strate, sonder naamborde of met onleesbare naamborde gery het op soek na besienswaardighede, het ons uiteindelik 'n klein inligtings-kantoortjie opgespoor wat in 'n anex van die hotel is. Mavis, die dame wat die kantoor beman, kon ons uiteindelik inlig oor die dorp en sy besienswaardighede.

Die huis waarin Pres M T Steyn gebly het, 'n ou sandsteenhuis, is heeltemal verwaarloos. Baie van die dorp se huise is van sandsteen gebou, en ook maar verwaarloos.

Die ou N G Kerk wat gebou is op die terrein waar Pres Paul kruger uitgekamp het in die oorlog teen die Basoetoes, is baie mooi en netjies. Op die kerkgrond is 'n ou blokhuis, een van twee in die land. (Sien fotos). Ons het eers oral rondgevra waar die blokhuis of fort is. Sommige antwoorde was 'Ons weet nie", of een selfs "Oxford is in England" !

Hierna is ons na Wyndford, 'n vakansie-oord aan die oewer van die Caledon rivier by die Caledon-poort grenspos. Die eienaars, Roy en Lynne,  is familie van Reuben en ons het tee saam met hul en hul gaste geniet. Dit is 'n baie mooi ou familie-plaas met interessante rotsformasies, soos die akkedis, skilpad en padda (sien fotos)

 

Tuisblad          Volgende