Cradock

 

Van Port Elizabeth neem ons die N2 en later N10 en ry via Patterson en oor die Olifantskop Pas na Cradock. Net anderkant die pas stop ons by die Daggaboer padstal waar ons van hul specials bestel: 'n Roosterkoek met konfyt en biltong, en 'n bottel gemmerbier. Op die menu is 'n inskrywing dat die dagga ongelukkig uitverkoop is. Buite is 'n opelug toilet vir die manne met allerhande kwinkslae op die kante aangebring.

   

            Daggaboer padstal

Vroeg die volgende oggend ry ons na die Bergkwagga Park so 10km buite Cradock. Ons sien 'n paar van die Bergkwaggas, 'n paar Rooihartbeeste en twee maer koedoes. Verder nie juis wild van enigte aard nie. In die park sien ons darem 'n aantal voŽls om ons toerlys mee aan te vul.

 

             Bergkwagga                                     Rotspoel swembad

Die middag ry ons deur die dorp en besoek Markstraat waar die ou huisies pragtig gerestouteer is. 31 van hulle is deel van die Hotel en word aan besoekers verhuur. Die meubels is baie mooi gerestoureerde oudhede en skep 'n besonderse atmosfeer. Een van die skoonmakers was so gaaf om ons toe te laat om binne te gaan en die kamers ens. te besigtig. Dit is iets besonders.

   

 

                                                                                                 Markstraat se huisies

                                                                               Ou meubels binne Markstraat huisies

Vervolg                Tuisblad