Home:  Toer 6  
 

 ODdballS

Agtergrond:

(Onder Konstruksie)

Toer dagboek

Ons vliegtuigies

Delta uit die lug

Die ODdballS kamp

"Info", "Doctor" en "ODdballS"                               Info                                                              Info                                    ODdballS met "sy" pamflet

Mokorro ritte                                                                                                                                                                                            Lugdraad

Son-op en visarend teen son-onder by die Boro Rivier in Delta

                      Die "wond"                                      Lewe gered

                               Reuse Ooruile met pink Eyeshadow                                                                                  Waterlelies op die Delta

                                           Die olifant storm                                                              Olifant binne die tente kamp     

24/09/2008

Teen 07:30 was die motorwoonwa gepak en neem ons dit na die ontvangs-area by Island Safari lodge. Ons sou dit daar laat vir die duur van ons uitstappie na die Delta. Ons koppel die krag, en die gastebussie van die Island Safari Lodge gaan laai ons by die Maun lughawe af. Ons moes bietjie wag vir twee Belge wat sou saamvlieg. Toe hul opdaag, neem ons ons bagasie na die vliegtuig. Johann kom nie deur die X-straal scanner, nie, en hul laat hom deur toe hy nog net 'n broek en hemp aan het. Die ding was wragtag stukkend?

Ons vlieg met die hoofvlieenier van Dela Airlines in 'n OU vliegtuig wat ontsettend baie raas. Mens kon nie mekaar hoor praat nie. Na 'n vlug van 20 minute land ons op die landingstrook by ODdballS waar 'n hele afvaardiging ons inwag en verwelkom. Een van die gidse se foto verskyn op die advertensiebrosjure van ODdballS, en ons neem 'n foto van hom. Sy bynaam is dan ook ODdballS.

Ons kry tent no 4, wat in die son is en wat nie 'n riete-dakkie bo-oor het nie. Ons eet heerlike ontbyt teen 10:30 en spandeer die res van die dag tot 16:00 in die "sitkamer" gedeelte waar dit effe koeler is. Elsie lÍ uitgepass op die stoele. Ons bekyk die tente en reel met MD (die kamp se kroegman/medebestuurder) dat ons die volgende oggend sou oortrek na no 2 wat lekker agter 'n skaduboom versteek is.

Middagete is teen 14:30 en dit was lekker macaroni en kaas en 'n koue kool en noodle slaai. Die kos was baie lekker.

Teen 16:00 vertrek ons, na 'n briefing, met 'n mokorro. Sit stil, geen hande in die water nie, moenie omkyk nie, ens. Ons gids se naam is Information (regte naam Keletso Motowai). Waar ons uit die lug gedink het dat al die groen gras wat ons onder op die grond sien, gras is, blyk dit toe dat dit alles water is met riete wat so groen vertoon. Ons ry deur al die kanale vir so twee uur lank. Na die eerste 15 minute raak dit vervelig want jy sien niks behalwe riete rondom jou nie. Info staan agter op die mokorro, en ons sit op sulke plastiese stoele sonder pote met 'n dun kussinkie. Hy gebruik 'n paal ( Ngashi ) om die boot te stuur en aan te dryf. Bo in die Caprivi gebruik hul egter  'n spaan. Hy is baie behendig en stoot net aan die regter kant van die mokorro, maar beweeg die mokorro vorentoe, na regs en na links al in die kanale af. Party mokorros het 'n ":lugdraad" voor op die neus. Dit blyk dat dit is om die spinnerakke en doudrupples op die riete te keer sodat die insittendes nie nat word of spinnerakke in die gesig kry nie.

So teen 18:00 was ons terug, neem 'n lekker stortbad en maak reg vir aandete wat om 19:00 bedien word. Ten spyte van die vorms wat ons moes invul vir alleregies en kos voorkeure ens, waarop ons aangedui het dat Johann allergies is vir knoffel, bevat AL die kos knoffel. Een van die Delta redery se vlieeniers sit langs ons en eet, en hoor die petalje. Hy gaan reel toe met die kombuis om vir Johann ander kos te maak. As bonus kry hy darem toe die aand twee keer poeding.

Die aand kom 'n olifantbul die kamp binne en maak die besoekers goed skrik. Hy breek takke en skuur teen die tente se platvorms, maar was egter baie rustig, en laat toe 'n helse groot hoop mis so hoog soos 'n miershoop reg by ons tent agter. Dit het die hele nag gestink.

Teen 21:00 slaap ons op die matrasse wat op die grond lÍ. Dis bietjie moeilik vir "ou mense" om weer op die been te kom as jy eers gelÍ het.!

25/09/2008

Teen 06:30 bedien hul 'n vinnige ontbyt bestaande uit muffins en koffie/tee, en teen 07:00 is ons weer in die mokorro. Ons mede-toeriste is 'n jong egpaar van Holland en hulle albei is mediese dokters. Hul het hul eie gids Thaba, en hul eie mokorro. Ons en hulle gaan soek die Pels visuil. Ons besoek vier eilande, maar kry geen teken van die uil nie. Op een van die eilande kom ons af op 'n alleenlopende olifant-bul. Die kolos was nie baie be-indruk met ons teenwoordigheid nie, en storm op ons af. Thaba skreeu net "staan stil", en die olifant steek vas. Die Hollandse meisie se moed begewe haar en sy beweeg agter haar man in, en Elsie soek skuiling agter 'n miershoop. Die ou grootpoot storm weer op ons af, en steek so 20 meter van ons vas. Weer storm hy tot hy so 10 meter van ons af was. Ons was toe so stil soos standbeelde, en die ou besef hier is niks vir hom te doen nie, en hy ritereer toe al skreeuende en blasende weg van ons.

Ons was so teen 10:00 terug by die kamp vir 'n groot ontbyt en almal was ge-interesseerd en beindruk met ons ervaring. Ons trek toe na ete oor na tent no 2 wat toe lekker in die koelte is, en lÍ rond tot middag ete. Dit is heeltemal te warm om iets anders te doen. Teen 16:00 vat ons die pad en stap op ODdballS eiland rond op soek na die visuil. Ons sien nie die visuil nie, maar darem drie Reuse Ooruile. Ons kon hul van redelik naby afneem. As hul hulle oŽ knip, lyk dit kompleet of hul Pink Eyeshadow aan het. Dit was later bietjie te warm en ons keer terug kamp toe vir 'n koue bier en om te stort en ontspan.

Die aand eet ons Spagetti Bolognaise - die keer sonder knoffel. Ons sit en gesels met twee meisies van Pretoria, Marisca en Beatrice (Bokkie), wat ons daar ontmoet het. Hulle is ook ywerige toerders en voŽlkykers. Ons was moeg en het maar later maar inkruip.

26/09/2008

Elsie droom die nag van leeus wat ons jaag, en besluit om nie weer die oggend saam met die mokorro uit te gaan nie. Sy voel ook effe verkouerig. Johann en Info gaan soek vir oulaas die Visuil. Nie ver van die basiskamp nie, ry hul ewe rustig met die mokorro in die waterkanaal af. Die volgende oomblik spring 'n krokodil van so 2 meter (die gids sÍ dit was 4 meter!)uit die water, bo-op die mokorro, en reg op Johann af. Johann koes weg, en die krokkodil se snoet tref hom teen die regter wang, en van die tande of skubbe sny 'n kneusplek op sy maag oop. Info skrik hom boeglam (Johann natuurlik ook) en hy druk vinnig en met soveel krag, die Ngashi in die krokodil se bek in dat die vurk aan die voorpunt van die stok split. Hy skreeu kliphard "hau". Die krokodil val met 'n helse splash terug in die water, spat ons sopnat, en verdwyn in die diep water. Dit was alles oor binne 'n sekonde of twee. Toe moes jy die 6 mokorro gidse hoor praat. Hul was kort op ons hakke, maar kon net hoor wat aangaan en kon dit nie sien nie. Dit het geklink soos spreeus. Almal wou net weet wat het gebeur en wou Johann se "wond" sien. Hul was almal vrek bang en besluit toe om  in 'n groep in 'n ander rigting te ry. Ons val ook in by die geselskap. Die arme Duitsers in die ander Mokorros het geen idee gehad wat aangaan nie, en het heeltemal verskrik die opgewonde en harde gekekkel aangehoor.

Op pad terug het Infom daardie plek vermy, en ons verneem later dat die ander mokorros ook 'n wye draai om die plek gery het. Later hoor ons dat die twee meisies van Pretoria se mokorro ook "aangeval" is, en dat moontlik dieselfde krokodil hul mokorro probeer omstamp het. By die ontbyt tafel was dit 'n vertellery van 'n ander wereld soos Johann sy storie moes vertel, en Info sy wedervaring met die ander gidse gedeel het. Heelwat stertjies het intussen bygekom - so ook die grootte van die krokodil

Ons was geboek vir die vlug wat om 10:35 na Maun sou vertrek, en nadat ons ontbyt ge-eet het, en die storie weer 'n paar maal moes vertel, is ons daar weg met 'n kleiner en nuwer vliegtuig. Die lodge se gastebussie tel ons by die lughawe op en ons kry ons motorwoonwa ongeskonde by ontvangs. Ons kon weer onder dieselfde koelteboom parkeer waar ons die vorige paar dae gekamp het. Dit was nogtans in die koelte steeds 37į.

VOLGENDE