Dikhololo

 

19 Junie 2015

Dikhololo is sowat100 km vanaf Johannesburg, en 34 km Noord-Wes van Brits in die Noordwes Provinsie. Alhoewel dit net 100 km van Johannesburg is, neem dit ongeveer 2 ure om tot daar te ry as gevolg van al die verkeer en groot vragmotors op die smal pad.

Dikhololo beteken glo "Die plek waar die Klipspringers slaap"

Ons is ingeboek in die Zebra kamp. Die huisies is so in 'n blok van 4 in 'n eenheid gebou. Ons kry no 43 wat lekker aan die sonkant is. Ons ander huisie is no 41, in dieselfde "blok", maar aan die skadu kant. In die winter is daar nooit son by hierdie huisie nie, en is dit bitter koud. As jy hier bespreek in die wintermaande, maak seker jy kry 'n sonkant huisie. In die Somer sal die "skadukant" huisies weer lekker koel wees.

Jacomine spandeer die naweek saam met ons, en van Sondg af kom John en Linda Reynecke hier saam kuier.

Ons reel met die oord se ontvangs dat ons no 41 (die koue huisie) kan ruil met no 38, aan die sonkant langs ons huisie. Die besoekers trek Sondag uit, en ons ruil dan die koue huisie vir die warmer huisie. Johan en Linda sal nou in 'n lekker warm huisie kan intrek.

20 Junie 2015

Vroeg oggend gaan ons op 'n rit deur die bos, maar dis maar droog en eers later kom ons af op die doringbome in die Noordelike hoek van die plaas. Hier was heelwat voeltjies, maar niks buitengewoons nie.

Die res van die dag loop ons deur die oord om te kyk wat alles hier is, en sit lekker in die son en gesels.

So tussen deur kom kuier 'n groep Koedoes, Elande en Zebra by ons en van die gaste voer hulle. Geen wonder dat hulle so mak is nie. Hul wil sommer in die huisies instap om kos te soek.

Die dae is lekker warm (20°) maar die nag temperatuur daal tot naby vriespunt

21 Junie 2015

Na nog 'n koue nag, is dit weer 'n heerlike warm oggend. Ons eet 'n heerlike vonkelwyn ontbyt om Vadersdag hier in die bos te vier.

Jacomine en Elsie voor ons chalet Koedoe Koei kom kuier Eland Bul kom kuier

22 Junie 2015

Johan en Linda Reynecke sluit by ons aan en gaan die week by ons kuier. Bedags ry ons rond op die wildsplaas en kyk na al die diere en soek voels. Dit is maar droog en hulle voer die diere op twee plekke.  As jy daar stop, sien jy van al die spesies wat op die plaas is. Die diere is baie mak en steur hulle nie aan die motors of die mense wat daar rondloop nie.

Saans sit ons by die vuur, braai vleis en gesels. Na ete maak ons 'n lekker groot "geselsvuur" en kuier tot laat aand met 'n glasie in die hand om die koue te verdryf.

Hieronder is 'n aantal van die voels wat ons tydens ons besoek gesien het.

Elsie, Johan Reynecke en Linda Reynecke Coqui Francolin - Sweempie Coqui Francolin
Red Billed Oxpecker- Rooibek Renostervoel Crimson-Breasted Shrike Chinspot Batis - Witliesbosbontrokkie
Mocking Cliff-Chat - Dassievoel Maan, Venus en Jupiter Fork-tailed Drongo -Mikstertbyvanger
 
Brubru -Bontroklaksman Blue Waxbill - Blousysie  

Tuisblad