Dikhololo

Johann en Elsie Kritzinger toere - Dikhololo

23/06/2017

Dikhololo

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 103 km

Dikhololo is sowat100 km vanaf Johannesburg, en 34 km Noord-Wes van Brits in die Noordwes Provinsie. Alhoewel dit net 100 km van Johannesburg is, neem dit ongeveer 2 ure om tot daar te ry as gevolg van al die verkeer en groot vragmotors op die smal pad.

Dikhololo beteken glo "Die plek waar die Klipspringers slaap"

Ons is ingeboek in die Impala kamp. Die huisies is so in 'n blok van 4 in 'n eenheid gebou. Ons kry no 18 wat lekker aan die sonkant is. Die mure tussen die huisies is baie dun, en jy kan alles hoor wat in die eenheid langsaan gebeur.

Die toegangspad vanaf die R511 is soms nie in 'n goeie toestand nie en jy moet maar versigtig ry Daar is 'n toegangspad wat uit Brits met  Van Deventer straat uit die dorp gaan. Ek sou aanbeveel om hierdie pad met  'n GPS te ry tensy jy die pad ken.

Volgende keer sal ek nie weer in ZEBRA, ELAND, IMPALA of NYALA boek nie, want die eenhede is 4-4 in 'n blok gegroepeer met die gepaardgaande gebrek aan privaatheid as gevolg van die dun mure. Boek liewers in GEMSBOK of LEEU vir kleiner families en CARELSKLIP, RAASBLAAR, PIET-MY-VROU, WILDEVY, BERGKAREE of KUIFKOP vir groter groepe. Hierdie eenhede staan afsonderlik en is baie meer privaat en "in die bos".

Vroeg oggende gaan ons op 'n rit deur die bos, maar dis maar droog en eers later kom ons af op die doringbome in die Noordelike hoek van die plaas. Hier was heelwat voeltjies, maar niks buitengewoons nie.

Die res van die dae loop ons deur die oord om te kyk wat alles hier is, en sit lekker in die son en gesels.

So tussen deur saans kom kuier 'n groep Koedoes, Elande en Zebra by ons huisies en van die gaste voer hulle. Geen wonder dat hulle so mak is nie. Hul wil sommer in die huisies instap om kos te soek.

Na koue nagte, is dit weer heerlike warm in die oggende.

Eland Bul kom kuier Eenheid in IMPALA Swembad by ontvangs
 
Dam met skuiling Dikhololo kaart  

Bedags ry ons rond op die wildsplaas en kyk na al die diere en soek voels. Dit is maar droog en hulle voer die diere op 'n paar plekke.  As jy daar stop, sien jy van al die spesies wat op die plaas is. Die diere is baie mak en steur hulle nie juis aan die motors of die mense wat daar rondloop nie.

Hieronder is 'n aantal van die voels wat ons tydens ons besoek gesien het.

 

 

Tuisblad