Dordabis

7 September 2014

Van Kang neem die A2 ons verder noordwaarts vir ongeveer 220 kilometer voordat ons Weswaarts wegdraai om verby Tsootsha tot by die Grenspos by die Trans-Kalahari Buitepos  te beland. Langs die pad sien ons heelwat roofvoels en kon ons vir die eerste keer verseker die Booted Eagle identifiseer.

By die grenspos staan ons weer lank in die toue om eers die imigrasie ritueel af te handel, en daarna die pad belastings van Namibia van R360-00 te betaal. Ons kry ook hier 'n besoekers visum vir 3 maande. Na so amper 'n uur is ons weer op pad en maak weer binne die Namibia grens die brandstof tenks vol vir die laaste deel van die dag se roete van ongeveer 350 kilometer tot by Dordabis waar ons by ou vriende van Elsie (Gys en  Marilene Joubert) gaan oornag.

Alhoewel daar 'n verbypad is, ry ons deur Gobabis. Dis 'n baie mooi en netjiese skoon dorp. Daar is 'n baie mooi kerkgebou in die middedorp.

Ingang na Gobabis Gobabis Kerkgebou

Van Gobabis is dit nog so 175 kilometer voordat ons net anderkant die Hosea Kutaku Internasionale lughawe suidwaarts afdraai op die netjiese teerpad na Dordabis. Toevallig kom die Jouberts se skoonseun daar verby op pad van die liughawe en kon ons die laaste 60 kilometer al agter hom aanry tot op die plaas Autabib, net buite Dordabis.

8 September 2014

Elsie bly tuis om stories van 25 jaar op te vang. Gys en Johann ry by al die veeposte aan om te kyk of die waters reg is en om beeslek af te laai. Dis 'n groot bees en wildsplaas plaas met 'n apart toegespande wildskamp binne die plaas. Langs die roete wat ons ry om by al die veeposte uit te kom, sien ons heelwat wild en is daar besonder baie voŽls. Een van die mooi spesies wat ons sien en kon afneem, was die Dubbelband Sandpatrysies. Hulle is besonder mooi voŽls.

In die bome op die werf sien ons die Rupelse Papegaai (Rupell's Parrot) wat vir ons 'n "lifer" is en kon ons hom mooi afneem.

9 September 2014

Teen sonop ry ons na een van die veeposte en kon ons heelwat voels langs die roete sien. By die veepos hou ons stil en wag om te sien watter voels kom drink water. Teen 10:00 begin die wind redelik waai en gaan ons maar terug huis toe. Ons sien toe ook vir die eerste keer die Rosy-Faced Lovebird (Rooiwang Parkiet). Hulle is in 'n redelike groot swerm en maak 'n groot lawaai as hul vlieg en in die bome sit.

14 September 2014

Gys neem ons op 'n besigtigings toer / wildrit deur die plaas in sy Uhri 4X4. Ons besoek ook die Lodge en kampplek wat hy sowat 10 km van die opstal af gebou het. Dit is baie goed beplan, le teen die berghang, en kyk ver oor die vlaktes uit. Dit kan 12 mense in vier eenhede huisves met 'n baie gesellige sitkamer en kombuis. Onder op die vlakte is 'n drinkgat en saans kan mens die diere sien as hul kom water drink.

Die middag eet ons ons trommeldik aan 'n beesstert-potjie en kuier rustig die res van die middag

 
Gys, Johann, Elsie en Marilene  Gerd jnr, Jacomi, Gerd en Miemie Autabib opstal Autabib ou opstal
 
Gastehuis Lapa Kerkgeboutjie  

Tuisblad   :  Namibia Reisplan  :   Volgende