Drakensberg

23 Desember 2013

Ons vertrek met drie voertuie na die Drakensberg omgewing. Ons gaan die week van Kersfees by die ATKV Drakensville oord en Alpine Heath deurbring.

By Harrysmith gaan twee voertuie verder met die N3 tot by die R616 om via Bergville tot by die Drakensville - oord te ry. Ons ry met die Tuscan via die R74 en Oliviershoek-pas na Drakensville. Hierdie  pad is in aanbou, maar bouwerk is maande gelede gestaak. Ons hoor uit alle oorde hoe sleg die pad is, maar vind dit heeltemal rybaar, mits mens vir die slaggate uitkyk en dit misry. Uiteindelik is ons lank voor die ander by die oord. Ongeveer 15km van die R74 is 'n grondpad wat glad nie aandag kry nie, maar deur versigtig te ry, kan mens gerieflik daarlangs gaan. Dit is baie korter as die ompad via die R616 en Bergville.

Ons het twee huisies langs mekaar geboek en dit is heeltemal gerieflik. Ongelukkig speel die weer nie altyd saam nie, en is dit maar meestal reenerig en mistig.

Ons huisie by ATKV Drakensville ATKV Drakensville swembad

 24 Desember 2013

Kersvader kom kuier by die oord, en sommige kleintjies was maar baie skrikkerig vir hom. Met bietjie (soms baie) oorreding het hul darem nader kennis gemaak

Die aand het ons 'n heerlike Kersete geniet met kos wat ons van die huis af saambebring het

 

Kers ete Kers ete Skrikkerig vir Kersvader

26 Desember 2013

Na 3 dae by die Drakensville-oord, pak ons op en vertrek na Alpine Heath. Op pad daarheen gaan besoek ons eers die Royal Natal National Park. Ons besoek die Tendele Oord van waar jy 'n baie mooi uitsig oor die Amfi teater het 

Amfi teater Familie voor Amfi teater Amfi teater vanaf Tendele Huisies by Tendele

Ons kon na 14:00 by AlpineHeath inboek en kry 'n baie netjiese en gerieflike dubbelverdieping chalet met die twee eenhede aanmekaar geskakel. Die oord is baie naby aan die berg gelee met 'n pragtige onbelemmerde uitsig oor die Drakensberge.  Ons sou twee aande hier oorbly. Gelukkig het die weer saamgespeel en het dit eers laat die middag begin reen  

Ingang Alpine Heath Ontvangs Alpine Heath Kerkie Alpine Heath
Ons Chalet Alpine Heath Uitsig oor Drakensberg Uitsig oor Drakensberg

Op Pad terug Johannesburg toe, ry ons almal met die R74 en kom al drie voertuie ongeskonde deur die padverleggings.

 

Verblyf:

 

 

Tuisblad