Dullstroom

Johann en Elsie Kritzinger toere - Dullstroom

28/08/2016

Dullstroom en Dunkeld Country Estate

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand : 282 km

Ons roete gaan vanaf Randburg met die N4 tot by Middelburg. Hier draai ons af op die R555 in die rigting van Stoffberg. 10 kilometer uit die dorp neem ons die grondpad wat ons 15 kilometer verder tot by Selonsrivier neem. In Selonsrivier is eintlik net 'n Algemene Handelaar

Selonsrivier Algemene Pad is nog nie sedert
handelaar Sondvloed geskraap nie

Dan 31 kilometer verder met die grondpad, bereik ons uiteindelik Stoffberg. Dit is 'n klein dorpie, en jy kan maklik deur ry sonder om dit te besef. Die groot Graansilos en die Blinkwater Rollermeule is 'n bewys van die area se ryk boerdery bedrywighede. Die dorpie is aan die bo-lope van die Steelpoort rivier. 'n Takspoor is in 1927 vanaf Middelburg tot hier gebou.

Blinkwater Rollermeule

Dan ry ons verder en draai af van die R33 en bereik Laersdrift.

Hier draai ons af op die grondpad wat ons 18 kilometer verder bring tot by die Tonteldoos pad, en wat uitteindelik ons neem tot in Dullstroom. Langs hierdie redelike slegte grondpad gaan ons uit teen die Korfnek Pas. Die toestand van die pas vergelyk goed met die naambordjie wat die pas aandui. Dit is 'n lekker steil en growwe pas wat lanklaas geskraap is en neem jou tot bo-op die plato. Onder die pas was die temperatuur 20°, terwyl dit geleidelik afkoel tot 11° toe ons bo kom.

Omdat ons eers na 15:00 kan inboek by Dunkeld, soek ons eers 'n eetplek in Dullstroom. Ons eet by die Belgian Waffle House in die hoofstraat. Eers elkeen 'n halwe Highlander Wafel en toe bestel ek 'n "The Turk" en Elsie 'n "Marilyn Monroe". Tog te lekker.

Teen 15:00 boek ons in by Dunkeld, en ons eenheid is 'n dubbel verdieping twee-slaapkamer eenheid no HC4. Hier by 16:30 se kant trek die hele vallei toe onder die ysige koue mis, en steek ons maar die binne kaggel aan.

Korfnek Pas Korfnek Pas Korfnek Pas
 
Wafel Huis Ons eenheid by Dunkeld  
 
Sonskyn dag Die koue trek toe  

Dullstroom

Die dorp lę teen die voet van Die Berg, die hoogste bergspits in die provinsie (2 332 meter), wat deel uitmaak van die Steenkampsberge, en pronk daarnaas ook met die hoogste spoorwegstasie in Suid-Afrika (2 076 meter bo seevlak) in die nabygeleë Nederhorst.

Dullstroom is in 1883 deur 'n groep Nederlandse immigrante onder die leiding van Wolterus Dull aangelę. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is die dorp verwoes, en die meeste setlaars het na Nederland teruggekeer.

Die staatshoof van die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek, president Paul Kruger, het in die 1880's Nederlandse immigrasie bevorder. In 1883 is 'n maatskappy onder die leiding van Wolterus Dull gestig, om nouer bande tussen  die ZAR en Nederland op te bou. Die maatskappy het uiteindelik die plase Groot Suikerboschkop en Elandslaagte gekoop om hier 'n nedersetting te stig.

Die eerste Nederlandse setlaars het tussen 1884 en 1887 in Suid-Afrika aangekom. Wolterus Dull het in 1890 'n besoek by die klein nedersetting afgelę, wat deur die immigrante op die plaas Groot Suikerboschkop opgerig is. Die nedersetting is in 1892 deur Paul Kruger tot 'n dorp verklaar en aanvanklik Dull's-stroom genoem. Die naam, wat afgelei is van Wolterus Dull en die nabygeleë Krokodilrivier, is later vereenvoudig tot Dullstroom. In 1893 het die bevolking op 48 mense te staan gekom, wat oor agt huise, drie stalle, tien beeskrale en hul eie klein handelsmaatskappy en winkel beskik het.

30/08/2017

Een van die besienswaardighede van Dullstroom, is die Birds of Prey sentrum. Dit is gelee net buitekant Dullstroom in die rigting van Belfast. Die vliegvertoning begin 10:30 in die oggend en duur sowat 90 minute. Die aanbieding is baie interessant en die personeel deel hul kennis van die voels met die besoekers op humoristiese wyse.

Peregrin Falcon Gevlekte Oor-Uil Sekretarisvoel

Die volgende besoekpunt is die "Wild About Whiskey - tasting and chocolate pairing". Hier is glo meer as 1,200 Whiskies wat te koop en/of te proe is. Dit wat aan ons voorgesit is, was uit 'n ander wereld. Ons doen 'n Chocolate pairing met Tullibardine en Spice Tree Whiskey. Beidie is sowat R1000.00 per bottel. Eish!!

Honderde bottels Whiskey Proe saam met ons gasvrou Tulibardine en Spice Tree Whiskey

'n Besoek aan Dullstroom moet insluit 'n besoek aan die Wafelhuis en Harry's Pancake restaurant. Hier is ook 'n tak van Milly's waar forel gekoop kan word. Ons koop dan ook 'n boks vol wat ons die aand in die pan braai en geniet. Watter fees.

Bebosde ingang na Dunkeld Die paaie loop oor damwalle Vakansie huisies op die oewer
Ou Transvaal Inn-gebou Nuwe Restaurant 5 Ster perdestalle

 31/08/2017

Die oggend vroeg gaan ons na die Vis teelstasie (hatchery) waar Reenboog Forelle geteel word. Dit is 'n indrukwekkende operasie en moet aan baie streng vereistes voldoen.
Vingerlinge Volwasse vistenk Voertyd

Dan gaan kyk ons na "The Clock Shop". Volgens die eienaar is daar sowat 4,700 horlosies in die winkel. Die geluid van die horlosies wat tik en die ure aandui is iets om te hoor.

The Clock Shop 4700 horlosies 4700 horlosies
 
4700 horlosies Kritzinger Horlosie  

Net agter The Clock Shop is die ou Spoorwegstasie. Volgens die literatuur is dit die hoogste spoorwegstasie bo seevlak in Suid Afrika. Die gebou en terrein is nie meer in gebruik nie, en ons moes oor die mure klouter om die fotos te gaan neem. Alle toegange en ingange is agter slot en grendel.

Dullstroom Spoorweg Stasie Dullstroom Spoorweg Stasie Dullstroom Spoorweg Stasie

Ons laaste besoek was aan die Anvil Ale Brewpub aan die onderend van die hoofstraat. Ons ontmoet vir Christo Holtzhausen, die eienaar, en geniet die bierproe terdee. Ons kry ses glasies bier om te proe. Die versameling sluit in Blond Ale, Pale Ale, Black Anvil, White Anvil, Mjolnir en Bookoo. Vir ons nie-bier drinkers was die bier in die voorgenoemde volgorde die smaaklikste. Saam met ons ete bestel ons toe Pale Ale, en vir braai die aand, n bottel Blond Ale.

Christo Holtzhasen Bier proe sessie Daar het jy dit

Later word dit weer ysig koud en gaan steek ons maar die kaggel vuur aan vir 'n rustige aand met 'n glas Blond Ale

Dullstroom Inn Ned Hervormde Kerk Hoefsmit aan die werk

 

 

Tuisblad             Volgende