Elliot

6 Februarie 2015

Ons interessante besoek aan Bavianskloof kom ongelukkig tot 'n einde.

Die pad uit die kloof is geweldig verspoel as gevolg van 'n wolkbreuk 'n paar dae tevore, en ons vorder maar stadig oor die rotsstortings, klippe en groot rotse wat in die pad le. Die gedeelte in die pas waar die twee-spoor sementblad gegooi is, is sleg gebreek en verspoel. Die pad is nie nou geskik vir gewone sedan motors nie.

Naby Patensie stop ons by die Padlangs stalletjie en geniet iets vir die dors. Dan vort via Patensie, Hankey, verby Port Elizabeth en Blouwaterbaai tot by die afrit na Motherwell om uiteindelik die dagrit af te sluit op 'n sitrus plaas net buitekant Addo.

Ons kuier die naweek by Louis en Freda de Bruin saam met Johann en Engela Knoesen. Sondag was dit bloedig warm en het ons ongelukkig hierdie dag gekies om die heerlikste Beesstert-Potjie te maak.Na 6 ure se sweet naby die vuur en potjie, is ons uiteindelik gereed om die groot pot aan te vat. Daar het nie veel oorgebly nie! Seconds en selfs Thirds was aan die oprde van die dag.

9 Februarie 2015

Vandag se roete neem ons via Addo, Scotia, Grahamstad, Fort Beaufort, Seamore, Queenstown, Dordrecht, Indwe tot by Elliott. ('n Afstand van ongeveer 457 km).

Ons wou by Addo diesel by die Ko-operasie ingooi, maar hulle het geen voorraad nie. Ons draai weg by Addo en ry deur die Addo Nasionale Park tot by die aansluiting van die N10. Die roete deur die Addo Nasionale Park is maar sowat 3,5 km en ons sien darem 'n groterige trop Koedoes naby die pad wei. Dan draai ons suidwaarts tot by die R72 aansluiting. Ons besoek die veelgeroemde Nanaga Plaaswinkel. Dis 'n baie gewilde padstal, en mens sien gou waarom dit so is. Daar is van alles en nog wat en dis baie netjies en funksioneel uitgele. Dan draai ons links weg op die N2 wat ons tot anderkant Grahamstad neem. Hier draai ons weg op die R67 tot by Queenstown. Omdat ons nie in Addo diesel kon kry nie, het ons gehoop daar is 'n vulstasie langs die N2 naby Grahamstad. Maar daar is niks. Jy moet maar stad in ry om brandstof te koop. Beslis 'n tekortkoming in beplanning.

Queenstown is 'n baie bedrywige taxi en voetganger dorp. Oral sit en le en staan mense op straat. Werk hulle nie? Ons soek 'm vulstasie wat darem nie te toegepak is van taxis nie, en word uiteindelik darem redelik vriendelik gehelp by die Engen garage. Ons wou hier in die dorp iets eet, maar ons het nie kans gesien om die voertuig hier onbewaak te laat nie. Die eetplekke het ons ook nie aangestaan nie.

Van Queenstown neem ons toe die R392 wat ons na Elliot via Dordrecht sal neem. Ons ry deur 'n hele aantal passe, oa. die Ecca Pas, die Nico Malan Pas, die Bongolonek Pas, en ander wat as passe geklassifiseer kan word, maar waarvan ons nie die name ken nie. Dis 'n pragtige "scenic route" en ons beveel dit aan vir reisigers wat hierdie deel van die land wil besoek. Die wereld is groen en goeie landbou gebied. Op een plek ry ons deur 'n stat. Daar is slegs 'n klein mielielandjie langs en om die wonings. Slegs vir huishoudelike gebruik. Party landjies lyk maar oeserig. Dordrecht is 'n ou dorp, maar baie netjies en skoon. Ons stop by die Caltex Garage by die ingang van die dorp en eet iets in die Teekamer by die Garage. Dis skoon, die bediening vriendelik en in Afrikaans en ons kry waarde vir ons geld. Regs langs die Garage en Teekamer is ook 'n baie netjiese, en op die oog af nuwe, Luxury B&B. Dit lyk of dit 'n moontlike oornag plek kan wees op 'n volgende toer.

 
Dordrecht - ou gebou in hoofstraat Dordrecht museum Dordrecht kerk  
   
Indwe Indwe    

Dan neem dan ons die R56 roete via Indwe tot by Elliot. Hierdie deel van die Oos-Kaap is besonder mooi en die natuurskoon is uit die boeke! Die wereld is grasgroen en die berge met hul sandsteen formasies is net te mooi. Ons bereik Elliot met 'n baie goeie teerpad vanaf Dordercht. Elliot se strate lyk maar skynbaar nog net so sleg soos 5 jaar tevore toe ons daar oorgebly het. Ons neem dan die R58 in die rigting van Barkly Oos, en slaap oor in die Intaba Lodge aan die voet van die Barklys Pas. Die eienaars is baie vriendelike mense en ons gesels lekker saam met hulle.

Intaba Lodge Elliot Intaba Lodge Elliot Intaba Lodge Elliot Intaba Lodge Elliot
Sandsteen formasie Barkly Pas Sandsteen formasie Barkly Pas

Verblyf:   Intaba Lodge   http://www.intabalodge.co.za/ Tel   045 931 1402

 

Tuisblad        Weskaap toerplan    Volgende