Epupa

 

26/08/2015

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand:   160 kilometers

Ons neem afskeid van ons gashere van die afgelope vier dae, Kapt Pete Morgan en sy vrou Hillary, Albei baie gawe mense.

Naby die Lodge stop ons by die Dorsland Trekkers Monument. Dit is opgerig vir die Afrikaners wat na Angola getrek het, en later weer teruggetrek het. Baie het langs die pad gesterf - sommige baie jonk

Dorsland Trekker Monument Klipstapel Grafte

Vandag ry ons tot die verste punt noord wat ons toer ons sal neem. Dis so 160 kilometer grondpad. Die pad oppervlakte is goed, maar die pad is deurspek van driffies en draaie. Elke driffie moet jy versigtig benader, anders stamp die motor en sleepwa te veel.

Ons bereik uiteindelik Epupa Valle en boek in by die Epupa kampplek wat uitkyk op die Epupa valle. Die "valle" is meer 'n reeks stroomversnellings (rappids), maar maak 'n mooi prentjie.

Hier moet ons nou wag vir Pierre om uit RSA by ons aan te sluit

27/09/2015

Ons besoek 'n OvaHimba "village". saam met een van die gidse van die Lodge. Die gids vra N$100 per persoon, en dan moet jy "groceries" van N$150 saamneem as geskenk aan die tribe. Dan laat hulle jou toe om in die hutte in te gaan en fotos van hulle te neem soos hulle hul alledaagse take verrig. Al die hutte is in 'n sirkel gebou, met die deure wat almal na die bokkraal wys. Hulle het 'n aparte kombuis "hut", met bo-op 'n spens van dieselfde materiaal gebou as die hutte. Ons loer in die spens, en sien dit is vol kos - seker alles geskenke van toeriste. Die staat voorsien glo ook mieliemeel. In die aande slaap die jong kinders in die kombuis, maar die kleintjies in die hut by die ouers Die mans het so 'n uitgekerfde hout "kussing", wat onder hul koppe gesit word. Vroue slaap sonder die "kussing".

Die vroue bad of was nooit. Hulle smeer soggens hulself met 'n mengsel van Oker wat hul fyn maal, en beesmelk wat hul meng met kruie om so 'n papsmeer te maak. Verder kniel / buk hulle oor 'n vuurtjie binne die hut waarop hulle kruie brand om lekker te ruik. Hul gooi 'n kombers oor hulle as hulle hule hele lyf wil skoonmaak.

Himba man en sy vrou Himba hut Kombuis met spens bo-op
Hoender hokke soos hutte gebou Himba vrou maal Okerklip fyn Krale om nek word gesmeer om lekker te ruik
Himba se "hare" word deesdae gekoop Elsie bewonder die Himba hare Jong Himba meisie
Jong Himba meisie Binne die hut Die boksterte voor is bewys dat sy jongmeisie is
Vrou kniel oor vuurtjie om haar te reinig Mans se kopkussing Kinders sit om vuur vir koue

Die Himbas is baie tradiesievas. So word die onderste 4 voorste tande altyd uitgekap en die twee boonste voortande word gefyl om 'n slootjie tussed dit te maak. Die vroue wil net weet hoedat Elsie haar hare so grys kleur kry. Verstaan nie dit is natuurlik nie. Dan wil hul haar klere ruil vir hulle sin. Elsie sien toe nie daarvoor kans nie!

EPUPA VALLE

Na die besoek aan die Himba village, gaan doen ons inkopies by die plaaslike "mall". Prys vir 1 eier is N$4. Ons kry darem plaaslik gebakte broodrolletjies teen N$3 elk. Dit smaak baie lekker. 

Saans slaap 'n mens met die gedreun / gedruis van die waterval in jou ore, want die waterval is nie meer as 100 meter van die kampplek nie. Dit klink kompleet soos die see.

   
Epupa Valle  Epupa Valle   
     
Plaaslike slaghuis  Plaaslike bakkery  Huise en heinings van Makalanie palmblare 

28/09/2015

Pierre en Robbie daag op en ons help om hul kamp op te slaan. twee klein tentjies op 'n grondseil. Die res van die dag gesels ons en braai die aand vleis

Ons gaan vroeg slaap aangesien Van Zylspas more vir ons voorle

 

 

Tuisblad              Botswana toerskedule          Volgende

Verblyf :     Epupa Falls Lodge     Tel:         http://
Wi Fi :       Wi-fi by Epupa Falls lodge teen redelike vinnige spoed . Wel selfoon opvangs
Kaarte :     Aanvaar kredietkaarte by die Lodge.  
Brandstof Prys :  Naaste brandstof Opuwo, 180 kilometer weg, en 3 uur se ry
Wenk:     As jy nie die rivierwater wil drink nie, bring water saam. Oral hier is water ten duurste te koop. Tot N$20 per liter (Bier is N$15) 
Wenk:     Toilet papier word nie voorsien nie - bring eie saam of koop ten duurste by plaaslike "mall"