etosha panne

 

18/09/2015  ETOSHA PANNE

Wikipedia:  The Etosha pan is a large salt pan, forming part of the Kalahari Basin in the north of Namibia. The 120-kilometre-long (75-mile-long) dry lakebed and its surroundings are protected as Etosha National Park, one of Namibia's largest wildlife parks. The pan is mostly dry but after a heavy rain it will acquire a thin layer of water, which is heavily salted by the mineral deposits on the surface of the pan, which most of the year is dry mud coated with salt. Etosha, meaning 'Great White Place' is made of a large mineral pan. The area exhibits a characteristic white and greenish surface, which spreads over 4,800[km2. The pan developed through  activity over about ten million years. Around 16,000 years ago, when ice sheets were melting across the land masses of the Northern Hemisphere, a wet climate phase in southern Africa filled Etosha Lake. Today however the Etosha Pan is mostly dry clay mud split into hexagonal shapes as it dries and cracks, and is seldom seen with even a thin sheet of water covering it. It is assumed that the Cunene River fed the lake at that time, but tectonic plate movements over time caused a change in river direction, resulting in the lake running dry and leaving a salt pan. Now the Ekuma River is the sole source of water for the lake. Typically, little river water or sediment reaches the dry lake because water seeps into the riverbed along its 250-kilometre (160 mi) course, reducing discharge along the way.

Nadat ons kamp geskuif het, en weer kamp opgerig het, vertrek ons so teen 10:00 na Etosha. Die ingang is seker nie meer as 100 meter van die ingang na Onguma nie. One besoek eers Klein Namutonie watergat. Daar het 'n klein olifantjie gister verdrink, en "honderde" aasvoels vier fees op die karkas.

'n Hiena "swem" deur die dam, en beland tussen die aasvoels wat reeds dik ge-eet is en nou water drink.

Ons boek in, betaal ons daggeld van N$130 en gaan kyk na die watergat, kampeerplek, winkeltjie en restaurant. Daar is ook maar min skaduwee in Namutoni se kampeerplek, maar die beste staanplekke, wat koelte betref, is no 4 en no 7. Ons vra of daar plek in Namutoni is vir kamp of in chalet, maar hul sê die eerste staanplek is beskikbaar op 26 September, (eers volgende week).

Ons besoek die Fort, en hier het Elsie as kind oral rondgespeel en oral geklim en geklouter. Vandag lyk dit of dit redelik aandag nodig het. "Myntynens" het agterwee gebly. So ook by die watergat. Daar het 'n groot deel van die hout afskorting platgeval, maar dit lê nou net so.

Namutoni Fort Namutoni Fort Namutoni
Fort Namutoni Fort Namutoni Fort Namutoni
 
Namibia se vlag wapper in die bries Fort Namutoni  

Dan besoek ons twee watergate, en sien baie diere wat kom water suip. Ons besoek die suipings naby Namutoni, en stop by Chudop, Kalkheuwel, Klein en Groot Okevi. By almal is redelik baie wild, maar baie min voels te sien.

Dan ry ons via Fishers Pan (droog) en Twee Palms (albei droog) en sien heelwat voëls Van hulle sal ons moet identifiseer op die rekenaar, want dit is albei IDK's ( I don't knows) 

Etosha, soos ook die hele noordelike deel waar ons nou is, is geweldig droog, en die diere is maar net naby die watergate, drinkplekke. 

Chudop watergat Chudop watergat Chudop watergat
 
Fisher pan Twee Palms suiping  

ETOSHA

'n Klein versameling van die diere wat ons vandag by die watersuipings en panne gesien het.

Almal is dors en soek water:

Gemsbokke Impalas Springbokke
Olifant Zebra Volstruis
Kudu Kameelperd en Kudu Witrug Aasvoels
Hienas Hienas Hienas
By die olifant karkas vier hulle fees    
Olifant karkas (Hy het verdrink) Aasvoels Aasvoels
 
Aasvoels Aasvoels  
 
Dammara Dik-Dik   Elande stoei

20/09/2015

Op ons program vir vandag is 'n besoek aan Halali, die middelste kamp in die wildtuin, sowel as die wateergate in die omgewing.

Skaars was ons op pad, of ons kry ons 3e leeu sommer hier by die pad. Rustig stap sy aan, kruis die pad, en loop verder weg. Die hoofpaaie in die wildtuin , soos die C38 wat deur die wildtuin loop, is pragtig gebou en jy ry maklik teen die vasgestelde spoed van 60kpu. Maar die sekondere of verbindingspaaie is iets yslik - geen of min "myntynens".

Halali se kamp is droog, spierwit en met baie min bome. Ons sou nie hier gekamp het as ons bespreek het nie, en deurgedruk het buitentoe. Dis oop en in die son. Elsie wou 'n klein komkommer in die kamp se winkel koop, maar teen N$29.90 was dit darem net te erg!

Ingang by Halali Halali se spierwit kampplek Droee pan so ver soos die oog kan sien

Op pad terug doen ons eers aan by die Goas watergat. Daar is seker meer as 300 zebras en hordes ander diere daar by die natuurlike watergat saamgedrom. Eenkant lê 7 leeus in die skaduwee van 'n boom, en veroorsaak effe verwarring onder die diere wat van hulle weet. Dit was mooi om so baie diere om een watergat saamgedrom te sien.

Leeu op pad na Halali 7 Leeus by Goas watergat Honderde Zebras by Goad

Die ander suipings was maar teleurstellend. Op pad terug stop ons by die piekniekplek op die oewer van die pan. Die ablusies is in 'n vuil en smerige toestand en kort sommer bietjie baie aandag.

Laat middag doen ons weer aan by die Klein Namutoni watergat. Daar is nog baie hienas om die olifant karkas. Drie van die menere kom met 'n groot geraas en baie vinnig by ons verby en twee van hulle jaag die voorste een binne in die watergat in. Daar is dit 'n hengse geveg - twee teen een. Jy sien net water spat soos hulle baklei. Ons was bang hul kan dalk versuip. Later kry die een dit reg om weg te kom en storm hy uit die water uit. Die ander twee besluit toe om sommer bietjie te swem.

Klomp Hienas by olifanr karkas Wilde jaagtog die water in Groot baklei in middel van dam

21/09/2015

Ons gaan weer vir 'n oggendrit na Etosha, maar vandag was die oes maar aan die skraal kant. Dit was frustrerend as ons stop om voëls af te neem, dan jaag die buitelanders met hul daktente by ons verby dat die stof so staan. En die stof is nie STOF nie, dis so 'n fyn, wit poeier wat sy pad deur enige lugdigte motor vind. Ons weet dit is buitelanders want dit is almal gehuurde voertuie

 

Verblyf:    Verwys na Onguma

 

 

Tuisblad              Botswana toerskedule          Volgende