Franskraal

05 Januarie 2015

Vandag het ons 'n keuse van 5 roetes om vnaf Stellenbosch na Franskraal te ry:

* Via Sir Lowries pass en Grabouw
* Via Rooi-Els en Bettiesbaai
* Via Franschhoekpas en Botrivier
* Via Hugenote Tonnel, Worcester , en Viliersdorp
* of via die ou Du Toitskloof pas en tonnel, Worcester, Villiersdorp en Botrivier

Ons besluit om die ou Du Toitskloof Pas en Tonnel roete te neem. Die afdraai na die ou pas (R101) is verby Paarl en net voor die Hugenote Tolhek. Die pad gaan ondereur die snelweg en kronkel dan berg-op met 'n pragtige uitsig oor die Paarl / Wellington Vallei. Na die eerte draai gaan die pad bo-oor die nuwe tonnel wat deur die berg gebou is. Die nuwe tonnel is ongeveer 3.9 km lank. As jy met die N1 via die Hugenote tonnel ry, mis jy hierdie pragtige uitsigte. Ongelukkig vir ons is die hele Weskaap in digte reenmis geklee, en moes ons maar aan die Paarl kant in digte mis oor die pas ry. Aan die Worcester kant is dit oopgetrek, maar effe bewolk en kon ons darem die uitsig geniet.

Die ou du Toitskloof tonnel is feitlik net nadat jy van Worcester se kant, by die verkeersbeheerpunt, afdraai op die R101. Jy kan maklik net gou om die draai op die R101 ry, deur die ou tonnel ry, omdraaai en dan deur die 3.9km lange Huguenote tonnel ry. Twee vliee met een klap!

Du Toitskloof tonnel (foto geleen) Huguenote tonnel (foto geleen)

By Worcester draai ons af van die N1 om dan verby die Brandvlei-dam na Villiersdorp te ry. Anderkant Villiersdorp ry ons verby die Theewaterkloofdam en Floorshoogte pas tot by Caledon. Ons ry deur die dorp en neem die R302 pad deur die Hemel-en-Aarde vallei tot by Hermanus. Hulle is besig om die laaste gedeelte van die pad te herbou om dit te teer, en daar is tans twee stop/ry veretragings. Dit gaan 'n baie mooi pad wees as die laaste paar kilometer voltooi is. Hierdie roete wat ons gevolg het is 'n ompad van sowat 100 km maar die uitsigte van die passe wat ons gery het is die moeite werd.

Tuisblad        Weskaap toerplan    Volgende