Home:  Toer 6  
 

 Serowi, Mahalapye, Gabarone, Lobatsi

Agtergrond:

Serowe: Op kultuurgebied is dit die belangrikste stad in Botswana. Dit is die geboorteplek van Seretese Khama, en hy is ook hier begrawe, Dit is die tradisionele sentrum van  die Bangwato stam. Die begraafplaas van die Khama familie is op die heuwel oorkant die hof op Thataganyanba Hill 

Mahalapye: Die inwoners is hoofsaaklik Ovahereros.  Hulle het hul hier gevestig in die 1920's. Dit is die hoofkantoor van Botswana se  Spoorwee.

Gabarone: Dit is Botswana se hoofstad en is vernoem na Hoofman Gabarone van die Batlokwa stam. wat sedert 1881 hier woon. Dit is gelee op die oewer van die Tlokweng rivier.  Die dorp begin amptelik in  1964 toe die administratiewe hoofkantoor  van Mafeking hierheen verskuif is.  Dit is tot stad verklaar in 1986. Dit het sowat 150,000 inwoners.

Lobatsi: Die hooggeregshof van Botswana is by die ingang van die dorp. Die eerste inwoners was die Ngwaketze stam wat in die 18e eeu hier gevestig het. Toe Rhodes se spoorlyn die geweste in 1897 bereik, het 'n dorp hier ontstaan.  Daar is 'n Vleisverwerkingfabriek wat in 1954 begin is en wat vandag die grootste in Afrika is

Toer dagboek

27/09/2008

Ons staan teen 05:30 op om reg te maak om te ry sodat ons die hitte kan vermy. Die plan was om so 140 km te ry en dan te oornag langs die Makgadikwadi park by die Xwaragwa kamp. Niemand in Maun weet van die plek nie, en ons ry maar nadat ons brandstof ingegooi het. Toe ons daar aankom waar Garmin die plek aanwys, kry ons net kalaharisand-paadjies. Ons hou toe verby Serowe toe 500km verder.

Ons moes brandstof ingooi, en doen eers by aan Rakobs. Wat 'n plek. As die pad tusenNata en Kasane sleg was, is die "dorp" se strate 10x erger. Ons hou toe verby na Lethlakane. Hier is 'n BP vulstasie, maar hul aanvaar nie kaarte nie - net Rand of Pula. Die pompjoggies is meer ge-interesseerd om 5 Pula te bedel om kos te koop as om ons te bedien.

Op die pad tussen Maun en Seerowe ry ons deur 4 Vee-inspeksie punte en 'n polisie blokkade. By een moes ons weer die volledige dip deurgaan met alle skoene in die kas, en Elsie wat deur die kontrolepunt moet stap en Johann wat kan ry. Die motorwoonwa moes ook deur die dipgat ry. Hoekom al die rituele? Geen mens kan ons vertel hoekom nie. By een punt loer die antie net so by die deur in, en by twee punte waai hul vir ons om somaar deur te ry. Die polisie check net die lisenie-skyfie op die voorruit en Johann se bestuurderslisensie. By een punt moes almal wat noordwaarts ry ook hul paspoorte en reisdokumente aan die kontroleerder toon wat hul een-een deur 'n beesdrukgang laat loop. Hul is klaar in die land, papiere lankal gecheck, waarvoor nou dit weer doen? Die toerbusse staan in toue soos die toeriste deur die manne gecheck word en hul deur die kontrole moet stap.

Dus na al die oponthoude sien ons uit daarna om by die Khama Renoster oord net buite Serowe te ontspan. Toe ons daar kom, is daar net 13 staanplekke en al die Gauties op pad Chobe toe het die plek, sowel as die pieknekplek volgepak. Die skole het die vorige dag gesluit. Party ouens het sommer meer as een staanplek by die piekniekplek volgestaan. Niemand kontroleer wat daar aangaan nie.

Ons kon nie staanplek kry nie en dus maar weer in die pad val Palapye toe om by Simon se oulike en netjiese oord te gaan kamp- so 60 km verder. Uiteindelik kom ons by Palapye aan na 602 km se ry in die hitte. 'n Lekker warm stort en 'n koue bottel Chateau Libertas het ons van ons pyne laat vergeet.

Ons verneem van mede-kampeerders dat die pragtige Nata lodge deur 'n weghol veldbrand afgebrand is. Ons het fotos van die oord op www.kritztoere.co.za/nata.html. Ons aanvanklike plan was om na Nata te ry as die direkte pad tussen Maun en Serowe, wat op kaarte as 'n grondpad aangedui word, nie geteer was nie. Dit was toe geteer en ons ry direk na Palapye. Andersinds sou ons voor 'n afgebrande Nata Lodge beland het, en dan nog so 200 addisionele kilometers moes ry.

28/09/2008

Vroegdag is ons uit Palapye weg met die doel om net anderkant Gabarone in die Mokolodi wildreservaat te oornag. Ons gooi eers brandstof in by Engen in Palapye en hul kom met dieselfde ou storie dat hul kaart masjien nie werk nie. Omdat ek altyd vooraf eers vra, en hul gese het kaarte word aanvaar, se ek dan tap jul maar weer die petrol uit want ek het nie kontant nie. Toe skielik werk die masjien. Ons wonder hoekom hul met die slenter kom. Hoekom wil hul kontant he? Dit is 'n ou trick waarvoor ek net een keer geval het

Tot by Gabarone ry ons met 'n wind van agter en kry die beste brandstofverbruik ooit. Ons ry deur Mahalapye, en gooi brandstof in by die baie netjiese Shell Ultra City. Daar sien ons vir die eerste keer "berge" sedert ons Botswana 'n maand gelede binnegery het. In Gabarone koop ons die Sunday Times om weer 'n slag na 'n maand ye sien wat aangaan. Die koerant is gemerk P13.95, maar die kasiere dring aan dat die prys P17.95 is. Geen argument wen jy met daardie mense nie, en ons betaal maar

Ons bereik die wildtuin en hoor hulle vra P70 per persoon, met geen elektriese krag nie. Toe beweer hul my kaart word "reject" terwyl ek dit minute tevore in Gabarone gebruik het. Elsie se kaart word ook reject. Ons word toegelaat om na die kampplek te gaan en kan die volgende dag betaal. Wat 'n plek. Ons het in ons omswerwinge nog nie so 'n plek gesien nie. Ons draai net daar om en gaan deel hul mee dat ons nie in so 'n plek oorbly nie.

Die moeilikheid was dat ons toe maar moes ry tot by Zeerust. Ons is deur Lobatsi, en vinnig deur die grenspos.

VOLGENDE

 

 

 

 

.