Garies

 

18 Augustus 2013

Met die motor se wiele nog afgeblaas, ry ons na ontbyt terug na die N14, en draai weer Ooswaarts in die rigting van Pofadder. Hier maak ons die brandstof tenk vol, want sowat 250 kilometer se "woestyn" pad deur Boesmanland l vir ons voor. Ons kyk of ons 'n warmwater fles in Pofadder kan kry, maar aangesien dit Sondag is, is daar nerens een te koop nie. Dus maar deurdruk Garies toe. By die winkel vertel hul vir ons die pad is baie sleg, en vra of ons baie padkos saam neem want die pad is baie lank en eensaam.

Ons neem die grondpad om via Namies en die Kuo Duine uiteindelik by Garies uit te kom. Net buite Pofadder is daar 'n dammetjie en suipkrip langs die pad en daar was baie vols te sien. Die grondpad is in 'n uitstekende toestand sonder sinkplate en ons ry baie gemaklik teen so 60 k/h. Net voor die Kuo Duine is daar 'n kortpad se afdraai skerp na links en die pad neem ons oor die hoofpad wat na Aggeneys (regs) gaan. Deur die duine soek ons vir die Rooileweril (Red Lark), maar sien dit nie daar nie. Aangesien ons dit reeds by die "watertrog" naby Pofadder gesien het, is dit nie so 'n probleem nie.

Dan maar voort via Banke, Uitkyk na Gamoep. Ons was onder die indruk dat Gamoep darem 'n nedersetting of iets sou wees, maar dit is toe 'n paar plaashuise by die T-aansluiting met die R355 (Springbok / loeriesfontein pad). Ons draai links op die R355 en so twee kilometer verder weer regs af op die pad na Kamassies en Rooifontein.  Hier stop ons en drink toe maar koeldrank en gegeurde water en eet ons padkos. Die pad neem ons later deur Aardvarkkloof en die gedeelte waar ons langs die Buffelsrivier ry, is pragtig en sien ons die eerste blomme van Namakwaland. Op die hele pad van Pofadder tot by Rooifontein het ons geen voertuie of mense gesien nie. Dus was die meisie in Pofadder reg deur ten se die pad is verlate !

                  Aardvarkkloof                                      Aardvarkkloof

                   Bovlei                                                   Bovlei                                                         Bovlei

By Bovlei, waar die pad van Kammieskroon aansluit by die pad na Leliefontein, is die wereld nog nat van die vorige dae se reen, maar pragtige plate blomme is te sien so ver die oog kan sien. Ons eerste kennismaking op hierdie toer van die wonder van die Namakwalandse blommeprag. Die pad via Leliefontein tot by Garies neem ons oor drie Bergpasse wat werklik deur mooi natuurskoon gaan. Die laaste pas, Studers pas, is van die mooiste passe wat ons al gesien het.

Na 6 uur se ry bereik ons uiteindelik Garies. Ons was nie spyt dat ons wel die Boesmanland pad geneem het nie, want die natuurskoon van die roete was werklik die moeite werd.

Ons het deur die Inligtingskantoor name van gastehuise in Garies gekry. Daar aangekom was ons erg verras om te sien waar ons sou moes bly. Die toestand van die plek is dadelik aan die Toerisme Hoofkantoor gerapporteer met byna onmiddelike reaksie. Knap gedaan. Ons ry toe maar na die Garioes besoekerskantoor en Sonja by die kantoor / winkel maak 'n paar oproep en ons raak sommer net daar geholpe by die Garies Gastehuis. Ons was baie gelukkig met die toestand en diens van die Garies Gastehuis en kan dit aanveveel.

      

19 Augustus 2013

Omdat ons op die weerkaart sien dat dit die week dalk kan reen, ry ons na Kammieskroon om na Skilpad, die veldblom natuurtuin van die Namaqua Nasionale Park te gaan

In Kammieskroon ontmoet ons vir Neil en Janet Ebedes, vriende van Johannesburg, wat saam met ons kom blomme kyk. Ons los hul voertuig by die Kammieskroon Hotel met goedkeuring van die vriendelike Hotelbaas. Daarvandaan ry ons saam in ons voertuig na Skilpad. Ons ry die sirkelroete en stop kort-kort om uit te klim en die blomme af te neem Die plate oranje Namakwalandse Madeliefies (daisies) is 'n belewenis. Ons neem die normale "signature" fotos van die windpomp tussen die blomme en die restaurant.

   

Die blomme van Skilpad

Met die terugry stop ons net buite Skilpad by die Pannekoek Paleis padstal en koop pannekoek en tee. Ons sit onder die gazebo en ontspan met elkeen twee pannekoeke en tee.

                Pannekoek paleis                                 Pannekoek antie

Ons ry terug na Garies en wys vir Neil en Janet waar hul gastehuis is. Hul bly in Sophias, ook 'n baie netjiese en aanbevelenswaardige gastehuis.

20 Augustus 2013

Aangesien die weervoorspelling aantoon dat dit more (Woensdag) sal reen, besluit ons om vandag met Neil se motor na Groenriviersmond te ry. Dis maar ver met die grondpad (75km) en dele maar vrek vervelig. Ons sien egter plek-plek langs die pad baie en ook nuwe volspesies vir ons lys, en pragtige, maar ander tipe blomme as by Skilpad. Net voor die see, is daar 'n opgedamde riviermonding, en daar sien ons baie Flaminke en ander watervols. Langs die see is die blomme reeds verby hul beste, maar nogtans indrukwekkend mooi.

Op die seefront is daar slegs een houthuisie oor. Ons gaan gesels met die inwoners en tref 'n eensame dame aan wat stoksiel alleen daar woon. Daar was eers meer as 80 strandhuisies langs die see, maar omdat dit op staatsgrond gebou was, moes alles afgebreek word. Hierdie een kon deur 'n hofbevel bly staan omdat die inwoners as "plakkers" erken is en daar kon aanbly. Na hul dood moet die huisie dan afgebreek word.

Groenriviersmond se blomme

21 Augustus 2013

Die reenweer wat www.yr.no ons 'n week gelede oor gewaarsku het, het toe vandag uitgesak. Dit was ysig koud en ons was meestal binnenshuis. Teen middagete se kant het ons 'n entjie gaan ry om 'n spesifieke voel te soek, en hom toe ook sowaar gekry - die Swartkop Kanarie (Blackheaded Canary).

Ons gaan eet die aand by Sophias se gastehuis. Ons gasvrou is Sophia Niewoudt en haar dogter. Hulle vergas ons op regte Namakwalandse stories wat seker net Nam,akwalanders dit kan vertel. Ons huil behoorlik soos ons lag vir al hul stories.

More is weer 'n sonskyndag en sal ons vir oulaas gaan blomme soek voor ons Vrydag na Clanwilliam ry.

22 Augustus 2013

'n Pragtige sonskyndag na gister se koue reen-weer. Ons ry so teen 10:00 se kant met die sirkelroete wes van Garies (Sowat 100km roete). Ons ry Noordwaarts op diie N7 tot bo op die berg, en draai links weg op die Hondeklipbaai pad. Sowat 14 km verder op 'n redelike grondpad, is daar 'n afdraai na links en ons volg hierdie pad tot dit aansluit by die pad na Groenriviersmond. Hierdie is 'n "plaaspad" en plek-plek maar nie te goed nie, maar die blomme maak op vir die swakkerige pad. By die aansluiting met die Groenriviersmond pad draai ons weer links op die grondpad wat ons uiteindelik weer terug neem na Garies. Die laaste 15 kilometer is baie mooi met blomme teen die koppies regs van die pad.

Die koue weer van die vorige dag en koue windjie wat bo op die berg waai, het baie van die blomme laat "wegkrruip". Hoe laer ons weer afkom, word dit warmer en later sien ons plate van eers geel, dan oranje, dan pers blomme so ver as die oog kan sien. Ongelukkig is die blomme vandag nie op hul beste nie,

Ons sien baie besonderse voels op die plaaspad roete en was baie gelukkig met die dag se verloop.

Die aand braai ons vir oulaas vleis saam met Neil en Janet. Ons almal vertrek more op ons onderskeie roetes. Ons na Clanwilliam en Neil en Janet terug na Johannesburg. Garies was weereens n blomme belewenis.

  Ons neem afskeid van Neil en Janet

Ons het baie vinnige reaksie per telefoon en e-pos van die Toerisme mense van die Noord-Kaap regering vanoggend gekry oor die "klagte" wat by hul aangemeld is. Erens gaan gatte geskop word !

Verblyf:    

 

Vervolg             Tuisblad