Geluksburg

Johann en Elsie Kritzinger toere - Drakensberg en Oos Kus Toer

27/12/2016

Geluksburg

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand:   341 kilometers

Op die eerste deel van ons toer word ons vergesel deur Neil en Janet Ebedes. Hulle sal saam met ons toer tot by die suide van die Drakensberg by Tiffindell ski-oord, en dan terugkeer huis toe. Ons sal dan verder ry tot ons uiteindelik in Kaapstad sal aankom vir 'n rit op die MSC Sinfonia saam met  1800+ ander voėlkykers.

Omdat ons oor die nuwe-jaar periode die roete wil aanpak, kos dit nogal fyn beplanning en 'n gesukkel om plek te bespreek by die verskillende dorpe, en vir die tye waar ons graag wil oorbly. Uiteindelik pas al die stukkies van die legkaart inmekaar, en kan ons die besprekings finaliseer.

Ons vertrek vroeg die oggend uit Johannesburg. Ons het nuwe twee-rigting radios gekoop, en kan nou, soos ons ry, deurentyd met mekaar kommunikeer. Dit sal veral help as ons langs die pad by interessante plekke verby ry, of voėls sien. 

Ons eerste stop is in Montrose by die Mugg & Bean waar ons ontbyt eet. Hierdie restaurant is baie gewild onder toeriste en die diens is uit die boonste rakke. 'Groot aantal toerbusse stop hier vir ontbyt Die rit van Johannesburg op die N3 tot hier was maar vervelig en sonder enige opwinding. Na ontbyt, vul ons die brandstof tenks en vertrek dan op ons roete oor 'n paar van die land se meer onbekende passe tot waar ons die aand in Geluksburg wil oorbly. Lees hieronder die storie van Geluksburg en die rede waarom ons juis hier aandoen.

By Montrose draai ons af van die N3 op die S800 grondpad. Dit is 'n mooi pad wat deur die lowergroen grasvlaktes loop met die berge links en regs van die pad. Ons ry stadig en sien redelik baie voels. Na sowat 13 kilometer draai ons links af op die pad na Geluksburg.

Hierdie roete neem ons eers oor die Tintwa Pas. Dit is 'n grondpad en nie baie steil nie. Dit kronkel deur die klowe en valleie deur 'n baie skilderagtige omgewing.

By S28° 28' 28.6 E29° 17' 51.0 draai ons af op 'n baie dowwe tweespoor paadjie wat al met die maanhaar loop met die een diep kloof links en 'n ander kloof regs van die paadjie. Op die verste punt van die maanhaar is 'n uitkykpunt waar jy diep af in die "Verlore Vallei " kan afkyk. Dit is hier onder waar die trekkers vir soveel jare in afsondering gewoon het.

Dan gaan ons weer verder in die rigting van Geluksburg. Kort anderkant die afdraaipad na die uitkykplek, bereik ons die Middeldale Pas. Die pad is geteer en daal steil na onder. In die vlaktes ver onderkant die pas kan mens die groen vlaktes van Kwa-Zulu Natal sien. Die Drakensberge is egter toe onder die mis en wolke.

Dan bereik ons die dorpie Geluksburg met sy 68 inwoners. Baie stedelinge het glo die afgelope tyd hier eiendomme gekoop as wegbreekplekkie. Die aand slaap ons by Gina's Selfsorg eenhede. Ons het vir ons twee van die Zulu hutte bespreek vir die twee aande wat ons hier sal oorbly. Dit is heel gerieflik.

Kyk Tintwa Pas Kyk Middledale Pas

Kyk na die storie van Geluksburg op Youtube

 
Geluksburg (Google Earth) Ingang Geluksburg Ons Zulu Hut
     
Tintwa pas Tintwa Pas Pad na Verlore Vallei
 
Verlore Vallei Verlore Vallei Middeldale Pas

Die storie van Geluksburg

It is probably closer to the truth to describe the little town of Geluksburg as tiny. It is indeed nothing larger than a hamlet. The town has roughly fifteen houses, a couple of shops, and a mountain with one tree (or at least from town it appears to have but one). It also has a crossroads and a sign indicating how far it is to Bergville and Ladysmith. And a very interesting history.

Geluksburg lies in the midst of the northern Drakensberg, its position more than making up for its diminutive status. Just inside KwaZulu Natal, the little town is closest to the Free State border, sandwiched between the Oliviershoek and Van Reenen Mountain passes, virtually in the middle of nowhere.

The nearest town is quite far from here and you can understand that once upon a time the valley that is closest to the town of Geluksburg was known as the 'lost valley' for a group of people that lived in complete isolation from the rest of cilvilsation at the turn of the century.

Geluksburg is close to the famous “Lost Valley“ of the Drakensberg which has its own place in the folklore of the Drakensberg, being the site of a

“white tribe" which lived isolated from the rest of civilisation until just after the turn of the century.

The story goes that after Piet Retief passed over the Retief Pass (which is only a few kilometers away from Geluksburg) in 1837, about five of the families that travelled with him were left by the wayside. a Group of Boer Trekkers discovered the Lost Valley and decided to settle there. They remained in the Valley undisturbed for 115 years, through two Boer Wars and two World Wars. Only when the town of Geluksburg was built did they slowly start to emerge.

Nobody knows how this happened, but afraid of being butchered by the British and Zulus, they apparently took refuge under the sandstone rock faces of the Northern Berg. There they stayed, for over 115 years, until they were discovered by a Rand Daily Mail journalist in the 1950s.

They were apparently living in a weird time-warp; in wattle-and-daub hovels that they carved out of the mountain sides, no running water, no candles or any such ‘luxury’ — and of course, no chance of an education.

Strange but true — the last living tribe member only died a couple of years ago.

Today one of the only reminders of this ‘lost’ community is a man-made suspension bridge which, unbelievably, is still in working order. It can be found at the bottom of Retief’s Pass close to the statue of the ‘Kaalvoet Vrou’ (Barefoot Woman)

2011 sensus    
Population group People Percentage
Black African 130 76.02%
White 40 23.39%
Coloured 1 0.58%


28/12/2016

Die dorpie

Gina's Gina's Geluksburg strate
"Mall met Bokkerall" "Mall met Bokkerall" "Mall met Bokkerall"
   
Nog 'n Mall met pompe    

Verblyf :       Gina's Selfcatering Chalets      Tel:  084 583 1596     e-pos: Ginageluk@mweb.co.za     Web: http://www.ginas.co.za/
Wi Fi :          Beskikbaar. Vra by ontvangs
Kaarte :        Slegs kontant of EFT oorplasing
Brandstof  :  Naaste brandstof - Montrose of Bergville
Wenk:         Neem eie badhanddoeke saam
Wenk:         Die verlore vallei kan net besoek word as jy jou eie quad fiets het

 

Tuisblad             Drakensberg ooskus roete          Volgende