Tuisblad:  Toer 8  
 

 Glentana, Heroldsbaai, George,  Groot Brak,

 

GLENTANA

Agtergrond: Die stranddorpie is ongeveer 20 km Wes van George geleŽ

Toer program

Dag 298
22/12/2009

Johann ry weer vooruit met die motorwoonwa om nie die aandag van verkeersmense by moontlike padblokkades onnodig te trek nie. Gelukkig was daar vanoggend langs die pad nie 'n blokkade nie - net 'n hele aantal polisie en verkeersmotors wat die pad patroleer. Hulle steur hul egter nie aan die motorwoonwa nie.  Teen 7:30 was hy in die kamp, en gelukkig het die vorige kampeerders al die vorige dag vertrek, en kon hy solank die kampplek inrig. Ons het 'n groot staanplek, nr 43. Die motorwoonwa staan welliswaar in die son, maar ons het 'n groot koelteboom voor die motorwoonwa om bedags onder te sit, en nog een agter ons waaronder die Fordjie lekker in die koelte kan staan.


    Glentana Kampeerterrein

Elsie ry eers later van Buffelsbaai en gaan doen inkopies by George se groot winkelsentrum.

Johann ry na Grootbrak Rivier om 'n "dowl' stok by 'n hardeware winkel te soek. Hul het een wat presies pas in die paal waaraan die tent se sye hang. Die plan is om stukkies van die dowl af te saag en in die pyp in te druk om sodoende die twee pype wat inmekaar gedruk word, te verleng. As gevolg van die windskade is die afdak se dak nou ten volle uitgetrek en was die pale te kort. Die plan werk, en ons kon die twee sye weer opsit. 

Dag 299
23/12/2009

Die kinders uit Johannesburg kom hier by die kus aan vir Kersfees - per vliegtuig, per motor en per bus. Almal kom by Heroldsbaai bymekaar om te kuier en reelings te finaliseer vir die Kersete

Die aand begin dit reen, maar nie genoeg om die erge droogte in die omgewing te breek nie

Dag 300
24/12/2009

Ons ry oor na Reebok waar van die kinders 'n woonstel gehuur het. Ons Kersaand ete is baie stemmig en gsellig.


    Elsie en haar meisiekinders

Dag 301
25/12/2009

Ons woon die Kersdiens in Heroldbaai by. Die kerksaal is propvol gepak en daar was nie plek vir almal nie. Daarna ry ons na Sedgefield om by Werner en Bea besoek af te le. By die Wildernes is daar 12 hangvlieers in die lug wat 'n pragtige kleurvolle prentjie maak.


     Johann en die Swanepoeltjies

Middagete was by Hannes en Rina se huis. Almal het iets tot die kos bygedra en dit was 'n behoorlike feesmaal.


                                                     Hangvlieers                                                                         Wildernes                                         Brug by Wildernes

Dag 302
26/12/2009

Albert en Susan van Heerden nooi ons om gedurende die oggend by hulle huis in Grootbrak te kom tee drink. Die kinders kuier op die strand by Grootbrak. Die "kort" kuiertjie word sommer gou 'n "lang" gesellige kuier en eet ons sommer die middag by hulle. Hulle het verlede week in hul mooi nuwe huis in 'n sekuriteitskompleks ingtrek. 

Ons bespreek planne om met die Outeniqua Choo Tjoe van George na Mosselbaai en terug te ry.

GROOTBRAK RIVIER

Agtergrond: Die storie begin in 1859 toe Charles Searle die kontrak gekry het om 'n tolhek te bedryf wat ingestel is om die bou van 'n brug oor die Grootbrak rivier te finansier. Mettertyd het hy en sy gesin ook 'n watermeul, 'n wolwassery, 'n skoen en stewelfabriek, 'n leerlouery en 'n houtverwerkings besigheid begin.

Besienswaardighede is die Eiland, en die doopvont in die N G Kerk. Die doopvont is gemaak uit die slagboom van die tolhek. 

Toer program


          Brug na Die Eiland

HEROLDSBAAI

Agtergrond: Die stranddorpie is ongeveer 10 km Wes van George geleŽ

  
   Ernie Els se huis by Heroldsbaai                 Strand by Heroldsbaai

Dag 303
27/12/2009

Al die Greeff kinders en hul mans en klein Elrie kom kuier vir die dag. Dit was aanvanklik bewolk en koel, maar die klein elektroniese weervoorspellings rekenaartjie wat Sanmarie vir Johann vir Kersfees gegee het, voorspel dat die son gaan skyn. Dit werk toe wraggies so, en dit word 'n lekker warm sonskyndag.

Johann braai hoender op die kole terwyl die kinders en Elrie op die strand en in die water kuier.

Dag 304
28/12/2009

Johann gaan saam met Albert van Heerden na George sodat hul aan sy voertuig ligte se bedrading kan werk. Hul bespreek ook kaartjies vir die Outeniqua Choo Tjoe vir Vrydag die 1e Januarie 2010. Kaartjies kos R180 per persoon vir 'n retoerkaartjie. Die trein vertrek vanaf George om 10:00 en keer weer van Mosselbaai terug om teen 16:00 in George aan te kom. Die treintjie vertrek van die Spoorweg Museum en nie van die gewone stasie nie.  Binne die museum is 'n groot aantal ou motors en lokomotiewe. Dis die moeite werd om dit te besoek

 
               1927 Ford Bakkie                                                       Lykswa

Op pad terug besoek Johann en Albert die Wolwedans dam van waar Mosgas en Groot Brak hul water kry. Die dam is baie leeg soos op die foto gesien kan word


               Wolwedans dam                                      Orkes in kamp

Elsie ry na Reebok om al ons wasgoed by Vasti en Kobus se woonstel te gaan was. Die aand besoek 'n kleurling orkes die karavaanpark en speel mooi kersliedere

Dag 305
29/12/2009

Ons ry teen die Outeniqua pas op in die rigting van Oudtshoorn. Dit is 'n mooi pas met 'n hele aantal mooi uitsigplekke. Die groot probleem is dat as jy teen die pas uitry, mag jy nie indraai na die uitsigplekke nie. Wat doen jy? Jy ignoreer of die "no entry" tekens, of maak bietjie hoŽr op waar die pad dubbel is, 'n u-draai. Albei opsies is nie wetsgehoorsaam nie, maar hoe op aarde moet jy dan anders die uitsigplekke bereik?  Die uitsig by die parkeerplekke is uitsonderlik mooi, en op een plek sien jy die 4 passe: Outeniqua Pas (geteer) Montagu Pas (grondpad en Nasionale Monument), Cradock Pas (ou ossewa pas) en die treinspoor Pas.

Bo-op die pas draai ons later ooswaarts weg in die rigting van Uniondale en Joubertina, en bereik later Campher stasie. So entjie verder draai die pad suidwaarts weg op die Montagu pas. Bo-op die pas is die dorpie Herold. Oral is Hops plase. Die inligtingsboekies beweer dit is die enigste plek in die land waar hops gekweek word. Dit word teen sulke hoŽ draad priŽle opgerank. Daar aan die bo-punt van die pas is ook 'n oulke gaste huis en "tea garden" - die Over the Mountain gastehuis.

Ons besoek hierna die Herold Wynkelder. Dit is so 2 km vanaf die pas se pad op 'n slegterige grondpaadjie. Hulle het so 6 hektaar wingerd aangeplant en bottel sowat 14,000 bottels wyn per jaar. Ons proe van hul wyne, en besluit om 'n bottel Red Men te koop. Dis 'n versnit wyn en het vir ons die beste geproe van die wyne wat ons kon proe.

Hierna is ons teen die Montagu Pas af in die rigting van George. Die pad is smal en steil en twee voertuie sukkel plek-plek om bymekaar verby te ry. Op een plek skuur 'n 4x4 by ons verby, en net toe hy mooi langs ons is, slaan Johann met sy plathand op die ou se bakwerk. Hy skrik byna sy melk weg en gooi verwoed ankers. Hy moes maar lag toe hy sien wat gebeur het. Ons ry verby die plek waar die treinspoor en pas mekaar kruis, en ook later verby die ou tolhek. Hier is in die ou dae tolgeld ge-eis om die pad in stand te hou. Daar was sommer baie voertuie op die ou pas, en ons moes kort-kort stop en sukkel om bymekaar verby te ry. Dis egter baie mooi en die moeite werd om die pas aan te pak.

In George besoek ons die "i" waar 'n goed ingeligte dame aan ons verdere pamflette gee om te bestudeer. Voor die gebou staan 'n baie groot ou eikebpoom. Dit is glo rondom 1811 geplant. Die legende is dat dit 'n slawe boom was waaraan slawe geketting is wanneer hulle verkoop word. Die waarheid is egter dat die kettings wat nou in die stam ingegroei het, gebruik is om die aangrensende gras tennisbaan se rollers aan vas te ketting sodat dit nie gesteel kan word nie. Moenie dat die waarheid 'n goeie storie bederf nie!


                                            Hops plante / plantasie                                                            Kerk by Herold                             Wingerd by Herold wynkelder

                                                                                                                     Herold wynkelder

                                                                                                                          Montagu Pas                                                           Pad en treinspoor ontmoet

                                                        Montagu Pas                                                             Ou Tolhuis

GEORGE

Agtergrond: Met die Britse besetting van die Kaap in 1806 was daar 'n behoefte aan 'n administratiewe sentrum om die houtkap aktiwiteite in die omgewing te beheer. Houtkappers, boere, jagters en handelaars het hul spoedig op die nedersetting gevestig. In 1811 is George Town geproklameer, venoem na die destyde Britse Koning.  Die eerste landdros Adrianus van Kerwel het die dorp uitgelÍ en dit moes volgens sy spesifikasies wees, bv die hoofstraat moes 91 meter wyd wees met bome aan weerskante. Die eerste ses erwe is aan houtkappers toegeken in ruil vir hout wat hul gekap het.

Die NG gemeente is in 1812 gestig en die dorp het in 1844 volle munisipale status gekry.

Besienswaardighede: Die George museum, Die spoorweg museum; die ou N G Kerk;  St Peter en St Paul kerk, die oudste Rooms katolieke kerk in SA;  Die Anglikaanse kerk St Mark; Die outeniqua pas; die Montagy pas.  

Toer program


                Ou Eikeboom                          Ketting - was toe nie vir slawe nie

Dag 306
30/12/2009

Dit is 'n besonderse warm dag. Elsie gaan saam met die kinders na Wildernes om die dag sam met hulle op die strand deur te bring. Johann sien nie kans vir die son nie en bly in die kamp agter

Dag 307
31/12/2009

Ons gaan kuier by Johann se broer Andre en sy vrou Marianne in George. Na 'n genoeglike braai en nagereg keer ons in bloedige hitte terug karavaanpark toe.

Laat middag ry ons weer oor na Heroldsbaai om 'n drankie saam met Elschen en haar man Johan, by Johan se ouers te geniet. Almal sien uit na 'n baie voorspoedige 2010

VOORSPOEDIGE NUWE JAAR

Dag 308
01/01/2010

Albert en Susan tel ons by die karavaanpark op. Teen 09:00 was ons kaartjies vir die Outeniqua Choo Tjoe klaar gekoop en wag ons vir die hekke om 09:30 oop te maak. Die trein vertrek om 10:00. Aanvanklik reen dit effe, later word dit net bewolk en nog later skyn die son lekker, maar die vogtigheid is baie hoog. Ons lokomotief is 'n diesel engin, aangesien die stoomengin te veel water verbruik. Die limiet vir water per huishouding is 15 KL per rmaand, en die stoom engin gebruik 20 KL per rit. Die eerste halfuur tot waar ons die see by Glentana kan sien, is maar vervelig en sien ons net blackwattle bome. Ons ry oor 'n hoŽ brug wat volgens die een spoorwegman die hoogste breŽspoor brug in die land is. Die brug is 120 meter hoog en 140 meter lank. Onder in die rivier is kolkgate wat deur die water gespoel is. Daar word op die oomblik aan die brug gewerk. Dit is feitlik net so wyd soos die trein. Dis maar hoog as jy daar af kyk. Voor Glentana ry ons deur 'n tonnel en dit is pikgidswart voor ons weer anderkant uitkom.

Van Glentana is die spoor al langs die see en dit is baie mooi. Ons ry verby Grootbrak, Kleinbrak en stop by Hartenbos. Oral langs die pad staan die mense en waai vir die kinders op die trein. Ons het verneem die trein is vol, maar selfs nadat mense by Hartenbos opgeklim het was daar nog baie plek in die trein oop.

Ons stop net voor 12:00 by Diaz strand en gaan almal deur na die Diaz Museum. Toegang is ingesluit in die treinkaartjie van R180 per persoon. Binne die museum is alles oor Diaz en sy skip 'n Karveel (Caravel). Vir 'n verder R15 kan mens op die karveel opgaan (Pensionarisse R10). Dis baie bedompig en vogtig en Johann wat fotos op en binne die skip gaan neem het, is gou weer daar af. Ons kon die vogtigheid nie lank vat nie en gaan liewers uit buitentoe. Buite is die ou poskantoor boom. Daar is glo ook 'n spesiale posstempel vir briewe wat daar gepos was, maar ons was vroeer in Grahamstad vir suckers gevang, en besluit om hul die keer nie te glo nie.

Ons moes weer teen 14:00 op die trein wees vir die terugrit. Ons eet toe vinnig iets by 'n straatkafeetjie. Ons sit buite waar daar darem 'n koel luggie trek. Die humiditeit was oor die 80% (volgens Sanmarie se metertjie).

Teen 16:00 trek ons weer by die museumstasie in en koop Nandos vir aandete. Albert en Susan kuier tot laat middag by ons voor hulle weer vertrek na Grootbrak.

Die treinrit was die moeite en geld werd. Nou wil ons nog met die Outeniqua Power Van teen die Outeniqua pas uitry. Ons wil dit die week na die 16e Januarie reel as die meeste besoekers reeds weg is.


                                                  Op die Choo Tjoe                                                              Deur die tonnel                                               Op Pad

                                        Die smal treinbrug oor Maalgate rivier                                                   Maalgate

                                            Glentana van spoorlyn                                                  Die Eiland - Groot Brak                                            Klein Brak

          Waai vir die mense                         Santos karavaanpark - sardiens?                                                                Diaz Strand

                                                 Poskantoor Boom                                                        Choo Tjoe by Diaz Strand                                   Diaz Hotel

                                                     Diaz se karveel

Aanvanklik het die Choo Tjoe van George na Knysna geloop, maar na die vloede 'n paar jaar gelede, het die spoorlyn gesak en is dit nooit herstel nie. Die roete is daarna gestaak. Dit is jammer want dit was deur 'n baie mooi deel van die Suid-Kaap. Hieronder is twee fotos van die ou roete en stoomengin (Fotos afkomstig van George Toerisme webblad  - http://www.george.co.za/content/view/42)

Dag 309
02/01/2010

Rustige dag by die kamp. Elsie gaan kuier saam met Elschen.

Dag 310
03/01/2010

Vroegoggend gaan stap ons langs die see. Ons los on Crocs onder die stroel van die lewensredders. As gevolg van die weer is daar nie juis mense op die strand nie. Toe ons na 'n halfuur terugkom was die twee paar skoene weg - soos in gesteel. Erens sit 'n uit-tande man op die bankie, maar hy weet natuurlik van niks. 

Dit is 'n betrokke dag, en ons ry na Victoriabaai om te kyk hoedat dit daar lyk. Dit is 'n pragtige plek, met 'n veilige strand en huise wat byna teenaan die see gebou is. Die karavaanpark is hoog bo die strand op 'n terras gebou, en het heelwat privaat ablusieblokke. Dit is maar 'n klein karavaanpark, en verklaar hoekom ons nie hier plek kon kry nie. Dit is 'n karavaanpark wat die moeite werd sal wees om weer te besoek. Die see is ook baie veilig en word geleidelik dieper. Nie soos Glentana waar daar sterk dwars strome is die see skielik diep word nie.

Van die westelike kant van die baai kan mens Knysna sien. Ons sien ook die treinspoor teen die berg waar dit deur die tonnel op pad na Knysna gaan. Die berg by die spoorlyn het as gevolg van reen weggesak en is nou in onbruik. Dis baie jammer, want dit moes baie mooi gewees het om hierlangs te ry.



                                                                                                                        Victoria Baai

Daarna ry ons deur na Knysna en gaan kyk ons hoe lyk die Sanparke se Eb-n Flow karavaanpark. Hul vra R18-00 per persoon om in te stap, maar ons kon darem met ons Wildkaart gratis instap. Dit is 'n mooi karavaanpark met baie bome en gras staanplekke. Die park is langs die Touw rivier, en ver van die see af.

Dag 311
04/01/2010

Klein Elri kuier vir die dag by Elsie in die karavaanpark. Johann neem die Fordjie vir die herstel van die lugreelaar se kompressor. Die dag draai uit in 'n winderige, koue dag

Namiddag kom Piet, Sune en die twee kinders, Johann en Mickail by ons kuier. Hulle is op pad Stilbaai toe vir die paar dae voor die skole begin

Dag 312
05/01/2010

Ons kuier die middag in Reebok. Kobus en Vasti se vakansie is iets van die verlede en ons braai saam om afskeid te neem voordat hulle more-oggend terugry Johannesburg toe. Die London kinders gaan volgende week weer terug, en Elsie wil so veel tyd moontlik met hulle, en veral klein Elri, spandeer.

Dag 313
06/01/2010

Kobus en Vasti is vroeg vanoggend weg Johannesburg toe. Jacomine trek vandag by ons in. Sy koop 'n klein tentjie in George en plak by ons op ons staanplek. Gelukkig is dit 'n groot staanplek en is daar baie plek.

Ons buurman vertel vir ons dat in die karavaanpark kamp 'n ou wat glo al vir 19 jaar elke jaar op "ons" staanplek staan. Hy is glo baie "die donder in" dat ons vanjaar op "sy" staanplek staan. Kan jy dit glo! Staanplekke word deur die eienaar toegeken en hy moet maar met hulle baklei. Dit het niks met ons uit te waai nie, en skeel ons ook min!

Dag 314
07/01/2010

'n Stil dag in die karavaanpark. Klein Elri kuier die dag by ons en kuier tog te lekker by die motorhome.

Dag 315
08/01/2010
 

'n Stil dag in die karavaanpark

Dag 316
09/01/2010
 

Die hele familie van Elri aan albei Oumas se kant kom by Heroldsbaai by-een vir haar tweede verjaarsdag partytjie. Sy verjaar eers Maandag die 11de, maar die klientjie sal nie die verskil ken nie. Een tannie van die Kaap kan wel Saterdag die partytjie bywoon. Tussen al die koek eet en koeldrank drink, was daar heelwat tyd vir grootmens gesels.



                                                                               Elri se tweede verjaarsdag-partytjie

Dag 317
10/01/2010
 

Ons ry na Mosselbaai om na die karavaanparke tusen Glentana en Mosselbaai te kyk. Ons doen aan by die Punt karavaanaprk, Die bakke (Santos) ATKV Hartenbos en Dibiki. Nadat ons na al vier gekyk het, besluit ons op ATKV aangesien dit by die see is en 'n baie mooi swemstrand het.

Johann bel ou vriende van Caledon, Kobus en Annekie Theunissen, en ons hoor dat hulle juis toe in Hartenbos kamp. Ons kry hul staanplek en pas so 'n kort halfuur kuiertjie in voor ons weer moes verder ry.

Dag 318
11/01/2010
 

Dit is vandag Elri se amptelike tweede verjaarsdag. Ons almal kom by die aarbei plaas bymekaar vir die oggend. Sy speel tog te lekker in die speelparkie.

Ons neem afskeid van Jacomine wat more terug Johannesburg toe vertrek, en gaan besoek daarna Johann se Niggie, Erika Brink, by haar Aloes Gastehuis.(tel 074 154 0054 / 044 874 5206). Later verneem ons dat 'n ander neef, Henri Reeder, ook in George werk, en dat hy ons vir middagete sal ontmoet.

Die kamp loop leeg en ons is nou net drie kampeerders wat in die kamp oorbly. Steeds weier die oordbestuurder dat ons besoekers met hul voertuie tot by ons staanplek kan ry sodat die motors darem in die koelte kan staan. Buite by die besoekers parkering is daar geen skadu nie, en die motors word so warm soos bakoonde.

Dag 319
12/01/2010

Elschen en Elri spandeer die dag by ons in die karavaanpark. Later die middag kom die res van die Kotze familie by ons kuier en eet ons lekker saam.

Dag 320
13/01/2010

Laaste kuiertjies saam met die kinders voor hul terug vlieg London toe. Ons is net drie kampeerders oor in die kamp

Dag 321
14/01/2010

Daar daag weer twee nuwe kampeerders op, sodat ons nou darem vyf is. Hulle staan egter teen erg verlaagde tariewe teenoor wat ons steeds betaal.

Dag 322
15/01/2010

Johann neem die saak van die hoŽr staangelde telefonies op met die eienaars. Ons betaal steeds R290 per dag terwyl kampeerders wat sedert Sondag die 10e inkom, reeds die verlaagde tariewe van R90 betaal. Na 'n lang gesprek en verduideliking stem hulle in om die kampbestuurder te bel om met ons tre kom onderhandel.

Ons ry lughawe toe om Johan, Elschen en Elri af te sien wat op pad is terug na London. Dis maar 'n hartseer afskeid en dit was swaar om hul te sien aanstap vliegtuig toe. Klein Elsri kon nie gou genoeg in die vliegtuig klim nie.

Daarna ry ons deur na George en besoek die Museum, die ou NG Kerk en die St Marks Katedraal. Die katedraal is glo die kleinste in die wereld, alhoewel daar sprake is van een erens in die wereld wat dit dalk net-net wen om die eerste plek vir klein klatedrale.


                        Uitstallings in museum                                     Met so 'n klein rekenaartjie het Johann in sy jonger dae die wedvlugduiwe se tye bereken

                  N G Kerk                              Indrukwekkende stinkhout preekstoel             Kerk van binne                                Ou pastorie (tans B&B)

                                                                      St Marks Cathedral met oorspronklike sleutel steeds in gebruik.

Ons gaan eet die middag by Albert en Susan in die "ouetehuis" waar hulle bly - tog te lekker kos. Sop, hoofmaal en nagereg. 'n Glas wyn is opsioneel. Daarna gaan kyk ons by die George Mall na Invectus, die fliek oor die aanloop tot die wereldbeker van 1995 en pres Nelson Mandela se hand in versoening. 'n Baie aktuele en mooi weergawe van die feite. Baie meer verteerbaar as "Hansie". Na die fliek gaan drink ons 'n skemerkelkie by Albert en Susan se "Seehuis" by Suiderkruis, 'n strandoord naby Grootbrak.

Toe ons weer by Glentana kom, verneem ons by die ander kampeerder wat ook betrokke is by die verhoode tariewe dat die oordbestuurder vir Johann soek. Na 'n formele beswaar word toegegee dat ons te veel betaal en dat ons tarief verlaag sal word na R95-00 vanaf die 10e. Dit is dus 6 dae teen R195, 'n hele R1170. Die bedrag word bevestig en Johann skryf die bedrag op die vel papier wat hy aan dioe oordbestuurder gee met ons bankbesonderhede. Die terugbetaling sal glo Saterdag gedoen word. 'n Lekker storie vir die tydskrif "WEG" of "Caravan and Camping". Nee a magtig, so word mens mos nie verneuk nie! Vir ons word gese dat die "seisoen" eindig wanneer die laaste van die seisoenkampeerders vertrek. Dan geld dit mos vir nuwe aankomelinge ook. En as een van ons bv bly staan tot Maart, bly dit dan hoogseisoen tot Maart hoogseisoen?. Dis mos bog.

Vakansie fotos






VOLGENDE