Golden Gate

16 Maart 2014

Vroeg-oggend pak ons die laaste van ons bagasie vir ons 5 weke lange toer na die Oos-Kaap. Ons het reeds die vorige dag die meeste van ons bagasie gepak, die nuwe National Luna Vries / koelkas gepak en aangeskakel, en was reg vir die trip.

Teen 07:00 kom Neil en Janet Ebedes. wat die eerste week saam met ons by Golden Gate gaan kuier, by ons aan. Ons vertrek, en om die gehate e-Tol booms te vermy, ry ons eers in die rigting van die stad en dan met die N1 op die Bloemfontein pad. Op die manier was daar net een "boom" wat ons nie kon vermei nie.

Ons draai by Vanderbijlpark af van die N1 en ry via Sasolburg, Heilbron, Petrus Steyn, Reitz, Bethlehem na Clarens. Na al die reen is die veld pragtig groen en is ons bly ons het nie met die Ne hoofpad gery nie, maar liewers deur die Vrystaat se platteland.  Ons was net so ongeveer 11:00 in Clarens en besluit om eers te gaan eet voor die vroue die winkeltjies gaan besigtig. Ook maar goed want kort na ons gaan sit en bestel het, daag die naweek besoekers in groot getalle op en vul die restaurant vinnig.

Ons kom later agter dat van die ander gaste wat na ons kom sit het, reeds ge-eet en hul rekenings betaal het, en ons wag nog steeds vir ons kos. Nodeloos om te se dat ons effe ongelukkig was!. Ons kla sommer ernstig en nie lank nie, of die eienaar kom self vra wat fout is. Ons verduidelik wat ons klagte is, en na 'n rukkie sorteer hy die storie uit, aanvaar ons klagte as geregverdig, en skeld ons kwyt van die totale koste van die ete ! Lekker man lekker. Net jammer ons het nie duurder kos bestel nie !!!

Dan stap ons maar saam met die vroue deur al die winkeltjies en teen 13:30 vat ons die pad na Golden Gate sowat 20 km verder. Ons boek in en rig ons "longdawels" in vir die paar dae se kuier. Ons merk dat ons longdawel nie juis enige messegoed en borde ens het nie. Dit was te laat om te gaan aanmeld en ons sal dit maar more gaan doen. Gelukkig is Neil en Janet langsaan en kon ons darem so leen-leen tussen die twee eenhede regkom.

Ons ry na die aasvoelskuiling om te gaan kyk hoe dit lyk. Die skuiling is baie mooi en netjies ingerig, maar daar is geen karkasse nie. Ons sien in die besoekersboek dat die gaste vir die hele vorige week geen aasvoels gesien het nie. As daar nie aas is nie, sal hul nie kom nie.

Ons sien die mooiste sons-ondergang en braai later heerlike tjoppies en sosaties.

17 Maart 2014

Ons gaan doen navraag by die kantoor om te hoor wat die kanse is dat hul 'n karkas by die aasvoelskuiling kan gaan aflaai. Die hoofveldwagter onderneem om nog vandag 'n karkas by 'n boer te gaan oplaai, of andersinds 'n karkas te oes,

Ons ry met die twee sirkelpaaie in die Natuurreservaat, en net toe ons by die skuiling verby ry, sien ons die veldwaters aankom met 'n Rooihartbees karkas. Hul laai dit af by die "restaurant" en alles is nou gereed vir die aasvoels om te kom. Laat die middag gaan ons weer teen die berg op, maar sien weer geen aasvoels nie. Daar daag wel ses jakkalse en twee Withals kraaie op en hulle hou 'n feesmaal.

Die aand neem ons fotos van die sonsondergang wat die kranse by die kamp pragtig verkleur, en toe dit donker was gaan neem ons fotos van die kranse by die Hoel wat met spreiligte verlig word.

Net soos die weervoorspelling voorspel het, val die half millimeter reen die middag, maar klaar gelukkig gou weer op.  

Ons Longdawel Swemgat by kamp Dam Oorhangende rots
   
Sonsondergang Volmaan oor Brandwag Rots    
 
Withals Kraai Jakkals vir fees Rotsformasie  

18 Maart 2014

Die twee vroue is vir die dag na Clarens om daar na al die kunsateljees en winkeltjies te kyk. Johann en Neil besluit om na die aasvoelskuiling te gaan.

Toe ons by die Aasvoelskuiling kom, was die hele karkas weg. Iets moes dit gedurende die nag opgevreet het, of dit weggeleep het. Ons besluit om maar tog daar te bly sit. Na byna 3 ure wat daar niks gebeur het nie, en geen voel te sien was nie, is ons geduld uiteindelik beloon. Daar kom sowaar 'n Baardaasvoel oor gevlieg. Hy maak so 3 draaie oor die bene in die "restaurant" en kies toe weer koers berg se kant toe. Ons was reg vir hom en kon 'n aantal fotos neem terwyl hy oor die skuiling sirkel. Ongelukkig het hy nie kom sit nie.

Ons ry teen die berg uit om te gaan kyk hoe lyk die Berg kamp. Dis 'n steil twee-spoor paadjie wat jou hoog op teen die berg neem. Die uitsig daar van bo af is uitsonderlik mooi. Toe ons na die motor terugstap sien ons die Grondspeg wat redelik mak is en op die grond by van die huise rond beweeg

Baard Aasvoel Grondspeg

Clarens fotos

Verblyf:  Golden Gate Nasionale Park ( Tel 012 428 9111)  www.sanparks.org

Vervolg            Tuisblad