Home:  Toer 1  
 

Phuthaditjhaba, Golden Gate

PHUTHADITJHABA (p358)

Agtergrond: Die dorp was eers bekend as Witsieshoek en was die hoofstad van Basoeto-Quaqua, die kleinste van die onafhanklike gebiede wat onder die Apartheidsdae gevorm is.

Die Qua-qua Nasionale Park beslaan 22,000 ha en sluit in vleie, vlaktes en valleie. Groot hoeveelhede bokke en vols word hier gevind, asook 'n groot verskeidenheid plante en bome.

'n Basoeto kultuurdorpie is in die park gele en beeld die Basoeto kultuurgeskiedenis uit.

Toer dagboek:

22/01/2007: Uit versigtigheid het ons nie tot binne die dorp gery nie. Net buite die dorp is die Qwa-Qwa kampus van die Vrystaat Universiteit. Van die heuwel buite die dorp lyk dit na 'n redelike groot plek.

---------------------------------------------------------------------------------------

GOLDEN GATE (p365)

Agtergrond: Golden Gate is in 1963 aan die voorheuwels van die Maloti berge geproklameer.  Die park is die tuiste van die Baardaasvol (Lammergeier) en oorvloedige ander vols en diere.

Toer dagboek:

23/01/2007: Ons het by die Glen Reenen kampplek van Sanparke ingeboek. Die kampplek het heerlike groen gras en baie digte koeltebome.

Ons het hier 'n paar dae afgepak en lekker gerus. Soos jul op die fotos kan sien, is die omgewing asemrowend mooi. . Hier is baie staproetes om te stap en ons het 'n paar saam aangedurf, onder andere na 'n natuurlike swemgat in die berge. Ons het nie geswem nie, want die bergwater was te koud. Elsie het die meeste van die steil roetes alleen gestap, want Johann se g was uit.

Dit was heerlik stil en rustig in die park, met nie so baie mense nie. Die weer het saamgespeel - dit was heerlik koel, soms bewolk en af en toe 'n bietjie ren.

Na bewering het die rooi laag van die rotswande 200 miljoen jare gelede ontstaan toe die area 'n moeras was. Dit het toe opgedroog, en 190 miljoen jaar gelede het die area in 'n woestyn verander, en dit het die geel sandsteen laag veroorsaak. 160 miljoen jaar gelede was daar toe vulkaniese aktiwiteite en dit het die donker swart/bruin toplaag veroorsaak.

Die grotte en holtes in die sandsteenlaag is veroorsaak deur erosie - wind, water en soutkristalisasie.

Ons was teleurgesteld omdat ons sos min vols hier gesien het

 

Tuisblad       Volgende