Tuisblad:  Toer 8  
 

 Worcester, Goudini SPA, Rawsonville, Du Toitskloof, Wellington, Bainskloof

 

GOUDINI SPA

Dag 429
02/05/2010

Vandag moet ons 70 km ry om by Goudini SPA uit te kom. Ons vertrek an 11:00 en bereik die Spa sonder enige probleme. Garmin laat ons sowat 4 km grondpad ry, maar dit is nou nie meer vir ons nuus nie. Ons kry 'n staanplek waar daar nie DSTV sal wees nie, en nadat ons die staanplekke gaan bekyk het, vra ons om op 49 te staan. Daar is lekker koelte en ons kan ook 'n DSTV sein kry

Laat die middag nadat al die honderde dagbesoekers vertrek het, gaan ons na die warm baddens. Deur die dag was die swembaddens oorbevolk. Die kamp loop ook leeg en ons was so 5 karavaankampeerders wat oorgebly het. Die warm swembaddens is helder skoon in vergelyking met Calitzdorp en Warmwaterberg waar die water bruin en "modderig" van kleur was.


                                                                                                         Goudini SPA se swembaddens

Dag 430
03/05/2010

Die weervoorspelling vir die volgende week is reen en nog reen. Ons besluit dus om maar vandag die kans te vat en die bergpasse pad te ry.

Ons ry eers na Rawsonville, 'n klein dorpie wat nie ver van Goudin SPA is nie. Daar is maar min te sien, en ons gaan verder met die R101 oor die ou Du Toitskloof pas. Die pas is nogal besig met baie motors en groot vragmotors wat die pas ry - seker om die ho tolgeld te vermei. Ons stop bo-op die pas maar dit is baie deinserig en mens kan nie juis fotos neem nie. Die uitsig op 'n mooi dag moet baie mooi wees. Ons ry deur die ou Du Toitskloof tonnel wat maar net 'n honderd meter of wat lank is, in vergelyking met die Huguenote tonnel op die nuwe pad wat sowat 4 km lank is. Die nuwe pad en tonnel sny 'n draai van ongeveer 10 km uit. Die ou pas is egter baie mooi, die pad goed instand gehou en die moeite werd om te ry - en gratis daarby.

WELLINGTON (p30)

Agtergrond: Die area was eers bekend as Limiet vallei, maar het later die naam Cal du Charron (Wamakersvallei) gekry toe die Franse Hugenote hul hier kom vestig het. Toe die dorp in 1840 gestig is, is dit Wellington genoem. Dit is vernmoem na Wellington wat by Waterloo vir Napoleon verslaan het. Die dorp le aan die voet van die Groenberg en op die oewer van die Kromme rivier

Toer dagboek:

Dan gaan ons na Wellington. Dit is 'n baie mooi en netjiese dorp. Ons besoek die N G Kerk aan die bo-einde van Kerkstraat. Die koster ry spesiaal uit die Paarl om vir ons te kom oopsluit sodat ons die pragtige kerk van binne kan sien. Ons was nie bewus daarvan dat sy baba kleindogter in die hospitaal was nie, andersinds sou ons nooit gevra het om die binnekant van die kerk te sien nie.

Na middagete in 'n baie oulike koffie winkel, ry ons oor Bainskloof pas terug na Goudini. Dis 'n mooi en kronkelende pas met 'n voertuig lengte beperking van 9 meter. Ons kon sien hoekom, want twee lorriedrywers van 'n groot Vrystaatse dorp sien kans om met hul perd en twee sleepwaens agteraan gehaak, wat baie langer as 9 meter is, die pas aan te durf. Party draaie kom hul skaars om en moet heeltemal aan die verkeerde kant van die pad draai. Die agterste wiele loop bo-oor die klippe wat as skermmuur gepak is. Op plekke was dit so byna of die agterste sleepwa het die pad gemis en dan die afgrond in getuimel. Op plekke was ons bevrees dat aankomende motors nie verby kon skuur nie, en moes hulle met hulle wiele half bo-oor die klippe ry. Ons kom verby die een en stop die voorste een om sy naam, nommer en telefoon nommer te kry. Johann kry darem die telefoon nommers en registrasie neergeskryf,  maar die drywer steur hom min aan ons, en skuur half bo-oor Johann en byna oor die Fordjie om weer verby te kom.  Sy hele houding was die van "wie de hel is jy". Die res van die pas ry hy wydsbeen oor die middelste wit streep en verhoed ons om weer verby die kom. Johann kry later weer 'n selfoon sein en bel die eienaar om die roekeloosheid en onbeskoftheid van sy drywers te rapporteer. Die man bel darem later terug om te bevestig wat ons ges het, en om verskoning te vra. Die drywers is glo hul lone vir 'n paar dae as straf kwyt.

Op pad terug na die Goudini SPA ry ons deur die Slanghoek vallei. Oral langs die pad is die wingerde aan die verkleur en maak dit 'n pragtige prentjie met die berge in die agtergrond. Ons doen ook aan by die Slanghoek woonwapark. Dit is 'n pragtige plek wat so weerskante van 'n bergstroom uitgel is, maar op die stadium kamp daar niemand nie.


                                                                                                             N G Kerk in Wellington

       Kollekte sakkie aan stok                                     Kerkstraat                                                                     Slanghoek karavaanpark

    Slanghoek karavaanpark                                                                       Bainskloof pas                                                         Wingerde teen die berg

                                                                                                         Wingerde teen die berge

Dag 431
04/05/2010
  

Dit reen die hele dag lank     

WORCESTER (p27)

Agtergrond: Lord Charles Somerset het in 1818 besluit om 'n nuwe hulplanddros in die Breederivier vallei te vestig. Op daardie stdium was die landdros gevestig op Tulbach, maar dit is ge-ag te ver te wees om die groeiende getal boere en inwoners van die Breederiver vallei te bedien. Die eerste erwe van die dorp is in 1820 op die plase Roodedraai en Langerug van die eienaars die du Toit Broers, verkoop. In 1822, na verwoestende reenstorms in die Tulbach vallei, het die landdros, Kapt Charles Trappies aansoek gedoen dat die setel van die landdros van Tulbach verskuif word na Worcester. Die nuwe Drostdy is in 1825 voltooi, en het terselfdertyd as 'n jaglosie vir die Goewerneur diens gedoen.  Die dorp het in 1842 munisipale status gekry. Die eerste kragopwekkers wat aangedryf is deur water wat  met 'n pypleiding uit die Fonteintjiesberge aangevoer is, is in 1916 ge-installeer.
Besienswaardighede: Die Kleinplasie Museum kompleks, Die skole vir gehoor en gesiggestremdes, Die Drostdy, Die N G Kerk op Kerkplein wat in 1832 gebou is, (Die toring is in 1899 deur een van tin vervang, maar kon nie die sterk winde weerstaan nie. Nadat dit twee keer vervang moes word, het die gemeente genoeg hiervan gehad, en in 1927 is die nuwe sierlike toring gebou), die Karoo Botaniese tuin, die Brandvleidam, Die KWV Huis van Brandewyn,

Toer dagboek:

Dag 432
05/05/2010

Dit reen steeds en ons besluit om die dag in Worcester deur te bring. Hoe nader ons aan Worcester kom, hoe helderder skyn die son. Geen teken van reen nie. Ons doen eers aan by die inligtingskantoor waar 'n baie vriendelike, ingeligte en hulpvaardige meisie ons een en ander oor Worcester vertel en dorpskaarte met besienswaardighede vir ons gee. By die "i" het hulle egter geen inligting oor die dorp se geskiedenis as sodanig nie. Sy verwys ons vriendelik na die Kleinplasie museum waar hul vir ons inligting oor die dorp se geskiedenis sal kan gee.

Ons besoek Kleinplasie wat 'n baie indrukwekkende lewende museum is. Daar is 'n hele aantal ou geboue waar hul steeds in buite bakoonde brood bak, 'n smidswinkel waar hul allerlei yster artikels vervaardig, 'n witblits stookketel waar steeds witblits gestook word, 'n seep en kers makery, 'n breipaal waar rieme gebrei word, 'n tabak droeery waar zolle gedraai word om te pruim en te snuif, en 'n werkende waterwiel waar hul steeds die meel maal wat hul gebruik om die brood te bak. Daar is ook 'n "perdekrag" opwekker wat deur twee perde al in die rondte gedraai word. Dit is dan verbind met bande wat ander implimente soos pompe, lusernbalers en koringmeulens in werking stel. Werklik 'n besonderse lewende museum. Nadat ons van die likeurs en witblits geproe het, koop ons 'n bottel vye likeur en 'n stuk boerseep.

Ons vra by Kleinplasie vir inligting oor die dorp se geskiedenis, maar hulle het niks. Hul sal iemand roep om ons na die biblioteek te neem waar hul fotostate uit boeke vir ons sal maak. Ons s vriendelik nee dankie, maar dis nie soos dit gedoen word nie. In die ontvangslokaal is pamflette van vele ander dorpe, reg oor die land, se besienswaardighede, maar niks oor hul eie dorp nie!. Ons het hierdie fenomeen egter in baie ander dorpe aangetref en was nie juis verbaas hieroor nie.

Ons ry met Kerkstraat af om na die sg. "Worcester gewels" van die ou geboue te kyk. Baie geboue het van die unieke gewels wat eie aan die dorp is. Die Kerk op Kerkplein is 'n pragtige gebou. Ons besoek ook die skole vir die dowes en gesiggestremdes

By die KWV Huis van Brandewyn kon ons die uitstalling gedeelte sien, maar die toere en proeery is daagliks teen 10:00 en 14:00, en ons mis dit omdat ons so teen 12:00 daar was. Volgens die inligtingspamfletjie is dit die grootste brandewyn disteleringskelder in die wreld. Binne die kelders is daar glo 120 handgemaakte koperketels.

Op pad terug ry ons weer die reen binne. Dit het by Goudini die hele dag lank gereen, terwyl dit in Worcester 'n pragtige sonskyndag was.


                                           N G Kerk    en      toring                                                                 Kerkstraat

                                                                                  Van Worcester se  pragtige gewel huise

   Kleinplasie: "Mandjieshuis"                                  Stookketel                                                Waterwiel                                      Buite bakoond

         Smidswinkel met blaasbalk                      Die ystersmid                                    Seep en kersmakery                                         Blokke boerseep

Koffiepitte vir brand en maal                      KWV Brandewyn distileerdery             KWV Voorportaal uitstalling                 KWV  Stookketel
 
Dag 433
06/05/2010

Deur die nag reen dit honde en katte en is daar 'n baie sterk wind. Ons is in vir nog 'n paar nat dae. Ons spandeer die grootste deel van die dag in die onderdak swembad en in die motorwoonwa

Dag 434
07/05/2010

Gelukkig wyk die reen, maar dis nog lekker koud. Ons ry na Worcester en gaan kyk na die fliek Jakhalsdans wat by Loxton in die Karoo verfilm is. Nogal 'n mooi fliek alhoewel die storielyn heeltemal voorspelbaar was. Ons het dit nogtans baie geniet.

Die karavaanpark loop vol van naweek besoekers. Die ouens in die tentjies sal sekerlik vannag  koud kry

Dag 435
08/05/2010

Dit is 'n lekker sonskyn dag.

Ons een buurman sukkel met sy DSTV, en Johann gaan help om dit in te stel. Later kry ons 'n bord vol lekker vars gemaakte Samousas as dankie s gebaar. Die kleintjies is baie opgewonde om weer '"303" (Disney kanaal) te kyk en s net aaanmekaar "Thank you, thank you, uncle you're a genius" ! Goeie daad vir die dag gedoen!  

VOLGENDE