Home:  Toer2  
 

Graskop

GRASKOP (291)

Agtergrond:  Die dorp het as 'n mynkamp ontstaan vir die gouddelwers. Die Kowynspas tussen Graskop en Bosbokrand het 'n helling van 1:14 . Op die steilste plekke is dit 1:7. Dit is een van die steilste passe in SA. Ons het besluit om op 'n volgende toer liefs daar af te ry as om daar op te kom.

Mac Mac waterval: Die dubbele waterval van 56 meter is die tweede hoogste in die omgewing. Die waterval was vroeŽr 'n enkel stroom, maar die vroeŽre delwers het  met dinamiet die rotse weggeskiet in hul poging om goud te vind. Dit het die stroom toe in twee verdeel

 

 

Panorama oord

 

Toer dagboek:

07/05/2007: Ons het by Merry Pebbles opgepak en die 28 Km na Graskop aangepak. Langs die pad het ons by die Mac Mac poele en die Mac Mac valle aangedoen. Ons het ingeboek by die Panorama Vakansie-oord. Die oord is op die rand van die ravyn, en vanaf die swembad  het jy die mooiste uitsig oor die kloof en die laeveld doer onder. Ongelukkig het ons van die fotos van die dag "verloor" toe dit afgelaai is, en ons moes maar internetfotos tydelik gebruik

Ons het middag-ete geniet by Harrie's Pannekoekhuis in Graskop. Elsie het 'n vye, en ek 'n kersie met likeur pannekoek gehad. Die aand was ons glad nie honger nie.

By die Panorama oord is die Big Swing waar waaghalsiges oor die kloof kan swaai of gly. Dit is net vir die heldhaftiges. Sodra jy uiteindelik onder is, moet jy met duisende hout trappies opklim na bo. Daar is 'n hotel en restaurant gebou tot op die rand van die ravyn

 Tuisblad      Volgende