Groot Brak

 

08/01/2016

 
Klik op kaart en fotos Totale afstand:   357 kilometers

Vandag se roete neem ons deur die mooiste deel van die Tuinroete. Ons ry oor die Van Stadensrivier, Gamtoos, Stormsrivier en Bloukrans brue. Almal van hierdie konstruksies is asemrowend hoog en span die diep klowe waardeur die riviere vloei.

By Jeffriesnbaai verby ry ons deur 'n "blomme laning" van wilde lelies wat vir kilometers die pad belyn. Dis baie mooi. Daar is ook groot windplase waar dosyne windturbines opgerig is. Kort-kort kry jy nog en nog van die windplase.

Lelies langs die pad Lelies langs die pad Windplaas by Jeffriesbaai

Ons ry deur die Tsitsikama woude met denne bosse weerskante van die pad. Hier het ons al baie lekker gekamp op vorige toere. Ons het selfs al die Treetop glybane aangedurf.

Die pad neem ons verby Plettenberg Baai, maar ongelukkig moet ons deur die dorp Knysna ry. Die hoofstraat is besig, en al die verkeersligte rooi. Dit neem lank om deur die dorp te ry. Anderkant Knysna ry jy oor die pragtige meregebied en dit maak op vir die frustrasie om deur die dorp te moes ry

 
Knysna mere Treinbrug  

Dan volg Sedgefield en die dorpie Wildernes. By Wildernes gaan kuier ons by Andre en Mariaan Swanepoel. Hul huis is bo op die randjie in die Constantia Bewaringsgebied gebou, en die Knysna Loeries is so mak hulle kom sit op die balkonreeling en eet die kos wat vir die voels uitgesit word. Ons kon baie mooi fotos van die Loeries neem.

Wildernes Wildernes Hang Glider
 
Knysna Loerie Knysna Loerie  

By George gaan ons aan by die Mall, en koop die nodigste groentes ens wat ons dalk nie op Stilbaai sal kan kry nie.

Dan verder tot by Groot Brak waar ons aandoen by Albert en Susan van Heerden. Hier ruil ons toer ondervindings uit, want hulle twee het meeste van die plekke waar ons onlangs was, ook besoek.

 
Smal bruggie tussen Groot Brak en Die Eiland  

 

 

Tuisblad              Tankwa Toerskedule       Volgende