Home:  Toer 1  
 

Verkykerskop, Harrismith

VERKYKERSKOP (p354)

Agtergrond: l naby Tafelkop. Die Meulrivier ontspring op die Platorand en vloei wes om suid van Verkykerskop 'n bre vallei te vorm. Die talle moerasse in hierdie gebied is ideaal vir volkykers en die habitat vir 'n groot verskeidenheid watervols

Toer dagboek:

22/01/2007: Die omgewing is baie mooi goen met baie spekvet beeste. Ons het 4 kraanvols en 2 kalkoenibis (Bald Ibis) op die pad gesien. Die pad vanaf Memel is egter baie vrot en party plekke baie steil. Op die steilste gedeeltes het hul die pad geteer anders sou motors nie daar kon uit sonder om al wat 'n klip is los te skop nie.

Die "dorpie" bestaan op die oog af uit 'n polisiestasie, 'n koperasie-depot, 'n winkeltjie, 2 gastehuise en 'n backpackershuis. Vanaf  Verkykerskop tot by Harrismith was die pad gelukkig weer geteer.

 

 ---------------------------------------------------------------------

HARRISMITH (p356)

Agtergrond: Die dorp l aan die voet van die Platberg. Die dorp is uitgel deur Robert Moffat en die eerste erwe is op 16 Mei 1849 verkoop. Die dorp is aanvanklik Vrededorp genoem. As gevolg van 'n tekort aan water is die hele dorp later verskuif na die plaas Gemsbokhoek aan die oewer van die Wilgerivier. Die eienaars van eiendom in die verlate Vrededorp is toe toegelaat om gratis erwe in die nuwe dorp uit te soek.

Besienswaardighede is die Platberg, waar die jaarlikse Berg-marathon reeds van kort na die Anglo-Boere-oorlog gehou word, Die Harrismith Veldblomme tuin en Sterkfonteindam. 'n Ander interessante staaltjie is die Schoeman seuntjie wat in 1879 deur ds A van der Linde gedoop is met die name van die volledige Nederlandse teks van Jesaja 41:14,nl "Moenie bang wees nie, al is jy niks meer as 'n wurm nie, Jacob, al is jy klein Israel. Ek help jou, s die Here jou Verlosser, die Heilige van Israel" ! Dit is die meeste name wat iemand nog ooit hier ontvang het.

 

 

Toer dagboek:

22/01/2007: Dit is 'n ou dorp met baie bre strate. Ons was by die Stadshuis en langs die gebou is 'n 30 meter lange versteende boomstomp wat na bewering 150 miljoen jaar oud is. (sien fotos). Dit is net jammer dat die omgewing bestrooi van papier en gemors was. Daar is ook nie 'n bordjie met inligting oor die boomstomp nie. Die plekke het nog baie te leer oor toerisme.  Die inligtingskantoor kon ook nie veel meer besienswaardighede aanwys nie

 

Tuisblad     Volgende