Home:  Toer 1  
 

Heidelberg, Balfour, Greylingstad

Klik op klein foto om groter foto te sien. Dan "terug" skakel links bo om na webblad terug te keer

 

HEIDELBERG (p300)

Agtergrond: Heidelberg lÍ aan die voet van die Suikerbosrand. Die dorp het in 1862 ontstaan as 'n handelspos van 'n Duitser, H J Eukermann. Die dorp is in 1866 geproklameer en vernoem na Eukermann se tuisdorp in Duitsland. Gedurende die Anglo-Boere oorlog het die dorp gedien as die hoofsetel van die Zuid Afrikaanse republiek. Na die ontdekking van goud aan die Witwatersrand was Heidelberg 'n baie besige sentrum en het op een stadium selfs gespog met 18 Hotelle. Besienswaardighede is die Vervoermuseum, die Suikerbosrand natuurreservaat, die N G Kerkgebou en die Stadsaal wat ontwerp is deur Gerhard Moerdijk.

   

Toer Dagboek:

14/01/2007: Ons droom het waar geword. Ons het presies om 10:00 uit Johannesburg in die pad geval met 'n vol gepakte woonwa.

Die dorp lyk maar soos 'n gewone plattelandse dorp met baie ou geboue en woonhuisies wat uit die vorige eeu dateer. Die middedorp lyk maar vervalle en oud. Die N G Moederkerk, wat van sandsteen gebou is en ingewy is in 1890, is baie indrukwekkend. Dit is steed in gebruik en die kerk het pas uitgekom toe ons daar was.

Die binnekant van die kerk is pragtig met 'n groot pyporrel. Dit is tot 'n Nasionale gedenkwaardigheid verklaar. 'n Ander besienswaardigheid was die vervoer-museum. Ons kon egter nie ingaan nie, aangesien dit Sondae gesluit is. Dit is die bekendste museum van sy soort in die land. Dit is ook 'n ou sandsteen gebou en 'n mooi voorbeeld van die Hollandse Vlaamse Reneissance styl. Dit was eers die ou spoorwegstasie wat in gebruik geneem is in 1895 toe die spoorlyn van Durban na Johannesburg voltooi is. Die uitstalling bevat die volgende: 'n klas 16C stoom lokomotief, die land se grootste fiets versameling en 30 veteraan motors. Ons het die stadsaal besoek wat ontwerp is deur Gerhard Moerdijk, wat ook die Voortrekker Monument ontwerp het. Voor die gebou is die gedenknaald ter ere van die driemanskap wat die Transvaalse Republiek tussen 1880 en 1881 regeer het. Hulle was Paul Kruger, Piet Joubert en M W Pretorius.

Ons het ook by die ou Heidelberg Onderwys College besoek, wat nou 'n Militere Leergimnasium is. Ouma van der Spuy, Elsie se ma, het jare gelede haar onderwys opleiding hier ontvang.

Ons het by die Wimpy in die dorp ge-eet. Die bediening was egter baie swak. Net buite die dorp op die afdraai na Balfour is 'n Motorhawe met 'n Steers wat 'n baie beter roep sou wees.

Ons het die aand uitgekamp by die Fortuna Oord teenaan die Haarhoffdam. Dt is 'n baie pragtige, skoon, boomryke en grasbedekte oord - beslis die moeite werd om weer te besoek.

Ons het die nag lekker geslaap en dit het heerlik gereen. Die mielieboere is baie bly

--------------------------------------------------------------------------

BALFOUR (p301)

Agtergrond: Die dorp is sowat 30km vanaf Heidelberg en is gestig in 1898 deur die Glasgow Sendinggenootskap. Die dorp is uitgelÍ op die plaas Vlakfontein. Die eerste naam was McHattiesburg, vernoem na die eienaar van die plaas. Die dorp is later vernoem na Arthur Balfour, die destydse eerste Minister van Brittanje

Toer Dagboek:

15/01/2007: Dit is maar 'n klein dorpie, maar groter as wat ons verwag het. Dit was baie besig in die "hoofstraat" met baie motors soos op die foto gesien kanword. Dit is maar die boeregemeenskap wat die plekkie aan die gang hou. Die area is bekend vir mielie, vleisbeeste en suiwel boerdery

 

--------------------------------------------------------------------------

GREYLINGSTAD (p301)

Agtergrond: Die dorp is in 1909 gestig en vernoem na P J Greyling, die stiefseun van die Voortrekker leier Piet Retief.

Toer Dagboek:

15/01/2007. Ai wat 'n vervalle ou plekkie. Die ou poskantoor wat in 1925 gebou is, is ontruim en net so gelaat as 'n vervalle "murasie". Sien die twee fotos van die ou en nuwe poskantoor

Oral langs die pad was alle damme , slote en holtes vol water. So ook al die gate in die teerpad.

-------------------------------------------------------------------------------------------------------

PERDEKOP (p301)

Perdekop is geleŽ tussen Greylingstad en Standerton. Dit is regtig 'n "one horse town" Die storie lui dat die boere hul perde na die kop gebring het as daar perdesiekte in die omgewing uitgebreek het. Dit is blykbaar omdat die kop so hoog bo seevlak geleŽ is dat dit vry van perdesiekte was. Die kop is 1800 m bo seevlak. Die dorpie bestaan net uit 'n aantal Indier winkels en 'n hotelletjie

 

Tuisblad    Volgende