Blouwaterbaai

 

2 April 2014

(Dit is 'n groot klomp fotos. Mag dalk stadig laai. Wees asb geduldig)

Vandag ry ons die kronkelende Swartberg-pas van die noorde kant af uit. Die pas is pragtig, en ons stop kort-kort om die uitsig daar van bo af te geniet.

Swartberg Pas Swartberg Pas Swartberg Pas Swartberg Pas
 
Swartberg Pas Afdraai na Hel Lang pad na Hel  

Na 17 kilometers bereik ons die afdraai pad na "Die Hel". Die pad predikant meld dat dit 37 km tot onder in die Hel is, en dat dit 2 ure neem om daar te kom. Die eerste deel van die roete is maar baie klipperig, en ons ry  stadig. Oral is daar plate Proteas wat aan die begin van die blomseisoen is. Die driffies is almal vol water en die stroompies vloei lekker sterk.

 Ons daal al die pad vanaf die afdraaipad by 1366 meter bo seevlak en bereik uiteindelik die bo-punt van die Elandspas op 1050 meter bo seevlak Hiervandaan daal die pad tot onder in Die Hel. Oor die volgende 6 kilometer daal ons sowat 500 meter om uiteindelik die :vloer" van die kloof. Die pas is steil en vol haarnaalde. Verbykom kans is min, en jy moet maar vooruit kyk of daar voertuie aankom, en vroegtydig op draaie ens stilhou sodat die twee voertuie mekaar kan kruis. Teen pas af skyn die son darem vir 'n rukkie, maar toe ons onder kom, begin dit weer saggies ree. Die maksimum temperatuur vir die dag was sowat 8C.

Oor die volgende sowat 7 kilometer ry ons  met die smal paadjie totdat ons Tant Sannie se winkel bereik. Hier meld ons aan en kry die sleutels van ons oornag huisies. Ek en Elsie slaap in Pietjie en Martha Swanepoel se hartbeeshuisie, en Johann, Engela en Erika in Oupa Piet se huis. Oupa Piet se huis het darem sonkrag ligte, maar ons huisie het net kerse en lanterns. Die aand braai ons in ons binnebraai en gaan kruip vroeg in die vere onder baie lekker dons duvets.

Haarnaald Draaie Die Hel (uit Ooste) Die Hel (uit Ooste) Wekom
Eerste huisie in Hel Ouma Sannie Ouma Sannie Martinette Joubert
Swanepoel huis Swanepoel huis Swanepoel huis Swanepoel huis
Swanepoel huis Swanepoel huis Swanepoel huis Swanepoel huis
Piet Mostert se huis Piet Mostert se huis Piet Mostert se huis Piet Mostert se huis
 
Hel 1 WP Die kloof Swanepoel huis  

3 April 2014

Die weervoorspelling het aangedui dat dit darem vandag effe warmer sou wees (17), maar dit reen steeds saggies. Ons ry al in die kloof op en bereik later die Gamka Rivier. Jare gelede het ek met die Voortrekkers van Caledon hier langs die rivier op lowergroen grasperke gekamp. Nou is dit baie bebos en riete en bosse het die plek oorgeneem.

Ons bereik die hek by die privaat eiendom van die nuwe eienaars van Boplaas. Ons het toestemming van Andre en Lida Louw gehad om te kon inkom, en met die slot se kode wat hul vir ons gegee het, kon ons die hek oopmaak en tot by hul mooi huis aan die bo-ent van die kloof ry. Hulle ontvang ons baie vriendelik, en terwyl dit sterk reen, geniet ons almal 'n koppie warm tee. Ons kry toestemming om oor Kleinberg te ry tot in die "Bo-Hel". Die reenweer klaar net so skielik op, en ons kon in mooi sonskynweer oor die baie steil en nou Kleinberg pas ry. Daar vind ons die onderkant van die "Leer". In die ou dae was dit een van die twee maniere om in en uit "Die Hel" te kom. Die Leer is 'n baie steil voetpaadjie wat byna loodreg opwaarts gaan om 900 meter hor op bo-op die berg uit te kom. Proviant is met donkiewaens tot bo by die leer gebring en dan op donkies re ruens daar met die leer af gedra. Dit moes 'n groot poging gewees het om produkte uit, en proviant ens daar van bo af, in die Hel in te bring  Ons klim so 'n entjie teen die Leer op om die helling ens te beleef

Ons meet dat dit ongeveer 20 kilometer van onderkant die Leer tot onderkant die Elandspas is.

Meester se huis Lenie Marais se huis Huisie in Hel Huisie in Hel
Huisie in Hel Gerestoureerde Kliphuisie Brug oor Gamka Rivier Op pad Hel toe
Bo-op Kleinberg Pas Die rivier aan voet van Die Leer Begin punt van Die Leer Teen die Leer
Teen die Leer Leer se kronkel paadjie Onderkant van Die Leer Ons groep by die Leer
Nuwe huis agter Kleinberg Nuwe huis agter Kleinberg Hel gesien vanaf Kleinberg in Weste Hel gesien van Elandsberg in Ooste
Andre en Lida Louw Andre en Lida se mooi huis Andre en Lida se gastehuis Heide
Proteas Proteas Proteas Proteas

4 April 2014

Dis weer 'n baie mooi sonskyndag, en ons pak op om weer die bergpas aan te durf. Die uitry ten die pas op is stadig, maar ons bereik sonder probleme die bo-punt van die pas. Gelukkig was daar nie voertuie van voor af nie. Toe ons bo kom, begin die dagbesoekers (seker meestal van die KKNK besoekers) ons van voor af te kruis. Gelukkig was ons vroeg genoeg om uit die Hel te wees toe hulle opdaag.

Van die bo-punt van die Elands pas daal ons eers sowat 400 meter voordat ons oor die volgende 30 kilometer sowat 700 meter klim tot by die afdraai vanaf die Swartberg pas. Daarna klim ons 'n verdere 200 meter voordat ons die top van die Swartberg-pas bereik. Daarna is dit afdraende tot in Oudtshoorn

.

Reliefkaart vanaf die Leer tot bo-op Swartberg Pas

Verblyf:  

Tuisblad        Hel 1975         Volgende